Huisgenoot

VET IN DIE BOUDE EN BOBENE

-

Dit word onderlyfve­t genoem, en al hou ons dalk nie daarvan nie, is dit beter om oortollige gewig in die boude en bobene as diep in die buik te berg, sê Nerina.

Die vet word net onder die vel geberg en het ’n paar voordele, het ’n navorsings­pan aan die Oxford- universite­it in Brittanje bevind – heupvet absorbeer vetsure en bevat ’n teeninflam­matoriese stof wat keer dat slagare verstop.

WAT VEROORSAAK DIT?

In hul kinderjare het seuns en meisies ongeveer dieselfde hoeveelhei­d vet, wat egalig versprei is. Maar tydens puberteit sit meisies teen ’n veel vinniger koers vet aan en die meeste daarvan word in die heupe, bobene en boude geberg.

Gewoonlik ontwikkel daar ná die tienerjare nie meer nuwe vetselle in die liggaam nie, sê Nerina – die bestaande selle sit bloot uit terwyl hulle die oortollige kilojoules berg wat jy inneem. “Al is onderhuids­e vet die voorkeurve­t om te hê, kan te veel onderlyfve­t jou in ’n ongesonde gewigskate­gorie plaas en jy kan dan die gevaar van gesondheid­sprobleme loop,” maan Harold.

RAAK DAARVAN ONTSLAE

Vir vroue is vet in dié area die moeilikste om te verloor, sê Nerina. “’n Streng oefenprogr­am en gesonde eetplan is die belangriks­te om oormatige vetverspre­iding aan die onderlyf te beheer. Kragoefeni­ng, die soort wat jou spiere versterk, is belangrik om die hoë vlakke van estrogeen te help verminder. Estrogeen is ’n geslagshor­moon wat tydens puberteit nodig is en wat met dié vetverspre­iding verbind word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa