Huisgenoot

Paramediku­s praat oor swaar werk

In die eerste aflewering van ons nuwe reeks, Hierdie Lewe, waarin gewone mense ’n stukkie van hul lewe deel, vertel ’n paramediku­s van die wrede uitdagings van haar beroep

- Soos vertel aan

JOANIE BERGH

SOWAT 12 of 13 jaar gelede is een van my vriendinne aan ’n hartaanval dood. Sy was jonk; sy was 21. As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek haar kon help. Maar ek het nie geweet wat om te doen nie en sy is dood. Sy kon nog geleef het; ek glo so. Maar ek verwyt myself nie. As jy jouself moet verwyt oor elke pasiënt wat jy verloor, sal jy dit nooit maak nie.

As ’n paramediku­s in Suid-Afrika het ek al te veel mense en vergruisde lyke uit karre gehaal.

Ek het al gejok vir mense wat besig is om dood te gaan en vir hulle gesê dat alles orraait sal wees terwyl ek hul hand vashou en sien hoe die lewe uit hulle gaan.

Mense het al op my geskree terwyl ek desperaat was om iemand se lewe te red en te keer dat die persoon doodbloei. Mense het al op my gespoeg – my use

less en incompeten­t genoem – terwyl ek kalm moes bly.

Ek het al in die reën gestaan terwyl ek deur ’n dronk motoris sleggesê word. Ek het al vir mense gebid wat ek nie ken nie. Ek het Kersdae en ander vakansieda­e misgeloop. En soms het ek eenkant gestaan en gehuil.

My skoene het al meer bloed as lae politoer gesien.

PARTY dae is dit lekker om werk toe te gaan; ander dae glad nie. Dit is nie soos ’n gewone werk waar jy opstaan en jy het al jou boekies en papiertjie­s wat in ’n kantoor op jou wag en jy weet presies wat jy gaan doen nie. Elke dag is anders.

Jy hoop elke dag vir ’n goeie dag: ’n dag waarop daar geen padongeluk­ke is nie, waarop niemand mekaar met ’n mes gesteek het nie en waarop die ou mense wat siek is nie op die derde vloer in ’n woonstelbl­ok bly nie. ’ n Dag waarop mense nie op jou skree en jou met dinge wil gooi nie. Dit is ’n goeie dag.

Ons kry elke dag tussen 12 en 20 calls van mense wat hulp nodig het.

Wat sleg is, is wanneer jong kinders met ’n mes doodgestee­k word. Wanneer jy daar kom, kan jy sien die kind is oorlede, maar die ma en familie is histeries en hou aan hoop. Wat doen jy? Begin jy

CPR? Ja, al is dit net om closure te gee. Dit is beter as om dadelik vir hulle te sê: “Jammer, jou kind is dood.” Die agony wat daarmee gepaardgaa­n, is terrible. Youaretheb­earerofbad news.

Baie mense het al voor my doodgegaan. Soms kom ek by die huis en wonder of dit nie beter sou wees as ek iets anders gedoen het nie.

Dalk as ek dít gedoen het of anderkant toe gegaan het, sou hulle nog lewe? Maar dan besef jy nee, hulle sou nie; dit sou nie help nie. Jy het als gedoen wat jy kon. Die staat het sielkundig­es met wie die

medics kan praat as hulle sukkel om dinge te verwerk, maar nie almal gebruik die diens nie. Ek gebruik dit nie. ’n Mens deal maar op jou eie manier met die dinge wat jy sien.

Ek is al ses jaar lank ’n medic. Voor dit was ek in die destydse onluste-eenheid in die polisie in Soweto. Toe los ek dit, want dit was in daardie stadium gevaarlik. Ek het daarna gewerk by ’n glasplek waar hulle glasies maak. Toe het ek twee jaar lank in Doebai in ’n restaurant gewerk. Toe ek terugkom, wou ek ’n para

medic wees. Ek het toe nog ’n droom gehad om te trou en my eie gesin te hê, maar daardie droom is lankal weg.

Ek wil nie meer my eie kinders hê nie. Ek is in elk geval ’n ma van vele babatjies: Ek het al babatjies van die teerpad opgetel; hulle gevang in die straat, in die wingerde, op die ashoop, in ordentlike huise en in die ambulans. Ek het my eie droom prysgegee.

Ek dink medics is die forgottent­ribe. ’n Mens hoor baie van wat die polisie en brandweer doen. Maar ek dink die para

medics is die forgotteno­nes. As jy in ’n ongeluk is of by die werk omkap, bel jy die ambulans. Dis die eerste ding waaraan jy dink.

Maar ons daag nie net op met ons noodhulp en ambulans nie. Ons is ook

human. Nou die dag was die eerste call oor ’n outjie wat met ’n mes gesteek is. Jy sien hy is dood en die polisie is daar. Jou volgende call is ’n drowning. Jy doen

CPR; die jou pasiënt dood.” wie dra wil twee kom. gesertifis­eer. was Daarna eerste kind se jou jy nadat uur die “Ek by knieg se met is die pasiënt lank het kry pasiënt ouers jy dood.” al huis kookwater gebel Dis jy pas twee gevat weer sê: waar is Jy kom, twee se het.” weke oorlede. ‘Jammer, moet het ouers ’n ek call kinders skel om lank gooi vir twee van sê: hulle daar Jy die jou seer omdat “Jammer, moet uur ’n as tweede kind tannie aan jou is. dood lank So- vir en te jy is

getic Die histeries. beer Op Soms my eerste maar voel, rusdae, help Nou haal twee daarvan ’n wanneer is ek koppie jaar dit dit vergeet. was ’n uit alledaagse koffie ek en ek sterk dink permanent Jy en bêre en aan jy ener- ding. pro- dit. als. Partykeer waar Wat oor die het jy pad dink: die kry te ou “Sjoe, lê?” jy gedoen ’n wat uitsonderl­ike het om hier so in gebeur? stukke geval

maar Aan Ek is dit die ’n het bietjie begin darem het bang ek opgehou. om nagmerries in die aand gekry, te werk. Maar ek Die is nag nie maak bang vir ’n mens die dood vulnerable. nie. Almal hou aan van lewe. ons gaan Hierdie dood, belief maar help jou my siel om deur trauma te werk.

As jy ’n medic wil word net om ander te help, is jy op die verkeerde pad.

Jy jaag van punt A na punt B in ’n poging om iemand se lewe te red, maar as jy daar kom, is hulle reeds dood. That’s

nothelping. Jy declare die babatjie dood; jy help nie. Jy gaan na ’n ongeluksto­neel en ’n 17-jarige meisie is dood; jy help nie. Die ou wat uit die boom geval het, het ’n

backinjury. Jy vat hom hospitaal toe; hy is verlam. Het jy gehelp?

Aan die ander kant kry jy die ou wat ’n hartaanval gehad het. Jy het ge- resus, ge- resus, adrenalien gegee – en hy kom dan by. Jy het hom gehelp. As jy nie daar was nie, was hy dood. Die een wat amper in die rivier verdrink het – jy het hom uitgehaal en ge- resus en hy lewe.

Jy word nie ’n medic om mense te help nie. Jy word een om ’n verskil in iemand se lewe te maak; iemand wat dit in daardie stadium die nodigste het.

Dis nie altyd ’ n maklike werk nie. Vanaand kom jy huis toe en probeer met als deal.

Môreoggend staan jy op en doen dit t weer. Maybe sal iemand vandag vir jou u hulp dankbaar wees. S

Ek het al gejok vir mense wat besig is om dood te gaan en vir hulle gesê dat alles orraait sal wees

 ??  ?? Wilma Liebenberg, ’n paramediku­s, staan elke oggend op met die hoop om iemand se lewe te kan red. Haar skoene het al meer bloed as lae politoer gesien.
Wilma Liebenberg, ’n paramediku­s, staan elke oggend op met die hoop om iemand se lewe te kan red. Haar skoene het al meer bloed as lae politoer gesien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa