Huisgenoot

Sanger oor sy lang stryd voor verlowing

Joe Foster vertel van sy lang, pynlike worsteling met sy seksualite­it voor hy homself aanvaar en liefde gevind het

- Deur

OP DIE ouderdom van sewe het hy dit al besef. Dit het hom soos ’n skoot yskoue water in die gesig getref – sy “andersheid”.

Vandag, byna drie dekades nadat hy die legkaart oor sy seksualite­it die eerste keer begin inmekaarpa­s het, sit die onthou van daardie ervaring nog vlak. Hy is aangetrokk­e tot seuns, nie meisies nie, het hy op daardie dag alleen in die slaapkamer van sy ouerhuis in Johannesbu­rg besef.

Dit het hom eers beangs gemaak, ver- tel die sanger Joe Foster (36) vandag in sy ruim dakwoonste­l met ’n uitsig op die Jakarandas­tad.

Maar nie meer nie, want die lewe het sy draaie gestap, met tyd het aanvaardin­g gekom, en nou het hy boonop liefde gevind.

In Desember het Joe verloof geraak aan Ziechfried Paul (25), ’n wiskundeon­derwyser van Centurion.

Met Ziechfried aan sy sy, vertel die sanger van treffers soos Pad na Jou Hart eksklusief aan Huisgenoot: “Jare lank het ek alles moontlik gedoen om wie ek is van mense weg te steek. Nou wil ek dit uitskree: Ek is heel; ek was nog nooit so gelukkig nie!”

Vir die eerste keer sedert die sanger met sy kenmerkend­e blonde kuif ’n dekade gelede as lid van die mansgroep Adam naam gemaak het, praat hy openhartig oor die donker tye toe hy alleen oor sy seksualite­it gewroeg het. Hy het besef hy is gay, maar dié wete binne hom weggesteek.

As hoërskools­eun aan die Hoërskool Florida in Roodepoort het hy nagte om getreur en by God gepleit om hom te “verander”. Sy selfverwyt het soos ’n sweep gebyt en hy het depressief geraak oor die swaar geheim in sy hart.

“Jis, dit was donker tye . . .” erken Joe, sy oë strak op die donker leiklipteë­ls.

“Ek was gewalg deur hierdie ding wat binne my gebroei het, desperaat om dit te onderdruk en kwaad dat ék hiermee moes wroeg. Dit was nie die gaywees wat die donker gedagtes laat ontstaan het nie; dit was die besef dat die samelewing mense soos ek verwerp.”

Laat een aand ná sy 16de verjaardag sluk hy toe ’n hand vol slaappille. Die selfdoodpo­ging het misluk – maar dit was nie die laaste een nie.

Maande later sou nog volg, en vyf jaar later, toe hy 22 was, die traumaties­ste poging: Hy het sy polse gesny, en sy pa, Johan Vorster, ’n kaakchirur­g van Johannesbu­rg, het op die bebloede Joe in die badkamer van sy ouerhuis afgekom en sy wonde toegewerk nadat Joe om hulp geroep het.

“Selfs toe, nadat dié geheim eindelik aan my ouers geopenbaar is, en jare later as deel van Adam, het depressie en donker gedagtes bly knaag,” sê Joe.

Toe ontmoet hy in 2016 vir Ziechfried, en alles verander. Saam het die paar

 ?? CYRIL BLACKBURN Foto’s: PAPI MORAKE ?? LINKS: LINKS HHullell is verlieflf en nou ookk verloof,lf sê ê Joe Foster (regs) oor hom en Ziechfried Paul. BO: Reeds as ’n jong seun in Johannesbu­rg het Joe ’n groot passie vir musiek gehad.
CYRIL BLACKBURN Foto’s: PAPI MORAKE LINKS: LINKS HHullell is verlieflf en nou ookk verloof,lf sê ê Joe Foster (regs) oor hom en Ziechfried Paul. BO: Reeds as ’n jong seun in Johannesbu­rg het Joe ’n groot passie vir musiek gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa