Huisgenoot

/ TV-FLIEKS 24 JAN – 30 JAN

-

SABC3 I, DANIEL BLAKE

Drama. ’ n Timmerman wat ’ n hartaanval gehad het, moet op welsyn leef omdat hy nie kan werk nie. Die Britse owerheid wil nie sy voordele uitbetaal nie en sê hy moet terugkeer werk toe. Terwyl hy beplan om te appelleer, smee hy ’n band met ’n enkelma. Met Dave Johns en Hayley Squires. VRYDAG 25 JANUARIE 22:30 2016. 100 MIN. 16

E.TV TOMORROWLA­ND

Wetenskaps­fiksie. ’n Geniale man wat ontnugter is met die lewe en ’ n begaafde, optimistie­se tiener gaan op ’n lewensgeva­arlike sending om die geheime oop te vlek van To mor rowland, ’ n enigmaties­e plek wat êrens in die tydruimte versteek is. Wat hulle daar moet doen, verander die wêreld én hulle vir ewig. Met George Clooney en Britt Robertson. SATERDAG 26 JANUARIE 19:30 & SONDAG

27 JANUARIE 14:35 2015. 130 MIN. O

E.TV SPECTRE

Aksie. ’n Kriptiese boodskap lok James Bond na Mexikostad, waar sy paaie kruis met die pragtige weduwee van ’n misdadiger. Nadat hy ’n geheime vergaderin­g geïnfiltre­er het, ontdek 007 ’ n or ganisasie genaamd Spectre. Met Daniel Craig. SONDAG 27 JANUARIE 20:00 & 01:55 & MAANDAG

28 JANUARIE 23:00 2015. 148 MIN. O13G

KYKNET WONDERLUS

Drama. ’n Troue ontspoor toe ou liefdes en nuwe kennisse die bruidspaar se lewe betree. Die volgende oggend moet hulle die raaisel van die vorige aand oplos. Die bruidegom moet die liefde van sy lewe agternasit en die bruid moet haar van haar verlede bevry. Met Edwin van der Walt en Mila Guy. SATERDAG 26 JANUARIE 20:00 2017. 120 MIN. 16ST

M-NET RED SPARROW

Spioenasie­riller. ’n Prima ballerina word ’n Russiese spioen toe ’ n besering haar loopbaan kortknip. Sy wend haar tot ’n geheime diens wat jong mense oplei om hul liggaam as wapen te gebruik en word ná die sadistiese opleiding die gevaarliks­te Sparrow. Maar dan ontmoet sy ’n Amerikaans­e spioen wat haar oortuig hy is al mens wat sy kan vertrou. Met Jennifer Lawrence en Joel Edgerton. SATERDAG 26 JANUARIE 22:00 2018. 140 MIN. 18SNTG

M-NET SOLO: A STAR WARS STORY

Aksie. Han Solo word uit die weermag geskop weens ongehoorsa­amheid. Danksy sy sjarme en durf maak hy naam in die onderwêrel­d. Dit lei hom na Chewbacca, Lando en Dryden Vos. Met Alden Ehrenreich, Woody Harrelson en Emilia Clarke. SONDAG 27 JANUARIE 20:05 2018. 135 MIN. O13G

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa