Huisgenoot

Kommer oor gekwelde Derick Hougaard

Ná die Loftusvoor­val werp bekommerde ingeligtes na aan die oud-Bok lig op sy uitdagings en gekwelde gemoed

- Deur JANA VAN DER MERWE (Blaai om)

DIT het gelyk of die voormalige Lief ling van Loftus se donker dae agter die rug is. Hy het nuwe liefde by die pragtige sangeres Nádine gevind en dit wou voorkom of Suid-Afrika se eie Becks eindelik sy Posh gevind het.

Aanhangers in wie se hart die oudSpringb­ok Derick Hougaard al as rugbygroen­tjie met sy aantreklik­e voorkoms en goue skopskoen ingekruip het, was verheug. Dit wou blyk ’n nuwe hoofstuk van liefde en geluk het vir die uitgetrede sportster aangebreek.

Maar Nádine se onlangse Facebookin­skrywing op 3 Januarie, op die vooraand van haar geliefde se 36ste verjaardag, het getuig van seer en swaarkry agter die oënskynlik­e soet: “Happy birth

day môre, my Dirks! Mag hierdie dag jou mooiste nóg wees. Mag trane in geluk verander. Mag ongeluk jou nader aan die beste van alles bring. Mag hierdie metamorfos­e een vir die boeke wees.”

Ingeligtes naby aan Derick beaam die oud- Bok gaan deur ’ n moeilike tyd. Trouens, hulle is bekommerd oor hom.

“Ek het al vir Derick gesê: Kom sit by my; ek sal jou help,” vertel ’n eens hegte vriend van Derick. “Ek wou hom nog altyd help. Die vraag is net: Wil hy gehelp word?”

Nog twee vriende bevestig Derick is nie tans op ’n goeie plek in sy lewe nie.

Dat Derick in onlangse jare swaar getrek het ná verskeie terugslae was g’n geheim nie. Eers is sy rugbyloopb­aan kortgeknip nadat hy in 2010 die achilleste­ndon van daardie einste skopvoet geskeur het. In 2015 het sy huwelik met die sangeres Karlien van Jaarsveld op die rotse beland. En in 2017 is sy kontrak as mede-aanbieder van Kobus Wiese se rugbygesel­sprogram beëindig.

Sy inskrywing­s in die sosiale media het soms van pyn en melancholi­e gespreek. Maar toe die vriendskap tussen hom en Nádine net meer as ’n jaar en ’n half gelede in ’n verhouding ontwikkel, het dit gelyk of die moeilike tye verby is.

En toe, kort voor Kersfees verlede jaar, gons dit ná ’n video wat Karlien op Instagram geplaas het. Hierin het sy haar meer as 200 000 volgelinge om hulp gevra nadat Derick glo op ’n Jacaranda FM-Kersgeleen­theid op Loftus Versveld in Pretoria “vallende dronk” gesien is. Die twee se tweelingse­uns (nou 5) was in sy sorg en Karlien het huilend in haar video gesê hy het saam met die kinders verdwyn.

Karlien se ma, Ronel Brink, het gou daarna in die sosiale media laat hoor De-

rick i kkii is opgespoor en d dat tdi die ki kinders d veilig ili by hom was, maar dit was nie die einde van die drama nie. Onder die opskrif “Die Volle Waarheid” het Karlien toe op Facebook geskryf: “Dit was die langste uur van my lewe.” Sy het in haar inskrywing beweer Derick was aan pille en drank verslaaf en dat hy al in ’n rehabilita­siesentrum was.

Derick het aan Huisgenoot ontken dat hy ’n drankprobl­eem het, maar nie kommentaar gelewer op die bewering dat hy pille misbruik het of in ’n rehabilita­siesentrum was nie.Hy het ook ontken dat die seuns in gevaar was.

Sy seuns sou Kersfees by hom en Nádine in Pretoria deurgebrin­g het, maar weens die voorval by Loftus het dit toe nie gebeur nie.

’n Bron naby aan Derick en Nádine vertel dis vir hom swaar. “Die Kersgesken­ke vir sy kinders staan nog net so onder die Kersboom.”

Teen druktyd het Derick nog nie weer sy seuns sedert die voorval in Desember gesien nie.

Skaars het die stof oor die Loftusinsi­dent gaan lê of Derick het aan Netwerk24 bevestig hy is sowat ’n maand vantevore weens beweerde dronk-, roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem nadat hy sowat 100 m van sy huis in sy woonkomple­ks teen ’n ander motor gebots het.

“Ek sal my pak soos ’n man vat,” het hy oor die klagte teen hom gesê. Hy het die hoop uitgespree­k dat die motorongel­uk nie sy aansoek om ’n afrigtersp­os by die Blou Bulle sal sink nie, maar Huisgenoot het sedertdien verneem sy aansoek is wel afgekeur.

En nou wonder aanhangers: Wat gaan met Derick aan? En hoekom is daar soveel “trane” en “ongeluk” soos Nádine dit in haar verjaardag­boodskap beskryf het?

DERICK was net 19 toe hy in 2002 vir die Blou Bulle op losskakel begin speel het. Met sy Springbokd­ebuut in die 2003- Wêreldbeke­rtoernooi was hy 20.

Gou het ’n liefdesver­houding tussen hom en die Suid- Afrikaanse rugbypubli­ek ontwikkel. Op Loftus het Gé Korsten se Liefling oor die luidspreke­rs weerklink elke keer wanneer hy die bal deur die pale klits.

In 2009 het hy plaaslike rugby vir Britse klubrugby verruil – eers by die Leicester Tigers en toe Saracens. Dit was in 2010 tydens ’n wedstryd vir die Saracens dat hy sy achilleste­ndon geskeur het – die besering wat in ’n oogwink sy lewe verander het.

Op 30 het Derick finaal besluit om sy stewels weg te pak.

Terug in Suid- Afrika het hy op Maandagaan­de saam met Kobus Wiese rugby op televisie gesels terwyl hy sy toekoms beplan het.

Toe kom die romanse met Karlien en in 2013 is hulle getroud. Suid-Afrika het ’n nuwe glanspaar gehad en kort daarna was die tweeling daar om hul lewe te verryk.

In 2015 het Karlien ’n miskraam gehad, en in dieselfde jaar is die voormalige rugbyster en die blondekops­angeres geskei.

Praat jy vandag met Derick se vriende, klink dit egter of die ongelukkig­heid en drama in onlangse jare nie net aan sy egskeiding toegeskryf kan word nie. Die verlies van sy rugbyloopb­aan en die juigende skares het moontlik baie daartoe bygedra.

Derick self het in Junie 2013 in

‘Derick kies nie die lewe nie. Die ou moet wakker word’

onderhoud met Rapport erken die besering – wat hom vandag steeds moeilikhei­d gee – het hom “geknak” en dat hy in ’n donker depressie verval het.

Ook aan Huisgenoot het hy destyds erken hy het ná die besering terneerged­ruk geraak en dat dit sy verhouding met Karlien beinvloed het nog voor hulle getroud is. “Ek was depressief en op ’n diep, , donker plek omdat ek nie meer my y rugbydroom kon uitleef nie.

“Die newe-effekte van die medi- - syne en die wete dat ek nooit weer profession­eel sou speel nie, het my geknak.”

Derick het in dieselfde onderhoud erken hy kon nie sonder pille klaarkom nie.

“Ek het elke dag sterk pynpille gedrink, inspuiting­s gekry en afhanklik geraak van slaappille. Ek kon nie cope nie. Dit het gevoel ek’s op die afdraande pad.”

Hy het in Desember verlede jaar die vierde operasie in vyf jaar aan sy achilleste­ndon ondergaan en moes telkens kwaai pyn verduur.

Volgens ’n ingeligte bron was dit juis tussen dié operasies deur dat hy van die pynpille wat hy geneem het afhanklik geraak het, asook van slaappille.

Sy eens hegte vriend, ’n bekende sportperso­onlikheid, vertel Derick kon ná sy besering nie weer sy lewe agtermekaa­r- agtermekaa­r kry nie. “Die ding is, baie ouens raak aan die

limelight gewoond. Ek kry hulle jammer. Op 19 was Derick on top of the world. Niemand het toe vir hom gesê dat dit nie altyd die geval sal wees nie en dat hy karakter moet bou nie.

“Toe hy dus sy achilleste­ndon skeur en op 30 uittree, het hy ernstige verwerping ervaar. Wat doen hy toe? Hy bounce back en trou met ’ n celebrity en hulle word die Beckhams van Suid-Afrika.

“Dit was die verkeerde besluit om aan roem te wil vashou. Baie ouens wil dit nie prysgee nie. Hulle wil nie sê hulle is net ’n doodgewone ou wat nie staatmaak op dit wat die wêreld van hulle dink nie. “Ek verstaan verwerping. Ek kan my indink die teleurstel­ling moes massief wees.” Maar die vriend voeg by: “Derick kies nie die lewe nie. Die ou moet wakker word. Dit is die bottom line.”

DERICK ontken hy het ’n drankprobl­eem en ’n bron naby aan hom beaam dit. “Na my mening m het Derick nie ’n drankprobl­eem drankprobl­ee nie. Derick is ’n geleenthei­dsdrinker; hy was opgewonde oor die nuwe werkaanbod en die feit dat hy sy kinders vir die vakansie sou kry en het dit gevier,” sê sy met verwysing na die Jacaranda FM-voorval.

Huisgenoot verneem Derick het daardie dag nog geglo sy aansoek om die Blou Bulafrigte­rspos sou suksesvol wees.

“En as ’n mens in ag neem dat hy al vier operasies aan sy hakskeen gehad het, die laaste een baie onlangs, kan jy hom seker nie verkwalik dat hy medikasie teen die pyn gebruik nie,” sê die bron.

“Die Derick wat ek ken, het ’n goeie hart, gee vir mense om en sal altyd die mindere wees om ander te beskerm.”

Dié bron voeg by: “Hy lyk goed. Ek het

nou die dag nog vir hom gesê: ‘Derick, jy lyk beter as ooit.’ ”

Maar sy erken sy is besorg oor hom. “Maar nie weens pille of drank nie. Ek is eerder bekommerd oor sy geestestoe­stand omdat hy hard probeer om gelukkig te wees. Maar sommige mense maak dit moeilik vir hom om met sy lewe aan te gaan.”

Volgens haar word Nádine ook deur die drama geraak, maar die sangeres ondersteun haar geliefde steeds. “Nádine huil wanneer hy huil en probeer hom positief hou wanneer dinge vir hom te veel raak.”

’n Vriend van die oud-Bok sê sy probleme “gaan baie dieper” as die onlangse voorval en dat sy naaste vriende baie besorg is.

“Ek dink dit is deel van die lewe van ’n rugbyspele­r om ná ’n besering weer dieselfde energie terug te kry. Dis ’n moeilike ding vir enige speler – veral ná die vlak waarop Derick was.

“Die salaris wat hy net ná skool begin verdien het, is baie dieselfde as die salaris wat mense ná 10 of selfs 15 jaar van werk verdien, as dit so baie is. Om dit dan vol te hou of volhoubaar te doen is nie maklik k nie.” Hy voeg by: “Natuurlik het verkeerde db besluite l it ’ ’n rol lg gespeel.” l”

Die vriend wil nie uitwei oor wat dié “verkeerde besluite” was nie, maar sê sy raad aan Derick is om die lewe net stap vir stap te neem. “Dag vir dag, nes jy ’n olifant eet. Geleenthed­e daar buite is volop.

“Hy moet net weer in homself glo. Hy moet vasstel wat hom laat tick. Jy moet jouself ken om te weet wat presies dit is, en ek dink dis die groot soeke waarmee Derick steeds worstel.”

Die oud-Springbok Kobus Wiese, saam met wie Derick tot in 2017 vir Superrugby kommentaar gelewer het, ken die uitdagings daarvan om ná jou speeldae vir jou ’n nuwe loopbaan te bou maar te goed.

“Dit is net genade dat ek meer goeie as swak besluite geneem het. My vrou het in my geglo. Ek het mense om my gehad wat in my geglo het. Ek het nie harder gewerk as ander nie, maar ek het altyd probeer om uit my foute te leer.”

Danksy sy voorliefde vir kos maak is Kobus deesdae die suksesvoll­e eienaar van die Wiesenhof-koffierest­aurantfran­chise.

“Dis nie net rugbyspele­rs en beroepspor­tmense wat met veranderin­g worstel nie. Dis ’n menslike ding. Elke mens se persoonlik­heid is anders. Vir party neem dit baie langer as ander. Besef net jou lewe is nie verby nie . . .

“Dit gaan nie oor hoe hard jy val nie; dis hoe jy opstaan wat tel.”

OOK Derick se ma, Riana, het in ’ n stadium haar stilte verbreek oor die gegons oor haar seun in die sosiale media: “Almal moet net grootword,” het sy op Netwerk24 laat la hoor. Maar by Derick se ouerhuis h op Piketberg wil sy pa, Bontes B Hougaard, nie praat oor oo die uitdagings waarmee sy seun gekonfront­eer word nie. ni “Dalk eendag, maar nie nou no nie. Al waaraan ons op die oomblik oo dink, is ons kleinkinde­rs.” ki nD Derick se eertydse vriend is reguiter: reg “Ek weet Derick se ma bid haar knieë deur vir hom. hom Sy is ongeloofli­k lief vir hom.” h En wat sê Derick? Kort K t nadat dt hy ná sy operasie in Desember uit die hospitaal ontslaan is, het hy aan Rapport gesê hy kon die afgelope ses maande nie oefen nie, hy het gewig aangesit en moes slaappille drink omdat die pyn hom wakker hou. Hy het Huisgenoot se versoek om ’n openhartig­e onderhoud van die hand gewys, maar in ’n WhatsApp-boodskap aan Huisgenoot erken hy het bemoedigen­de woorde nodig nadat hy ná verlede jaar se voorval in die media aangevat en toe gekritisee­r is. “Dit breek my en neem my en my geliefdes deur ’n swaar tyd. Maar dit sal oukei wees,” sê hy. “Geduld . . . Die wiel draai soms. Mense se oë sal oopgaan.” Hy voeg by hy is vasbeslote om vanjaar sy lewe weer op koers te kry en sê intussen “moet ek ’n man wees. “Ek het dalk te lank op drome gefokus en nie genoeg op die werklikhei­d nie. Dit gaan nou verander en in 2019 sal ek weer lag.”

‘Nádine huil wanneer hy huil en probeer hom positief hou’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: HOO Vriende Vrie is bekommerd mer oor die oudBok Derick Hougaard. gaa LINKS: Ook Suid-Afrikaners was in Desember sem besorg toe sy eksvrou, Karlien Kar van Jaarsveld, Jaa in die sosiale sos media beweer bew dat Derick ric met hul tweelingse­uns tw “verdwyn” “ve het. REGS: RE Derick hete he op dieselfdee de aand in reaksiee re daarrop ’n ’ foto op Twittertt Twitt geplaas om te wys dat die si- tuasie onder beheer is.
HOOFFOTO: HOO Vriende Vrie is bekommerd mer oor die oudBok Derick Hougaard. gaa LINKS: Ook Suid-Afrikaners was in Desember sem besorg toe sy eksvrou, Karlien Kar van Jaarsveld, Jaa in die sosiale sos media beweer bew dat Derick ric met hul tweelingse­uns tw “verdwyn” “ve het. REGS: RE Derick hete he op dieselfdee de aand in reaksiee re daarrop ’n ’ foto op Twittertt Twitt geplaas om te wys dat die si- tuasie onder beheer is.
 ??  ??
 ??  ?? Derick se seuns sou die Kersvakans­ie by hom deurgebrin­g het, maar ná die voorval is hul kuier kortgeknip en het hul geskenke onder die Kersboom agtergebly.
Derick se seuns sou die Kersvakans­ie by hom deurgebrin­g het, maar ná die voorval is hul kuier kortgeknip en het hul geskenke onder die Kersboom agtergebly.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Derick se meisie, die sangeres, Nádine, het te midde van die herrie met Karlien op die vooraand van sy 36ste verjaardag vir hom ’n voorspoedi­ge boodskap op Instagram geskryf. LINKS, ONDER en REGS: Die twee is al meer as ’n jaar en ’n half ’n paartjie.
BO: Derick se meisie, die sangeres, Nádine, het te midde van die herrie met Karlien op die vooraand van sy 36ste verjaardag vir hom ’n voorspoedi­ge boodskap op Instagram geskryf. LINKS, ONDER en REGS: Die twee is al meer as ’n jaar en ’n half ’n paartjie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Riana en Bontes Hougaard, Derick se ouers wat op Piketberg woon, staan hom deurgaans deur die moeilike tye by. REGS: Karlien se ma, Ronel Brink, was nog altyd daar vir haar dogter.
BO: Riana en Bontes Hougaard, Derick se ouers wat op Piketberg woon, staan hom deurgaans deur die moeilike tye by. REGS: Karlien se ma, Ronel Brink, was nog altyd daar vir haar dogter.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa