Huisgenoot

Oorlede Duluxhond se eienaar vertel

-

JARE lank het dié aanval lige televisies­ter Suid-Afrikaners bekoor. Met sy stewige lyf en lang, syagtige lokke wat oor sy oë hang, het hy harte gesteel en ons met sy manewales op die skerm laat lag. So oulik was hy dat hy selfs huis verf na pret laat lyk het . . . Maar nee, dis nie die aantreklik­e aanbieder van ’n TV-program nie. Ons praat van Oscar, beter bekend as die “Duluxhond”. Dié Ou Engelse skaaphond met die tipiese wollerige voorkoms van sy ras het hoeka soos ’ n vierpotige verfmop gelyk wanneer hy stertswaai­end amok maak terwyl sy “eienaars” in die bekende Dulux-advertensi­e hul huis ’n nuwe baadjie probeer gee.

Maar ná ’n glansryke loopbaan het Oscar se lewe tot ’ n einde gekom. Sy gesondheid het die afgelope twee jaar geleidelik verswak en kort voor Kersfees moes sy mensema en “bestuurder”, Sue Green, die moeilike besluit neem om hom onnodige lyding te spaar.

“Hy was ’n liefdevoll­e hond met die mooiste geaardheid,” sê Sue in haar huis in Glenvista, Johannesbu­rg, waar Oscar sy lewe weg van die stel af deurgebrin­g het.

Sue se huis is ’n hondehemel. Ons word begroet deur nog drie honde wat op ’n haar na Oscar lyk. Jazmine, Yola en O Orion is immers ook kO Ou Engelse l skaapk honde. Sy was van kleins af verlief op dié tipe honde, verduideli­k Sue. En dis g’n wolhaarsto­rie nie, want sy wys vir ons ’n hoed en serp wat sy laat weef het van die hondehare wat sy oor die jare uitgeborse­l en gebêre het.

Soos die nou ontslape Oscar is die ander skaaphonde meer as net oulike gevreetjie­s. Yola het al in ’n gedrukte Dulux-advertensi­e verskyn en Jazmine in ’ n advertensi­e vir die vrugtesapv­ervaardige­r Capri-Sonne.

Oscar het egter die kalklig gesteel. Oor ’n tydperk van byna ’n dekade was hy die ster van vier verskillen­de advertensi­es wat vir Dulux vervaardig is. En sy nalatenskl­ap sal voortleef, want Orion, wat nog net 11 maande oud is, gaan in Oscar se groot spore volg. “Ek is so bly Dulux

Oscar, die Duluxhond, se mensema vertel van sy besonderse aard Deur JANA WENTZEL Foto’s: ROWYN LOMBARD

het besluit om aan te hou om saam met ons te werk,” sê Sue.

Oscar het, soos die ander honde, hospitale, skole en ouetehuise besoek om liefde te gee waar nodig.

Sue noem haar vierpotige span, vir wie sy ma, afrigter en bestuurder is, die JOY-honde – en dis maklik om te sien waarom. Die naam JOY is saamgestel uit die eerste letter van elke hond se naam en spreek van die vreugde wat hulle gee.

ALS het begin toe sy as kind klein Engelse skaaphondj­ies in ’n televisiea­dvertensie gesien het, vertel Sue. Sy het op die plek besluit sy sou eendag ook so ’n hond hê. Dié droom is op die ouderdom van 24 bewaarheid. “Ek het destyds met ’n ou uitgegaan wat self ’n Engelse skaaphond gehad g het. Hy het my aangemoedi­g om een e te koop,”vertel sy.

Die verhouding het nie gehou nie, maar m Mack, soos sy haar eerste skaaphond h gedoop het, was aan haar sy tot sy dood d op die ouderdom van 10.

Intussen het Sue egter nog skaaphonde d begin aanskaf. Sy het een van hulle, Max, M se foto na ’n werwingsag­entskap vir vierpotige v advertensi­eakteurs gestuur, waar w hy raakgesien is en in 1999 die eerste s van Sue se “Duluxhonde” geword het. Max M was dus in werklikhei­d die eerste Duluxhond. D

Mettertyd het Max se aftreetyd nader gekom g en so 10 jaar gelede het Sue vir Oscar O uit België laat invoer. Die wit-engrys g bondeltjie was toe maar net drie maande m oud, maar reeds so groot soos ’n volwasse Jack Russell-hond, beduie sy.

“Dit was nooit moeilik om Oscar op te lei nie; hy het baie vinnig geleer,” vertel Sue. “Die eerste fase van opleiding fokus op sosialiser­ing en goeie gedrag.” Ou Engelse skaaphonde is intelligen­t en leer maklik, sê Sue. “Hulle kan selfs lees, kyk!”

Uit haar buidelsakk­ie haal sy ’n kaartjie waarop die woorde “sit” en “lê” in groot letters gedruk is. Wanneer sy die kaartjies vir die honde wys, gehoorsaam hulle die geskrewe opdrag. Dan wys sy ’n kaartjie met die syfer 11 vir Jazmine. “Hoe oud is jy?” vra sy – en Jazmine antwoord met 11 blawwe.

Sue vertel dit is maar ’n paar van die toertjies wat Oscar en die ander JOYhonde vir besoeke aan skole, hospitale en ouetehuise bemeester het.

Wanneer Oscar fluks geleer het, is hy met eetgoedjie­s beloon. Op ses maande het hy al winkelprom­osies vir Dulux gedoen en kort daarna was hy gereed vir die televisiek­ameras.

Op die stel was daar altyd ’n eie “stilis” byderhand wat moes sorg dat hy op sy beste lyk. “Oscar was baie profession­eel. Hy het geweet hy is spesiaal en het hom goed gedra op die stel,” vertel Sue trots.

Wanneer Oscar iets spesifieks vir die kamera moes doen, het dit wel ’n bietjie ekstra moeite geverg – soos vir sy laaste advertensi­e. “Hy moes sy regterpoot op die verfblik sit, maar het elke keer sy linkerpoot opgesit. Die toneel moes baie kere oorgeskiet word. Maar toe hy dit regkry, het almal hande geklap.”

Benewens vier plaaslike advertensi­es het hy ook ’n internasio­nale ster geword toe hy in ’n advertensi­e vir Dulux se Britse maatskappy verskyn het. Vir die Britse advertensi­e moes hy blaf. “Maar Oscar wou eers niks weet nie. Ek het toe agtergekom hy blaf tuis altyd wanneer die vullis verwyder word. Toe leer ek hom om te blaf wanneer ek die woord ‘vullistrok’ sê. Dit het soos ’n bom gewerk!”

Hy was al ook akteur in ’n kykNETprog­ram oor die versorging van troeteldie­re. En soos dit ’n ster betaam, is hy selfs in Top Billing gesien . . .

WEG van die stel was hy net nog ’n hond wat lief was vir speel en lang slapies. Vir sy eerste verjaardag het Sue hom en sy sibbes na KFC geneem en met hoenderstu­kke bederf.

Die honde slaap altyd saam met Sue op haar waterbed. “Ek onthou nog hoe kwaad ek was toe Oscar eenkeer my waterbed laat lek het omdat hy so rof daarop gespeel het. Ek moes ’n nuwe een uit Amerika bestel.

“Oscar was ook lief daarvoor om rond te ry. Mense het dikwels uit hul motorvenst­ers vinger gewys na die groot honde in my kar of selfs foto’s geneem.” Sy wys vir ons vakansiefo­to’s waar die honde op die strand by Ballito in KwaZulu-Natal baljaar. Ook op straat het mense hom herken. “Mense het gesê hulle kan nie glo hulle sien hom in lewende lywe nie.”

Hy het duidelik die aandag en kopvrywe geniet, vertel Sue. Tydens winkelprom­osies het kinders gevra of hulle Oscar se pootafdruk op papier as “handtekeni­ng” kan kry. Dit was nooit nodig om Oscar twee keer te vra nie . . .

Ongelukkig het hy geen nasate nie. Sue het verskeie kere probeer om met Oscar te teel, maar sonder sukses.

“Hy was werklik net in ’n klas van sy eie. Hy was uiters spesiaal en regtig merkwaardi­g,” sê Sue met ’n groot glimlag. “Hy het so baie mense se lewe geraak en net ’n spesiale soort teenwoordi­gheid gehad.”

 ??  ?? Sue Green, die Duluxhond Oscar se mensema, en haar ander drie hondekinde­rs. Van links is Orion, Yola en Jazmine. ONDER en LINKS ONDER: Sy moes Oscar leer om sy poot op die verfblik te sit vir die Dulux-advertensi­e.
Sue Green, die Duluxhond Oscar se mensema, en haar ander drie hondekinde­rs. Van links is Orion, Yola en Jazmine. ONDER en LINKS ONDER: Sy moes Oscar leer om sy poot op die verfblik te sit vir die Dulux-advertensi­e.
 ??  ?? Sue weef produkte van haar honde se hare en het ook ’n boek oor Oscar se lewe geskryf.
Sue weef produkte van haar honde se hare en het ook ’n boek oor Oscar se lewe geskryf.
 ??  ??
 ??  ?? Orion, Yola en Jazmine lees die kaartjies in Sue se hand.
Orion, Yola en Jazmine lees die kaartjies in Sue se hand.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa