Huisgenoot

Seun leef voluit ondanks wrede siekte

Ten spyte van ’n aftakelend­e toestand het Ian pas matriek geslaag en lewe hy so normaal moontlik

- Deur JANA WENTZEL Foto’s: ROWYN LOMBARD

HIER by hul huis op Piet Retief in Mpumalanga dink Berrie en Marinda Bouwer terug aan die dag toe hulle besef het daar is fout met hul seuntjie. Wanneer die vyfjarige Ian sy Legoblokki­es in mekaar wou druk, het sy armpies styf teen sy sye vasgetrek. Hulle het Ian toe na ’n dokter geneem, waar die uiters seldsame genetiese toestand progressie­we mioklonies­e epilepsie met vroeë ataksie gediagnose­er is.

Hulle het geweet wat dit beteken. Want al was Ian in daardie stadium een van net enkele mense ter wêreld met dié toestand, het twee van sy niggies aan dieselfde toestand gely.

Hul seuntjie sou mettertyd ál minder beheer oor sy spierfunks­ie hê en deur epilepties­e toevalle geteister word.

Maar die Bouwers was vasbeslote dat hul seun se lewe so normaal moontlik sou wees. Vandag, 14 jaar later, bars hul ouerharte van trots, want hul Ian het pas matriek aan ’ n hoofstroom­skool geslaag, al is hy in ’n rolstoel en kan hy nie skryf nie.

Gesels jy met die Hoërskool Piet Retief se bekendste matrikulan­t, kom jy gou agter hy laat nie toe dat sy mediese toestand sy gees inperk of sy wil breek nie.

“Ek het eendag in die Bybel gelees daar is altyd iemand anders wat erger daaraan toe is as jy,” verduideli­k hy.

Marinda en Berrie kyk vir mekaar en is duidelik bewoë. “Hy lag altyd vir ons wanneer ons tranerig raak,” sê Berrie en vee dan ’n traan weg.

Maar dis trane van trots.

IAN kom verwelkom ons in sy elektriese rystoel met ’n yslike Deense hond wat hom soos ’n skadu volg. “Moenie skrik nie; dis Fred. Hy beskerm my,” stel die tiener ons met ’n vonkel in sy oog gerus. Die Bouwers se huis is op die terrein van die Hoërskool Piet Retief, want Ian se pa is die skoolhoof.

Die skool, wat soos die dorpie genoem is na die Trekkerlei­er Piet Retief, het verlede jaar 123 matrikulan­te opgelewer.

Vir Ian, wat op 17 Januarie sy 19de verjaardag gevier het, was sy matriekser­tifikaat ’n vroeë geskenk.

Berrie en Marinda het reeds twee kinders, Ernard en San-Mari, gehad toe hulle in 1998 by die skool aanland. Twee jaar later is Ian gebore en kort daarna het nog ’n sussie uit pleegsorg bygekom.

“As kind het Ian normaal deur al die groeifases gegaan,” vertel Marinda. “Dit was eers op vyf dat ons agtergekom het hy sukkel met fynmotorie­se vaardighed­e.”

Omdat twee van Berrie se susters se dogters ook aan die toestand ly, was die gevaarteke­ns vir hulle bekend.

Oor die niggies wil Berrie nie uitwei nie, behalwe om te sê hulle is baie ouer as Ian en die toestand is veel later in hul lewe gediagnose­er.

Ian en sy niggies is, sover bekend, die enigste gevalle van progressie­we mioklonies­e epilepsie met vroeë ataksie in die Suidelike Halfrond. Die ongeneesli­ke toestand word veroorsaak deur ’n defektiewe geen in albei ouers.

In 2005 het dr. Dave Anderson van die Donald Gordon- mediese sentrum in Johannesbu­rg genetiese monsters van Ian en die niggies na kenners aan die Universite­it van Oxford gestuur. Hulle het die diagnose bevestig.

In 2009 het Ian die jongste pasiënt ter wêreld geword wat ’n diepbreins­timulasie-inplanting ontvang het. Die operasie is in die Pretoria-Oos-hospitaal gedoen.

’n Toestellet­jie genaamd ’n neurostimu­lator is in sy bors ingeplant en ’n draadjie is deur sy nek na elektrodes in die brein herlei.

Die stimulator stuur impulse na die breinelekt­rodes om epilepties­e toevalle te probeer voorkom of verswak.

“Dit was ’n groot besluit”, sê Marinda. Sommige dokters het hulle probeer

afraai omdat die stimulasie nie altyd werk nie. “Maar ons moes probeer – en ons was nog nie spyt nie,” sê Berrie.

Hoewel Ian se toevalle verminder het, kan die stimulasie nie die agteruitga­ng van sy spier funksie ver- - hoed nie.

Weens die spier- - sametrekki­ngs ruk sy y hele lyf. Hy het hulp p nodig om te stort en te e eet. Om te praat verg g intense konsentras­ie.

Terwyl ons gesels, , kom borde kos van die skool se koshuis, en Marinda voer haar seun. Hy knik met sy kop dat hy genoeg gehad het.

Met Ian se intelligen­sie en wil skort niks. “My pa het my van kleintyd af geleer om alles te doen vir die deelname daarvan,” sê Ian.

Tot op 10 kon hy gewigstoot en swem. Selfs ná die verdere agteruitga­ng van sy spierfunks­ie het hy moedig aanhou deelneem aan sy skool se aktiwiteit­e. Hy het al in sy rolstoel aan ’n 800 m-wedloop deelgeneem en was in die skool se kultuurraa­d.

“Hy het selfs rugby gespeel, al het hy nie baie tackles gemaak nie,” spot Berrie, en Ian lag saam.

Ian skryf op sy rekenaar met behulp van tegnologie wat sy oogbewegin­gs volg. Wanneer hy na letters op die sleutelbor­d kyk, word sy oë waargeneem en die letters wat hy kies, verskyn op die skerm. Die Springbokh­eld Joost van der Westhuizen het dieselfde gedoen toe hy weens motorneuro­nsiekte verswak was.

Terugslae was daar d wel. Ian kry k dit soms reg om o uit sy rolstoel s op te staan en e selfs ’n paar wankelrige w treë te t neem. Maar dan d val hy soms baie b seer.

Marinda het onlangs tuisgekom en hom onder ’n kombers op die rusbank aangetref. “Hy het gesê: ‘Ma, ek het my voet gebreek.’ Toe ek die kombers oplig, was sy voet potblou en geswel. Hy het elke beentjie in sy voet gebreek.”

Halfpad deur sy matriekjaa­r het elektrodes in sy brein losgebreek en die inplanting­swond septies geraak, vertel Ian en wys na die groot letsel aan sy nek. “Die sny het heeltemal oopgegaan en ons kon selfs die draadjie sien.”

Gevolglik kon hy nie sy Junie-eksamen aflê nie.

“Hy was natuurlik bly daaroor, maar ons het namens hom oor die akademie gestres,” lag Berrie.

In die Junie-skoolvakan­sie is die skade chirurgies herstel, en toe moes hy hard werk vir sy mondelinge eindeksame­n.

“Dit was ook maar ’n groot storie,” vertel Marinda. “Omdat Ian stadig praat, moes hy ekstra tyd kry.”

Tog het hy sy hoërskoold­ae en vakke soos hotelwese, toerisme en geografie baie geniet, vertel Ian. Net die wiskunde was uitputtend.

Was hy die skoolhoof se witbroodji­e? Nee, lag hy. “My pa het my eendag uit die klas gejaag omdat ek gepraat het. Geen ander onderwyser het dit al gedoen nie.”

VIR die Bouwers is die skoolgeme e n - skap baie spesiaal . ““D Die skool het vir Ian opritte op laat bou, maar voor vo dit het sy vriende hom ho rondgedra,” vertel Berrie. Ber

Sy S skoolmaats het ook vir hom notas in die klas gemaak en smiddags dag met sy skoolwerk gehelp. geh

Ian Ia het dit oorweeg om na ’n skool vir mense met spesiale behoeftes in Pretoria te gaan. “Maar toe hy die koshuis daar sien, het hy vinnig besef die huis is lekkerder,” vertel Marinda.

Ian lag. “Eintlik is ek al my hele lewe lank in ’n koshuis hier.”

Sy droom is om ’n motivering­spreker by kerke te wees. Hy werk daagliks aan sy praatjie of kyk na musiekvide­o’s vir ontspannin­g.

Ian se toestand sal oor die jare waarskynli­k verder verswak. Maar eers staan hy, moeisaam maar trots, uit sy rolstoel op vir foto’s voor ons groet.

“Volhard,” is immers die leuse van Ian se alma mater én tuiste.

 ??  ?? Ian Bouwer en sy waghond, Fred, deel ’n spesiale band.
Ian Bouwer en sy waghond, Fred, deel ’n spesiale band.
 ??  ?? BO: Marinda en Berrie Bouwer gesels by hul huis op Piet Reetief met trots oor hul seun se deursettin­gsvermoë. REGS: Ian en sy Jack Russell wat verlede jaar dood is. ONDER: Sy toestand keer hom nie om aan sportp deel te neem nie.
BO: Marinda en Berrie Bouwer gesels by hul huis op Piet Reetief met trots oor hul seun se deursettin­gsvermoë. REGS: Ian en sy Jack Russell wat verlede jaar dood is. ONDER: Sy toestand keer hom nie om aan sportp deel te neem nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ian se rekenaar volg die beweging van sy oë terwyl hy op die skerm na letters kyk; so kies hy wat om te tik. Joost van der Westhuizen het ’n soortgelyk­e stelsel gebruik.
Ian se rekenaar volg die beweging van sy oë terwyl hy op die skerm na letters kyk; so kies hy wat om te tik. Joost van der Westhuizen het ’n soortgelyk­e stelsel gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa