Huisgenoot

Daniah de Villiers

Haar rol in die fliek Miaand theWhiteLi­on hetdié jongaktris­e sesterdie hoogte inlaat skiet

- Deur ABBY-GENE BISSOLATI

Gesoute aktrise

Die 15-jarige boorling van Jeffreysba­ai is g’n groentjie in die vermaakbed­ryf nie.

Daniah, wat deesdae in Johannesbu­rg woon, was die afgelope twee jaar te sien in flieks soos Nul Is Nie Niks Nie, Vaselinetj­ie en Meerkat Maantuig.

Sy het ook die hoofrol in die fliek Mia and the White Wh Lion vertolk. Daarby het sy ’n rol gehad geh in die Amerikaans­e fliek Dating Game Gam Killer, wat hier in die WesKaap geskiet geski is. In dié fliek het sy teenoor die plaaslike plaas aktrises Tanya van Graan en Kim Engelbrech­t gespeel. “Ek het my eie trailer gehad en dit was vir my ’n ander soort ervaring – een op ’n groter g skaal. Ek het dit baie geniet,” nie vertel sy. Deesdae is Daniah ook op die kassie ka te sien as Trudie in die sterbelaai­de s sepie Binnelande­rs. d “Trudie bly by haar oupa Okkie Ferreira en stel belang in alles wat in die hospitaal geb beur,” vertel sy. “Sy wil graag ’n fo forensiese pataloog word.” Daniah is dol oor haar karakter ter. “Dis ’n lekker karakter om te spe speel. Sy is ’n baie slim, sterk en onafh onafhankli­ke mens.”

Die toneelgogg­a byt

Daniah tree al van kleins af in toneelstuk­ke op. Haar eerste groot deurbraak was in 2001 toe sy op die Wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms vir die Uitvoerend­e Kunste in Los Angeles aangewys is as die junior dramakampi­oen.

Sy en haar suster, Jedijah (17), het boonop op dieselfde byeenkoms die prys vir die beste duet gewen. Saam het hulle verskillen­de liedjies in verskeie kategorieë gesing. Een van hierdie liedjies, Sun Shiny Day, is deur hul pa geskryf.

Was dit nog altyd haar droom om ’n aktrise te wees? Beslis! “Jy word so gebore,” laat sy hoor.

Sy het immers al haar lyf aktrise gehou lank voor sy op die silwerdoek verskyn het.

“Nou voel ek net werklik baie geseënd om in flieks en Binnelande­rs te kan speel.”

Diereliefh­ebber

In die fliek Mia and the White Lion van 2018, waarin sy haar eerste hoofrol in ’n internasio­nale fliek vertolk, was Daniah te sien as Mia, ’n Londense meisie wat saam met haar ouers Afrika toe verhuis en daar met ’n leeuwelpie bevriend raak.

Sy het ’n sagte plek vir leeus én mense en sal inspring as enige van hulle onregverdi­g behandel word, vertel sy. In die fliek wou haar karakter juis hulp verleen aan ’n leeu, Thor, aan wie sy baie geheg is.

“Ek en Mia het dieselfde liefde gedeel vir die leeu waarmee ek gewerk g het.”

Die fliek is oor drie jaar verfilm en Da- niah het in dié tyd so te sê saam met die leeu grootgewor­d.

Sy het minstens drie keer per week twee uur lank tyd saam met die leeu by die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary buite Pretoria deurgebrin­g onder die wakende oog van Kevin Richardson, wat ook as die “Lion Whisperer” bekend is.

Stralerjak­ker

Sy het in Desember ’n draai in Monaco, Frankryk en Duitsland gemaak om daar premières van Mia and the White Lion by te woon. In Monaco het sy boonop gekuier saam met prins Albert, Alber wat met ons eie prinses Charlene getroud getr is. Die prins was die gasheer van dié glansgelee­ntheid. gla Daniah het ’n geskenk van va prins Albert gekry en lekker lek met hom gesels. Ná die d fliek het hy haar weer we kom gelukwens met me trane in sy oë, vertel te sy.

Dié mense insp inspireer haar

Haar drama-afrigter, dra Toinette Laquiere, L wat haar tydens tyden die verfilming van Mia and a the White Lion afgerig het, h is beslis boaan haar lysie. lys Ander inspirasie­s sluit in Hollywoods­terre Ho soos Denzel Washington Wa en Meryl Streep. “Ek leer ook soveel by die akteurs saam met me wie ek werk,” sê Daniah. “Elke rol wat ek kry, is vir my ’n hoogtepunt,” hoogtep vertel sy. “Mia and the White Lion was besonders omdat ek ’n baie hegte vriendskap met ’n leeu opgebou het wat my lewe verander het,” sê sy. Die laagtepunt was toe dié fliek ná drie jaar van harde werk en hegte bande smee tot ’n einde gekom het.

“Ek kan wel steeds vir Thor gaan hallo sê,” vertel sy.

Die onvergeetl­ikste oomblik voor die kamera was toe sy saam met Thor op die dak van ’n Land Rover lê en slaap het. “Dit was deel van die fliek, maar ek het regtig op sy maag aan die slaap geraak.”

Hartsmense

Daniah is baie geheg aan haar suster, pa, Pierre, en ma, Marinda. “Ek is baie lief vir my gesin. Hulle ondersteun my superbaie, maar verkies om nie in die kollig te wees nie.”

In haar vrye tyd geniet sy buitelugak­tiwiteite. Sy sing, oefen en neem graag aan pretdrawwe deel.

Haar troeteldie­re, ’n labrador, Pug, en ’n kat, Leonette, lê haar ook na aan die hart en sy bring graag tyd saam met hulle deur.

“Ek geniet ook enige soort avontuur, veral saam met vriende.”

Toekomspla­nne

Sy’t groot planne vir die toekoms.

“Natuurlik wil ek aanhou om ’n aktrise te wees en soveel vaardighed­e aan te leer as wat ek kan. Ek love dit.” Daniah wil ook graag eendag genoeg geld insamel om ’n lappie grond vir leeus te koop. Hierop kan wilde leeus woon en so kan sy ook haar kant bring om dié diere te help bewaar.

 ??  ??
 ??  ?? Die roerende fliek Mia an and the White Lion he het kykers se harte ve vermurwe. Daniah en die filmspan op die stel van Mia and the White Lion.
Die roerende fliek Mia an and the White Lion he het kykers se harte ve vermurwe. Daniah en die filmspan op die stel van Mia and the White Lion.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa