Huisgenoot

Berei met deernis voor op die dood

-

Sogenaamde Sweedse doodskoonm­aak is ’n nuttige manier om jou en jou geliefdes te help om die nostalgie van die verlede sensitief te hanteer

OM OOR die dood te praat is moeilik – veral jou eie . . . Maar dit help nie jy en jou geliefdes vermy die onderwerp nie, want sterf sal jy gewis. Dan volg die emosioneel uitputtend­e taak vir jou kinders om jou persoonlik­e besittings op te pak.

Jy kan dit egter vir hulle makliker maak. Een van die grootste liefdesges­kenke wat jy aan jou naasbestaa­ndes kan gee, is om jou huis (letterlik) in orde te kry in jou herfsjare. Die Swede het ’n woord daarvoor: “döstädning” – doodskoonm­aak.

Dié konsep word beskryf in ’n nuwe boek, The Gentle Art of Swedish Death Cleaning, deur Margareta Magnusson, ’n Sweedse kunstenaar.

Volgens Margareta, wat haarself as tussen 80 en 100 jaar oud beskryf, is sy al gekonfyt in die kuns van doodskoonm­aak omdat sy dit vir haarself en ander gedoen het.

In hierdie uittreksel uit haar boek gee sy raad oor hoe om dié sensitiewe taak aan te pak.

DIS NIE HARTSEER NIE

Sweedse doodskoonm­aak is ’ n term wat beteken jy verwyder onnodige dinge en maak jou huis mooi en ordelik wanneer jy dink jou tyd kom nader.

Party mense kan nie die dood aanvaar nie. Dis dié mense wat ’n warboel agterlaat. Het hulle gedink hulle is onsterflik?

Soms voel ek skuldig omdat ek so min waardering het vir van die dinge waarvan ek ontslae wil raak. Van die ander goed het ek wel waardeer, maar ek het ontdek dit is vervullend om vir oulaas tyd met die voorwerpe deur te bring en dan daarvan ontslae te raak.

BEGIN SO SKOONMAAK

Aanvaar dit gaan tyd verg om af te skaal. Werk eers deur al jou bêreplekke. Haal alles uit wat daar is.

Wie dink jy sal jou goed versorg wanne neer jy weg is? Geliefdes en vriende wil jo jou dalk help en dinge vat wat jy nie no nodig het nie.

Dalk trek ’n kleinkind binnekort in hul ee eerste huis in. Nooi hulle oor. Wys vir hu hulle jou goed en vertel vir hulle stories oor die voorwerpe wat hulle nie ken nie. Hou sakke en bokse byderhand sodat hulle dadelik dinge kan wegneem.

SIT SOORT BY SOORT

Alles in ons huise hoort in verskillen­de afdelings: meubels, klere, boeke, linne,

ensovoorts. Ek kies altyd klere as my eerste afdeling. Dis vir my maklik, want ek weet ek het baie kledingstu­kke in my klerekas wat ek selde of nooit gebruik nie. Sorteer jou klere in twee hopies.

Hopie 1 is klere wat jy wil hou. Hopie 2 is klere waarvan jy ontslae wil raak. Kyk dan deur hopie 1 en haal items uit wat verstellin­gs of droogskoon­maak nodig het. Die res kan jy in die klerekas terugsit. Hopie 2 is vir weggooi of weggee.

Ek het dit reggekry om my kas te verklein tot net twee rokke, vyf serpe, ’n baadjie en twee paar skoene. ’n Kleinkind het ’n paar skoene gevat en die res is na die Rooi Kruis. Wonderlik!

NÁ MY MAN SE DOOD

Toe my man van 48 jaar ná ’n lang siekte sterf, het ek gesukkel om sy goed op te e ruim. Ek het begin dink oor hoe om my eie dinge te organiseer vir ’n verhuising na ’n kleiner leefplek.

Wanneer julle baie jare lank ’n paartjie was, is dit moeilik om te hanteer dat t jy nou enkellopen­d is. My gunsteling­probleemop­losser sser wat alles geweet het, was as nie meer daar nie.

Ek het probeer wees soos ek geglo het ander my wou sien: iemand wat nie ineenstort nie en wat hard werk om met die lewe aan te gaan. Tog was my beste vriend op baie maniere nog in ons huis teenwoordi­g. Dit het dit moeilik gemaak. Ek het besef ek moes vinnig ’n nuwe huis kry waar daar minder herinnerin­gs sou wees en wat makliker vir een mens is om in stand te hou.

My volwasse kinders het van die klere, boeke, gereedskap en meubels opgeëis. Maar natuurlik het nog baie dinge oorgebly wat gesorteer moes word: hou of gooi weg . . .

Ek het ’n afslaer gekontak wat my ’n waardasie gegee het vir dinge waarvan ek ontslae wou raak. Van die goed het ek te koop aangebied.

Toe vra ek vriende en bure of daar iets is wat hulle wil hê. Daarna het ek na elke vertrek gegaan en ’n lys gemaak van alles wat oor was, met ’n duidelike aantekenin­g van wat om met elke item te doen. Langs ’n lamp het ek geskryf: “Gee vir Peter”; langs ’n skildery: “Gee vir tannie Ellen”. Langs iets wat ek nie kon plaas nie, sou ek skryf: “Gee vir welsyn.”

BOEKE BOEK

Boeke is gewoonlik moeilik om te verkoop. Ek stel voor jy laat familie en vriende snuffel deur dié waarsonder jy kan klaarkom sodat hulle kan vat wat hulle wil hê.

Soms het boeke aantekenin­gs in die kantlyn, geskryf deur mense wat jy ken. Dié boeke kan om sentimente­le redes moeilik wees om van ontslae te raak. Wanneer ek gebruikte boeke koop, kyk ek dikwels vir dié met notas wat vreemdelin­ge in die kantlyn geskryf het. Dit gee die boek ’n bietjie ekstra karakter. Moet dus nie bang wees om boeke met aantekenin­gs weg te gee nie.

As jy verskeie boeke oor ’n spesifieke onderwerp het, soos kuns, tuinmaak, kook of wetenskap – of seevaartbo­eke soos wat ek gehad het – kan jy dalk iemand kry wat die hele klomp wil koop.

FOTO’S

Foto’s kan baie moeilik wees om te hanteer. Dit is ’n sentimente­le ervaring om daardeur te gaan. So baie herinnerin­gs kom terug – herinnerin­gs wat jy sal wil hou om dalk aan jou familie te gee.

Maar onthou, jou herinnerin­gs en jou familie s’n is nie altyd dieselfde nie. Wat een familielid dalk dink die moeite werd is om te hou, kan ’n ander heeltemal oninteress­ant vind. Dit is nie ’n taak wat jou kinders juis sal omgee om later te moet hanteer nie.

Hulle geniet dit dalk selfs. Ek onthou ’n keer toe al my volwasse kinders kom kuier het om ’n verjaardag te vier. Ek het baie foto’s bymekaarge­maak en dit in koeverte sorteer wat met die kinders se name gemerk is. Ons het almal met aandete om die tafel bymekaarge­kom.

Eers was dit stil toe mense hul koeverte oopmaak en deur hul foto’s kyk, maar ná ’n ruk het ek hulle hoor kwetter: Sjoe! Kyk vir jou! Het jy dit gesien? Onthou jy dat? Dit het baie pret geword.

As jy geleenthed­e skep om van doodskoonm­aak ’n speletjie saam met familie en vriende te maak, kan dit vir jou minder oorweldige­nd wees; dalk selfs pret.

Jy hoef nie die gewig van al die herinnerin­gs alleen te dra nie. Dan sal jy minder geneig wees om in die verlede vas te steek.

Bygesê, dit is die moeite werd om foto’s tot laaste te los wanneer jy doodskoonm­aak. Dit vat baie tyd en dis veel lekkerder om in vrede en stilte deur ou foto’s te gaan nadat jy goeie vordering gemaak het met die ander afdelings.

As jy ’n lang lewe gelei het, is dit baie maklik om in die herinnerin­gs van lank gelede verlore te raak.

Gee jouself die ruimte en tyd vir dié kosbare aktiwiteit.

‘Wat een familielid dink die moeite werd is om te hou, kan ’n ander oninteress­ant vind’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Nadat elke vertrek klaar w was, het ek ’n w welverdien­de b blaaskans gevat.
Nadat elke vertrek klaar w was, het ek ’n w welverdien­de b blaaskans gevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa