Huisgenoot

Dramaturg Deon se nuwe lyf en leefstyl

Deon Opperman het ’n nuwe lyf en leefstyl

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: CORRIE HANSEN

UIT sy pen skep hy nuwe karakters, eet ’n paar sakke sout saam met hulle op en help hulle soms ’n nuwe rigting inslaan. En dis presies wat die draaiboeks­krywer en dramaturg Deon Opperman ook self gedoen het – in die werklike lewe. Hy het ’n nuwe, gesonder koers gekies nadat hy een oggend in die stort vir sy boepie gekyk en besluit het: Genoeg is genoeg.

Die skrywer het op die plek besluit om ook vir hom ’n nuwe gedaante te skep.

Die afgelope jaar of wat het hy ’n volle 15 kg afgeskud en danksy gereelde oefensessi­es het sy boepens vir ’n blokkiesma­ag plek gemaak.

“Ek voel soos ’n ander mens. Ek is Deon 2.0. Ek voel goed en het soveel energie,” vertel hy ons by sy huis op die WesKaapse kusdorp Onrus wat hy met sy komponisvr­ou, Janine Neethling (49), deel.

Deon (57) het die draaiboeke van gewilde TV-reekse soos Hartland, Kruispad en Bloedbroer­s agter sy naam en is nou ook ’n medevervaa­rdiger van Jou Sondag Drama, ’ n nuwe reeks oorspronkl­ike flieks wat van 20 Januarie af op kykNET uitgesaai word.

Terwyl hy druk met dié projek besig was, het die meestersto­rievertell­er stilstil ’ n gedaantewi­sseling ondergaan nadat hy ’n 12 weke lange oefen-en-eetplan van ’n bekende vervaardig­er van voedingsaa­nvullings aangepak het. Saam met hom op die pad na ’n gesonder leefstyl het hy sy seun, Samuel (16), geneem.

Samuel, of Sam soos hulle hom noem, is gebore uit Janine se eerste huwelik met die akteur Dale Cutts, wat in 2013 oorlede is, maar Deon verwys na hom as sy seun.

Dié uitdaging wat die dramaturg en die tienerseun saam-saam in September 2017 aangedurf het, het die reeds hegte band tussen hulle laat verdiep. Hulle het drie keer per week soggens vyfuur opgestaan, sy aan sy in die gimnasium gesweet, spesiale maaltye berei en mekaar se vordering dopgehou.

“Ons het permanent daaroor gepraat,” vertel Deon. “Gemeet, gekyk en mekaar in die gim aangemoedi­g.”

Kort voor lank het die vetjies begin wegsmelt en die spiere begin bult. Van- dag spog Deon met ’n skamele 6% liggaamsve­t.

Samuel het op sy beurt van ’n skraal tienerseun in ’n lenige jong man met breë skouers ontwikkel wat selfvertro­ue uitstraal.

“Ek voel baie energieker en reg vir die lewe. Ek is gelukkig en dis asof alles wat ek doen net soveel meer die moeite werd is,” sê Samuel. Die hoërskooll­eerder volg in sy ouers se kreatiewe spore en sien vanjaar uit na ’n skoolopvoe­ring van die Shakespear­e-drama Macbeth waarin hy die hoofrol losgeslaan het.

Ná meer as ’n jaar tel Deon en Samuel steeds die kilojoules en volg hulle elke dag, behalwe Sondae, hul eetplan.

Deon praat uit ervaring toe hy oor diëte sê: “Dit help nie jy straf jouself nie, want ná ’n ruk gaan jy ‘nee’ sê. Dit moet op ’n volhoubare manier gedoen word en dis hoe ons nou leef.”

‘Koebaai, stysel, suiwel en suiker’

HY WAS nog nooit oor- orgewig nie, maar die afgelope paar jaar het et die vetjies ongemerk rk om sy middelrif begin in saampak, vertel el Deon. “Ek het vier en ’n half jaar ge- elede ophou drink nadat ek op ’n punt gekom het waar ek eenvoudig ig net te veel gedrink het,” erken hy.

Die vars uitkyk wat dit hom op p sy lewe en loopbaan gegee het, sal al hy vir niks verruil nie. “Maar dit it het daartoe gelei dat ek meer be- egin eet het,” voeg hy by. “Dit was as vir my skrikwekke­nd toe ek my- yself sien soos ek geword het, want t dit was nie hoe ek aan myself lf gedink het nie.”

Die keerpunt het een oggend in n die stort gekom toe hy afkyk en n sy maag sien.

“‘ Wow, nee!’ het ek vir myself f gesê,” en met hande in die lug, die e vingers wyd uitgesprei, beduie hy y hoe dit hom in sy spore gestuit het. het “Dit was dit. Net daar het ek ’n streep getrek.”

Die inspirasie vir sy nuwe leefstyl kom toe ook sowaar van sy karakters. Deon is as skrywer en vervaardig­er betrokke by die kykNET-sepie Getroud met Rugby, gegrond op sy destydse gelyknamig­e dramareeks. Twee van die karakters in die sepie, Faffa Beltrame (gespeel deur Altus Theart) en Ike Mkhize (gespeel deur Fezile Mpele), het dieselfde eet-en-oefenplan in die sepie gevolg.

Deon volg toe sommer in sy karakters se spore en pak dieselfde program as hulle aan. In die werklike lewe het dit ysere wilskrag geverg om vas te byt.

“Drie maande lank het ek drie keer per week vroeg opgestaan,” onthou Deon. “Sjoe, maar ek was grommig, want ek is nie eintlik ’n oggendmens nie. Ek werk in die nag en bring baie tyd in my kantoor deur.”

Maar toe hy eers besef hy voel tuis in sy eie vel, het hy geweet die nuwe Deon is hier om te bly.

“Dis eintlik baie eenvoudig,” verduideli­k hy oor die eetplan. “Jy sê koebaai aan die drie s’e: koebaai, stysel, koebaai, suiwel en koebaai, suiker.

“Jy mag koolhidrat­e eet, maar nie dinge soos brood, rys en aartappels nie. En jy mag melk drink, maar dit moet laevetmelk wees en ook net ’n bietjie daarvan.”

Tog drink Deon later sy koffie met room daarin. “Dis die een ding wat ek myself myselfgun” gun,” verduideli­k verduideli­khy hy. “Ekmaakopan- “Ek maak op ander plekke in my eetplan opoffering­s, maar ek hou van ’n bietjie room in my koffie.”

Maar aan die soet versnaperi­ngs wat Janine aandra, raak hy nie.

Vra jy Deon en Samuel uit oor wat presies hulle eet, raak hulle opgewonde.

Soggens ná ’n oefensessi­e sluk hulle ’n skommel met aanvulling­s, melk of jogurt en twee rou eiers weg. ’n Oggendpeus­elhappie bestaan uit ’n porsie neute of ’n vrug en ’n tipiese middagete is ’n hoenderbor­sie, appel en ’n hand vol neute. Samuel sal sorg dat hy ’n koolhidraa­t soos bruinrys of pasta inkry. Saans eet hulle hoofsaakli­k proteïene soos rooivleis met groente of slaai daarby. As hulle koolhidrat­e eet, is dit soetpatats of bruinrys. Sondae is die dag wanneer hulle oortree. Dan eet hulle wat hulle wil, maar binne perke.

Nadat hulle die eetplan 12 weke lank streng gevolg het, het dit hul nuwe eetpatroon geword en Deon en Samuel hou steeds daarby. Wanneer hulle uiteet of vir ete genooi word, eet hulle wat ook al vir hulle voorgesit word.

Sy ma het net een keer dieselfde kos as hulle probeer eet, vertel Samuel laggend. “Toe sy die hoenderbor­sie met die bietjie slaai sien, vra sy: ‘Is dit nou dit?’ ”

Hy en Deon berei al hul kos self voor. Hy sorg darem dat Janine haar sousies en bederfies kry wanneer hy voor die kospotte staan, sê Deon. Al A sien sy nie self vir die streng eetplan ee kans nie, is Janine trots op die twee mans in haar lewe en dit wat wa hulle vermag het. “Dis die hoogtepunt ho van my dag om na Deon De te kyk wanneer hy uit die stort sto kom,” sê sy en lag. “En Sam, dit is net ongeloofli­k om te sien wat wa dit vir sy selfvertro­ue beteken het. het Ons is so trots op hom.” Deon D kyk liefdevol na Samuel. “Ek is gelukkig om Sam te kon kry. Hy gee betekenis in my lewe.” Ook O sy jongste projek, Jou Sondag Drama, lê hom na aan die hart. Deon Deo en sy jare lange kollega Soné Combrink Com is die vervaardig­ers van dié reeks wat uit 13 alleenstaa­nde flieks fliek bestaan wat vir televisie gemaak ma is. Dit wissel van ernstige dramas dram tot ligte romkoms met bekende ken akteurs soos Marius Weyers, Sandra San Prinsloo en Amalia Uys. Gesoute sou én debuutskry­wers het gewerk gew aan die draaiboeke waarvan party splinternu­ut spli is, terwyl ander uit bestaande verhoogstu­kke verwerk is. “Die flieks is baie mooi gemaak,” sê Deon. “Elkeen van hulle het gevoel. Ek sê altyd jy moet mense iets laat voel, want dan eers sal hulle oor iets begin dink.”

Blaai na bl. 50 om meer te lees oor die 13 TV-flieks van Deon se projek Jou Sondag Drama wat op Sondag 20 Januarie om 20:00 op kykNET begin.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die skrywer Deon Opperman en sy seun, Samuel, wys hul spiere. BO: Voor hulle in September 2017 met ’n oefen- en eetprogram begin het.
HOOFFOTO: Die skrywer Deon Opperman en sy seun, Samuel, wys hul spiere. BO: Voor hulle in September 2017 met ’n oefen- en eetprogram begin het.
 ??  ??
 ??  ?? Deon en sy vrou, die komponis Janine Neethling, saam met Samuel buite hul huis op Onrus.
Deon en sy vrou, die komponis Janine Neethling, saam met Samuel buite hul huis op Onrus.
 ??  ?? Samuel en Deon saam met hul persoonlik­e afrigter, Daniel Bishop, wat die pad saam met hulle stap.
Samuel en Deon saam met hul persoonlik­e afrigter, Daniel Bishop, wat die pad saam met hulle stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa