Huisgenoot

VET OM DIE BORSTE

- moe e mp ste rste e ar ou

“Borsvet is onderhuids­e vet, die soort vet wat reg onder die vel sit,” verduideli­k Nerina.

“Onderhuids­e vet is gesonder as metabolies aktiewe ingewandsv­et wat diep in die maag sit en inflammasi­e en die risiko vir siektes bevorder.”

WAT VEROORSAAK DIT?

Dit word hoofsaakli­k deur jou genetiese samestelli­ng veroorsaak. Omdat ’n vrou se borste meestal uit vetweefsel bestaan, is dit vanselfspr­ekend dat ’n vrou met ’ n groter borsmaat meer vet in haar borste sal hê as iemand met ’n kleiner maat.

Buise en lobbetjies, die ander soorte weefsel wat in borste voorkom, is klieragtig en is vir borsvoedin­g nodig.

“Die verhouding van vet teenoor buis- en lobbetjiew­eefsel in jou borste is geneties,” sê Nerina. “Jy kan nie sê wat die verhouding is sonder ’ n mammogram of ander beelding nie.”

RAAK DAARVAN ONTSLAE

As jy oorgewig is, kan die aanpassing van jou dieet jou gewig in jou borsarea help verloor.

Net soos ander vet in die liggaam swel weefsel in die borste wanneer jy gewig aansit en krimp wanneer jy gewig verloor. In uiterste gevalle kies party vroue om hul borste chirurgies te laat verklein, maar dit is ’n duur prosedure. Mediese fondse betaal gewoonlik net ’n gedeelte as daar medies bewys kan word dat die grootte van jou borste ’ n chroniese uitwerking op jou algemene gesondheid het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa