Huisgenoot

Christian Bale se toespraak laat oë rek

Hy het ’n Golden Globe gewen vir sy spel as Dick Cheney in die fliek Vice, maar sy toespraak het die oë laat rek

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

HY HET eenkeer soveel gewig vir ’n fliekrol afgeskud en so swak geword dat hy skaars ’ n stel trappies kon uitklim. Enkele maande later het hy weer die gewig aangesit en met bultende arm- en maagspiere ’n swart masker en mantel aangetrek om die skurke van Gotham City aan te vat.

Vir die akteur Christian Bale was hierdie gedaantewi­sselings nog nooit iets vreemds nie, maar in sy jongste rol neem die verkleurma­nnetjie dit selfs verder.

Die akteur het 27 kg aangesit om die omstrede voormalige Amerikaans­e adjunkpres­ident Dick Cheney te speel in die opspraakwe­kkende nuwe fliek Vice. Boonop het hy ’n blink bleskop en hy boots die politikus se kenmerkend­e skor stem foutloos na.

Die kritici is dit eens: Hy speel nie net Cheney nie – hy wórd die man.

Dit lyk of die Britse ster een van die gunsteling­e in die 2019-prysseisoe­n sal wees nadat hy onlangs een van die grotes opgeraap het: die Golden Globe-prys vir beste akteur.

Maar sy toespraak het die wenkbroue laat lig, want hy het met ’n allervrees­like beskrywing na die politikus verwys.

“Dankie aan Satan wat my inspirasie gegee het oor hoe om hierdie rol te vertolk,” het hy laat hoor.

Die voormalige adjunkpres­ident het onder oudpres. George W. Bush gedien en was ’n sleutelfig­uur in die “oorlog teen terreur”, die besluit op ’n meeluister­program vir Amerikaans­e burgers en die marteling van die Amerikaans­e Intelligen­siediens se aangehoude­nes. Hy word as die invloedryk­ste Amerikaans­e adjunkpres­ident nóg beskou.

Vir die fliek se regisseur, Adam McKay, was dit ’n maklike besluit om sy vriend Christian vir die rol te kies.

“Wat hy eintlik doen, is om iemand sielkundig uitmekaar te haal en weer aanmekaar te sit,” sê hy. “Ek het nog nooit iemand so hard daaraan sien werk nie. Dis ongeloofli­k om te aanskou.”

Tog is daar een persoon wat die akteur, en sy toespraak by die Golden Globes, nie kan verdra nie. “Christian Bale het eindelik die kans gehad om ’n ware superheld te speel,” het Dick se dogter, die Republikei­nse politikus Liz Cheney (52), aan Fox News gesê. “En hy het dit duidelik verbrou.”

ONDANKS sy sukses op die prysaand – en sy tweede Oscar wat moontlik wink – is daar dae wanneer Christian dit verpes om ’n akteur te wees. “Wanneer ek daarvan hou, is ek dol daaroor. Wanneer ek dit haat, kan ek dit nie verdra nie,” het hy aan Hollywood Reporter gesê.

“Dis net walglik, hierdie beroep wat deur ydelheid aangedryf word. Ek haat dit soms. En dan kry ek iets en sê: ‘Ja, vergeet alles wat ek pas kwytgeraak het. Ek wil dit weer doen.’ ”

Dié seun van ’n Britse sirkusarti­es-ma en ’ n Suid- Afrikaans gebore talentbest­uurder-pa was net 11 jaar oud toe hy

sy eerste groot rol in Steven Spielberg se rolprent Empire of the Sun losslaan.

Saam met sy deurbraakr­ol het die geld ingestroom – hope daarvan.

“Ek het gedink: ‘My familie kan dit beslis gebruik!’ ” sê hy. “Dit het hierdie ding geword waar ek voel: ‘O, ek kan hiermee werklik voorsien.’ En dit gaan met ’n gevoel van trots gepaard om dit te kan doen. Maar op so ’n jong ouderdom is dit ook soos ’n tronk.”

Hy het in talle ander flieks gespeel voor hy die hoofrol in die 2000-lokettreff­er American Psycho gekry het.

Christian het sy eerste groot gedaantewi­sseling vir dié riller ondergaan en obsessief geoefen om spiere te bou.

“Oefen het my lewe oorgeneem,” vertel hy. “Ek het heeltemal behep daarmee geraak om oor die liggaam, dieet en die gim te praat. En dit het my ook veroordele­nd oor ander mense se lywe gemaak.”

Hy het sy reputasie bevestig as akteur wat tot uiterstes gaan met sy rol as ’n fabriekswe­rker wat aan slapeloosh­eid ly en met hallusinas­ies sukkel in die 2004-fliek The Machinist – vir dié rol het hy amper 30 kg afgeskud.

“Wanneer jy so maer is dat jy skaars ’n stel trappies kan klim, is dit asof jy jou liggaam verlaat het,” sê hy. “Dit was die Zen-agtigste toestand waarin ek al ooit in my lewe was.”

Maar dit was sy rol as die ikoniese superheld Batman in Christophe­r Nolan se Dark Knight-reeks wat hom supersters­tatus besorg het.

“Ek het gemengde gevoelens omtrent roem. Dit het alles verander. Ek het ’n lang ruk daarmee geworstel. Ek sukkel steeds soms daarmee. Maar ek leer om net die goeie dinge te aanvaar.”

MAAR nie net goeie dinge is in Christian se verlede nie.

Ná sy toespraak by die Golden Globes het Liz Cheney ’n ou nuusstorie op Twitter gedeel en daarby geskryf: “Satan het hom waarskynli­k ook geïnspiree­r om dit te doen.”

Die hoofopskri­f van die storie oor die Batman-akteur se skandaal in 2008 het gelui: ChristianB­aleinhegte­nisviraanr­andingopma­ensuster.

Volgens Harrison Cheung, die akteur se voormalige persoonlik­e assistent, het dit alles begin met ’n gestry oor die telefoon tussen Christian se vrou, Sibi Blazic, en sy ma, Jenny, waartydens laasgenoem­de die foon neergesit het.

Vier maande later was Christian in ’n “plofbare rusie” betrokke met Jenny en sy suster Sharon by ’n hotel in Londen, het Daily Mail berig.

“Hy het net gekom vir ons,” het Sharon aan die publikasie gesê. “Ons het nie enigiets gesê of gedoen nie. Ons het eers gedink hy maak ’n grap en dit probeer aflag, maar dit het alles net vererger.”

Die vroue het die voorval by die polisie aangemeld en Christian het homself vir ondervragi­ng oorhandig. Hy is nooit aangekla nie vanweë onvoldoend­e bewyse.

“Hy aanbid Sibi en sal haar met sy lewe beskerm,” sê Harrison. “As hy voel iemand het haar beledig, sal dit hom tot breekpunt dryf.”

Christian en Sibi (48) is in 2000 in Las Vegas getroud. Hulle het mekaar ontmoet toe Sibi as die aktrise Winona Ryder, Christian se vriendin, se persoonlik­e assistent gewerk het.

“Ek het nooit beplan om te trou nie,” erken hy. “Almal in my familie is geskei; daarom het ek nie baie gesonde idees oor die huwelik gehad nie.”

Maar dit het verander toe Sibi in sy lewe kom. Die paar het twee kinders, ’n dogter Emmeline (13), en ’n seun, Joseph (4).

Christian was vol lof vir sy vrou in sy toespraak by die Golden Globes. “Aan my beeldskone vrou wat my geleer het minder is meer. Sy weet watter twak soms uit my mond kan kom. Ek kan ’n goeie fliek en ’n so-so loopbaan in een toespraak sink; dus dankie vir daardie raad, my lief.

“Ek sou nie gewerk het sonder jou nie. En dankie vir ons pragtige kinders, Banana en Burrito. Hulle het my ’n liefde gegee wat ek nooit gedink het moontlik is nie.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Christian Bale nadat hy ’n Golden Globe gewen het vir sy rol as die voormalige adjunkpres­ident van Amerika Dick Cheney in sy nuwe fliek, Vice. BO: So lyk hy as Cheney in die prent.
HOOFFOTO: Christian Bale nadat hy ’n Golden Globe gewen het vir sy rol as die voormalige adjunkpres­ident van Amerika Dick Cheney in sy nuwe fliek, Vice. BO: So lyk hy as Cheney in die prent.
 ??  ?? Christian saam met sy vrou, Sibi Blazic. Die egpaar is al 19 jaar getroud.
Christian saam met sy vrou, Sibi Blazic. Die egpaar is al 19 jaar getroud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa