Huisgenoot

INGEWANDSV­ET

- verhoog deur insulienwe­erstandigh­eid en chroniese inflammasi­e te bevorder,” sê Nerina.

Dit is die d vet in die buikholte wat belangrike organe omring, verduideli­k die Kaapse dieetkundi­ge Aimee Robson.

WAT DIT DOEN

Gesonde Gesond vlakke van ingewandsv­et help beskerm die organe org en speel ’n belangrike rol om die endokriene endokri stelsel in ’n puik toestand te hou. “Dié stelsel is ’n versamelin­g kliere wat hormone vervaardig vervaard om onder meer metabolism­e, slaap en gemoedstem­ming gemoed te reguleer,” sê Harold Jansen, ’ n persoonlik­e pers afrigter en gimeienaar van Somerset-Wes. Somers

“In oormaatoo is ingewandsv­et skadelik, want die bloedvloei bloedvlo daarvandaa­n dreineer tot in die lewer,” verduideli­k verduid Nerina Wilkinson, ’ n dokter van Kaapstad. Kaapsta “Dit pomp immuunstel­selchemika­lieë uit wat sitokiene genoem word. Dié chemiese stowwe kan die risiko vir kardiovask­ulêre siektes

WAT VEROORSAAK DIT?

Ingewandsv­et vorm gewoonlik weens ’n gebrek aan oefening, ’ n swak dieet en oormatige drankgebru­ik. “Dit kan ook met hoë kortisolvl­akke verbind word, wat dikwels deur stres veroorsaak word,” sê Nerina.

RAAK DAARVAN ONTSLAE

Ingewandsv­et kan nie chirurgies verwyder word nie; dit moet met dieet en oefening verminder word. “Iemand met ’n hoë vlak van ingewandsv­et moet ’n gesonde dieet en oefenprogr­am volg om die risiko vir chroniese siektes soos hartsiekte­s en tipe 2-diabetes te verminder,” sê Aimee.

Die verminderi­ng van stres kan ook die verspreidi­ng van dié vet verbeter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa