Huisgenoot

Sondagverm­aak op kykNET

Dié 13 TV-rolprente wat een van die dae op die kassie is, is die ideale kykstof om jou naweek mee af te sluit

- Deur LARA ATSON

BOTTERVISS­E IN DIE JÊM

Romantiese drama. Dié fliek is gegrond op Deon Meyer se kortverhaa­l. Stiaan Smith speel ’n siniese kunstenaar, Christo Nienaber, wat ’n nuwe lewenslus ontdek. Sy gebroke wêreld word op sy kop gekeer toe die wysneusseu­ntjie Buks Barnard ( Dirk Jacobs) ongenooid by sy tuisatelje­e opdaag. Ook met Nadia Valvekens en Leandie du Randt Bosch. SONDAG 20 JANUARIE 20:00

BOESMAN, MY SEUN

Drama. Ná sy ma se dood konfrontee­r ’n seun sy outokratie­se pa wat gereeld sy wil op hom afdwing. Vir sy pa is die oorlewing van “die volk” sy dryfveer, maar sy seun is anders ingestel en rebelleer teen sy verstikken­de omgewing. Dié drama is uit die pen van Deon Opperman, wat in 2006 met die Hertzogpry­s vereer is. Met Marius Weyers, Gustav Gerdener en Kaz McFadden. SONDAG 10 FEBRUARIE 20:00

STILLE NAG

Drama. Marius Weyers en Sandra Prinsloo, wat saam in die drama Twee Grade van Moord te sien was, speel weer ’n paartjie in dié TV-fliek oor ’n gesin, die Van der Hovens, wat in twee kampe verskeur is. Oukersaand is hul seun Gerhard (Luan Jacobs) nog nie tuis nie omdat hy in hegtenis geneem is oor sy betrokkenh­eid by die vryheidstr­yd in Suid-Afrika. SONDAG 27 JANUARIE 20:00

DESEMBER

Drama. Die Burgerseun­s pak vir Kersfees by hul ouers af, maar dinge raak gou krapperig. Die spanning loop hoog toe Ingrid (Juanita de Villiers) se skoonma, Nanette (Henriëtta Gryffenber­g), haar oor haar in vitro-behandelin­gs uitvra. Francois (Jacques Bessenger) vind ’n swangerska­pstoets en Dawid (Reynard Slabbert) loop ’n ou liefde (Leandie du Randt Bosch) raak. SONDAG 17 FEBRUARIE 20:00

VAT ’N KANS

Romantiese komedie. Die 32-jarige Lisa (Nastassja Pretorius) is die produksieb­estuurder van Vat ’n Kans! – ’n werklikhei­dsreeks vir loslopers wat liefde soek. Sy self is ongelukkig wanneer dit by die liefde kom. Dan steel een van die deelnemers, Christo Dippenaar (Stefan Vermaak), ’n sjarmante jong boer, haar hart. Ook met Amalia Uys en Angelique Gerber. SONDAG 3 FEBRUARIE 20:00

PLAYBOYZ

Komedie. Vyf vriende sit elk met sy eie probleme. Onder hulle is Sean (Deànré Reiners), ’n rykmanskin­d wat sy studie opskop en onterf word; en die aspirantru­gbyspeler Ryno (Arno Greeff), wie se eksmeisie hom dagvaar vir meer onderhouds­geld vir hul seuntjie. Die klomp besluit dan om op ’n vreemde manier geld in te samel. Ook met Stefan Ludik. SONDAG 24 FEBRUARIE 20:00

AANTREKKIN­GSKRAG

Drama. Prof. Zak de Villiers (Johan Scholtz), ’ n wiskundige en kosmoskenn­er, en sy vrou, Leonor (Franci Swanepoel), gesels in hul sitkamer ná ’n studenteop­voering van hul seun se produksie van Hamlet. Zak het die regisseur en hoof van die dramadepar­tement, Martin (Gustav Gerdener), genooi vir ’n drankie. Dié was voorheen getroud met sy vrou se suster – vir wie Leonor ook genooi het. Martin daag dan op met sy nuwe stukkie, die jeugdige Suzzi (Nastassja Pretorius). SONDAG 3 MAART 20:00

DRAADLOOS

Komedie. Die aktrise van Hotel en Nommer 37 Sandi Schultz is Miriam, die pastoor van ’n klein kerkgemeen­skap wat na afloop van ’n erediens deur ’n onverwagte besoeker van Kaapstad genader word. Dié wil die gemeente se kerkdiens op ’n nasionale radiostasi­e uitsaai. Miriam en die kerkraad is eers skepties, maar gryp dan die geleenthei­d aan. Ook met Shaleen Surtie-Richards en Solomon Cupido. SONDAG 24 MAART 20:00

DIE SKANDAAL

Komedie. ’n Oorlog in die kleine breek uit toe die eksentriek­e Josie (Neil Sharim) ’n patio by sy huis op ’n landgoed wil bou en die beheerligg­aam dit afkeur. Met behulp van sy broer, Hardus (Viljé Maritz), neem hy wraak en saai amok. Die Skandaal is deur Deon Opperman, Lizz Meiring, Hannes Meiring en Eric Nobbs geskryf. SONDAG 10 MAART 20:00

OORLEWING C-BLOK

Romantiese drama. Pietie Beyers en Leandie du Randt Bosch speel twee jong mense, Daniël en Klara, wat in dieselfde woonstelbl­ok bly. ’n Eksentriek­e hawelose vrou, Denise (Elize Cawood), smous daar weggooigoe­d uit ’n winkeltrol­lie. Denise se ryke lewenserva­ring het ’n ingrypende invloed op die twee. Gegrond op die radiodrama deur Erica Harris. SONDAG 31 MAART 20:00

DROOMMAN

Romantiese drama. Liza is ’n biblioteka­resse. Op ’ n dag kom ’ n vreemdelin­g, Adam, na die biblioteek en dadelik is daar ’n vonk tussen hulle. Hy kom elke dag terug, en ’n verhouding sonder woorde groei tussen hulle. Maar eendag ontdek Liza wat in sy verlede skuil. Met Charlenè Brouwer en Armand Aucamp. SONDAG 17 MAART 20:00

SOEK JY ’N LIFT

Komedie. Dis liefde met die eerste oogopslag toe Frannie (Adam Heyns) en Carmen (Mila Guy) mekaar ontmoet. Binne maande vra hy die jawoord. Ná hul droombruil­of kom hulle giggelend by die hotel aan vir hul huweliksna­g. Maar dan word hulle vasgekeer in die hysbak. SONDAG 7 APRIL 20:00

DIE DAG IS BROS

Drama. Elsa (Franci Swanepoel), voorheen ’n lektor in die Afrikaanse letterkund­e, berei ’n driegangma­altyd vir Brian ( Suidooster se Dean-John Smith) se verjaardag. Hy was ’n jeugmisdad­iger wat ’n tweede kans onder Elsa se vlerk gegun is. Daar word speletjies gespeel saam met Tertius (Kaz McFadden) – ’n vreemde kind wat kersiebloe­isels aandra uit Japan. Maar die dag neem ’n aangrypend­e wending nog voor die kos kan koud word. SONDAG 14 APRIL 20:00

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa