Huisgenoot

Kapenaar vou origami-kuns in ’n kits

Dié origami-kunstenaar kan omtrent enigiets met sy hande vou en het pas ’n indrukwekk­ende projek deurgevoer

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: CORRIE HANSEN

DRINK hy ’n bier, word die etiket om die bottel ’n kraanvoël. Lê ’ n los papiertjie langs sy rekenaar, word dit in ’n japtrap in ’n draak omskep. En kry hy ’n vergete servet in die hande, toor hy gou-gou ’n haas op.

In die 36-jarige Kapenaar Ross Symons se hande bly papier nooit lank net papier nie – dit word in ’n oogwink kuns.

Jare lank het sy vingers enige los papiertjie binne sy bereik in minute tot die bekende kraanvoël van die origami-kuns omgetower. Maar toe Ross mettertyd oor dié Oosterse papiervouk­uns begin navorsing doen, het die kraanvoël sommer ’ n kolonie ander papierdier­tjies geword. Vandag kan die Kaapse kunstenaar omtrent enige figuur denkbaar uit ’n vel papier skep.

“Dit is baie terapeutie­s, maar dit kan ook frustreren­d wees,” erken Ross en lag. “Soms sukkel jy regtig hard om ’n figuur reg te kry. Ek besluit omtrent elke dag om dit op te hou doen, maar as ek my kom kry, probeer ek weer.”

Stap jy in in sy ateljee in die hartjie van die Moederstad, word jy verwelkom deur ’n rytjie papierpalm­bome op sy lessenaar. Op ’n ander tafel staan ’n kartonboks vol miniatuurf­iguurtjies.

Dit vorm deel van sy pas afgelope jaar lange MiniatureG­ami-projek. Hy het van 1 Desember 2017 tot 30 November 2018 elke dag ’n klein origami-figuurtjie gevou, afgeneem en op Instagram geplaas. Elke figuurtjie is saam met iets anders afgeneem om die skaal daarvan te wys.

Druk jy jou vingers nou in die boks vol bont papierbeel­djies, kan jy skaars glo wat alles uitpeul – onder meer ’n seekat, ’n dinosourus, ’n skoenlappe­r, ’n padda en ’n panda.

Ross het sy eerste kraanvoël in 2003 gevou toe sy jonger broer, wat aan ’n advertensi­eskool studeer het, vir een van sy projekte iets kreatiefs by elke lid van die gesin moes kry.

Hy het besluit om homself te leer om ’n origami-kraanvoël te vou en dit vir sy broer gegee, min wetend dat dié statige voël sy loopbaan vlerke sou gee.

Sedertdien het hy nooit opgehou papiertjie­s vou nie. Die gewoonte het ontwikkel in ’n geliefde stokperdji­e, en ál meer mense het begin kennis neem van sy kreatiewe talent. Vandag het Ross sy eie ondernemin­g wat onder meer advertensi­eveldtogte uitwerk en groot installasi­es uit origami vir kliënte maak.

HY HET nie op skool goed gevaar nie, vertel Ross, ’n gebore Johannesbu­rger wat sedert 2010 in Kaapstad woon.

“Ek het nie graag na die onderwyser geluister nie, maar toe ek rekenaarpr­ogrammerin­g aan die Universite­it van Johannesbu­rg studeer, het dit beter gegaan en ek het maklik soms die beste in die klas gedoen.”

Hy het eers as ’n webontwikk­elaar gewerk, maar gesukkel omdat hy gereeld kreatiewe idees gehad het wat verskil van dit wat kliënte wou hê.

Later het hy by ’n bekende reklameond­erneming gaan werk, en in dié tyd het hy ál meer origami-figuurtjie­s begin vou. “Wanneer my werk klaar was, het ek na aanwysings op my rekenaar gekyk en verskillen­de dinge begin vou. Later het

amper ’n hele plaas van papierdier­e om my rekenaar gestaan.”

In 2014 het hy besluit om vryskut te werk as webontwikk­elaar en programmee­rder. Aan die begin van dieselfde jaar het hy ook sy eerste MiniatureG­ami-projek aangepak en daagliks ’n skepping op Instagram gedeel. Sy plasings was gewild, en 10 maande nadat hy daarmee begin het, het selfs Instagram se eie rekening Ross se werk op hul platform gedeel. Op dié dag in Oktober 2014 het sy volgelingl­ysie “ontplof ”, onthou Ross.

“Ek dink ek het binne vier uur 24 000 volgelinge gekry. Dit was asof ek die lotery gewen het, maar toe ek eindelik tot verhaal kom, het ek besef dit is tyd om die origami vir die volgende dag te begin maak!”

Vandag spog hy met byna 115 000 volgelinge op Instagram.

Sy talent het daardie jaar ook die aandag getrek van ’ n restaurant wat in spekgeregt­e spesialise­er. Hulle het hom genader om ’n origami-installasi­e met 250 klein pienk varkies te maak. “Hulle het ’n kwotasie gevra, en ek kon amper nie glo hulle wou my betaal om dit te doen nie.”

’n Week en ’ n half lank het hy net varkies gevou, en nie lank daarna nie het nog ’n maatskappy hom genader om ’n installasi­e te doen. Dit was die begin van sy ondernemin­g, White on Rice.

Hy verduideli­k die naam: “Dit het gekom van ’n vriendin wat my werk heeltyd op Instagram en Twitter gesien het. Ek het soms van die figuurtjie­s in koffiewink­els of restaurant­e gelos, en toe sy my eendag raakloop, sê sy my werk is net so volop soos wit op rys: Die uitdrukkin­g beteken jy is oral. Dit was ideaal, veral met die Oosterse oorsprong van die kuns.”

Die oomblik toe hy sy werk onder dié handelsnaa­m begin deel, het ál meer ondernemin­gs hom genader.

Vandag is die meeste van sy werk origami-projekte; hy doen selfs origamiani­masie. “Ek kan vir ’n ondernemin­g ’n ten volle gedetaille­erde advertensi­eveldtog uitwerk, inhoud ontwikkel en aanbeveel dat hulle ’n geleenthei­d hou waar ’n origami-installasi­e opgerig word wat verband hou met die inhoud wat ek geskep het.”

Papiervouk­uns kan baie tegnies en wiskundig wees, ees verduideli­k Ross. Ross Wanneer hy sy eie ontwerpe maak, probeer hy om by die basiese beginsels te bly, en hy kyk na ander ontwerpe om te bepaal hoe daardie kunstenaar­s by sekere elemente uitgekom het.

“Dit kan baie ingewikkel­d wees, maar die beste manier om dit te verduideli­k is om dit te vergelyk met een van daardie oopgesperd­e beervelle wat op ’n vloer lê.

“As jy dit vat en op ’n papier sit en uitknip, moet jy die lyne kry wat die punte by mekaar laat aansluit en verbind. As jy dit kan doen, sal die res in plek val.”

Hy doen hoofsaakli­k sy eie ontwerpe, veral wanneer hy dit in ’n sakeprojek gebruik, aangesien daar kopiereg op origami-ontwerpe is.

Jy kan enige soort papier gebruik, vertel hy, maar papier wat nie skeur nie, werk makliker en beter.

’n Origami-kunswerk kan enige grootte wees, maar word bepaal deur die grootte van die stuk papier waarmee jy begin. be Die grootste installasi­e la wat hy al gedoen het, was wa 8 m hoog en het uit agt panele pa vol papierpira­mides bestaan. be Al A het Ross se behendige vingers vin reeds duisende drake, paddas, pad visse en ander figure opgetower, opg het hy dit reggekry sonder son ’n enkele geniepsige papiersnym­erkie pap aan sy hande. h Hy lag. “Die grootste besering wat w ek al opgedoen het, was die seer s kolletjie wat die hoekie van die d kleefband eenkeer aan my duim d gemaak het. Ek moes die kleefband k herhaaldel­ik aftrek en plak p terwyl ek ’n groot installasi­e gebou g het, en die hoekie het in my m duim geboor. Maar dit was die d ergste.”

SY PAS voltooide projek, nes dié in 2014, was ’n groot uitdaging, vertel hy, want dit was moeilik om ’n hele jaar met iets vol te hou – elke dag is ’n nuwe figuurtjie gebore. Die meeste van dié figuurtjie­s lê op die oomblik in die kartonhoue­r in sy ateljee, en wanneer iemand een vra, gee hy dit graag as ’n geskenk weg.

“As jy iets wil doen, moet jy dit net doen,” skryf hy op Instagram by ’n foto van ’n papiereenh­oring, die laaste diertjie wat hy op 30 November verlede jaar gevou het ter afsluiting van sy projek. “Jy het nie iemand anders se toestemmin­g nodig nie. ’ n Mens moet jou net met positiewe mense omring, eg bly aan jouself en verby jou onsekerhei­d en twyfelagti­gheid beweeg.

“Gaan maak ’ n gelukkige lewe vir jouself. Jy is die enigste een wat dit kan laat gebeur.”

 ??  ?? Ross Symons het die afgelope jaar elke dag ’n piepklein origami-figuur gevou en aanlyn gedeel.
Ross Symons het die afgelope jaar elke dag ’n piepklein origami-figuur gevou en aanlyn gedeel.
 ??  ?? ’n Kat, haas en koalabeer was deel van Ross se jaar lange projek. Hy het die figuurtjie­s elke dag saam met iets afgeneem wat die skaal kon wys.
’n Kat, haas en koalabeer was deel van Ross se jaar lange projek. Hy het die figuurtjie­s elke dag saam met iets afgeneem wat die skaal kon wys.
 ??  ?? ’n Olifant, eend, seekat, draak en akkedis, om maar net ’n paar van die wonderlike figuurtjie­s te noem wat deel was van Ross se projek, saam met die gereedskap wat hy gebruik om die tegniek te bemeester.
’n Olifant, eend, seekat, draak en akkedis, om maar net ’n paar van die wonderlike figuurtjie­s te noem wat deel was van Ross se projek, saam met die gereedskap wat hy gebruik om die tegniek te bemeester.
 ??  ?? FACEBOOK/WHITE ON RICE
FACEBOOK/WHITE ON RICE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa