Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Hy het al teenoor Hollywoods­terre soos Daniel Radcliffe, James Corden en Claire Danes toneelgesp­eel. En nou kan James Alexander, wat kykers as dr. Rico Maartens in die kykNET-sepie Binnelande­rs sal onthou, Keanu Reeves by hierdie indrukwekk­ende lys voeg.

In die aksiefliek Siberia vertolk James die rol van ’n diamantsmo­kkelaar, Vincent, en Keanu is te sien as die diamanthan­delaar Lucas. Die fliek is in 2017 in Rusland en Kanada verfilm en moet nog in Suid-Afrika uitgereik word.

“Keanu het ’n reputasie in Hollywood dat hy ’n niceguy is en James sê dis regtig die geval,” vertel James se vrou, die ewe talentvoll­e aktrise en rolprentve­rvaardiger Anel Alexander. Sy het self vir Keanu aan die einde van 2018 by ’n intieme voorskou ontmoet voor Siberia in Amerika uitgereik is. “Ons het heerlik oor die maak van rolprente en Afrikaans gesels. In die fliek sê Keanu se karakter ’n paar woorde in Afrikaans.”

James en Anel is in 2016 uit Suid-Afrika weg om in Los Angeles, Amerika, te gaan nesskop. “Ons is dol oor LA,” vertel sy oor dié diverse, kosmopolit­iese filmstad. “Maar dié skuif was regtig die moeilikste ding wat ons nog moes doen. Om op ons ouderdom op alle vlakke van jou lewe oor te begin is nie vir sissies nie.”

Anel fokus deesdae op haar loopbaan as vervaardig­er. Sy werk agter die skerms aan verskeie produksies. “Ek werk myself oor ’n mik, maar ek leer ontsettend baie en word ’n unieke uitkykpunt op Hollywood gegun wat min Suid-Afrikaners te sien kry. Ek mis dit wel vreeslik om toneel te speel. Ek hoop 2019 hou vir my ’n lekker rol in en dit sal ’n bonus wees as dit my terugneem Suid-Afrika toe.”

Al bou hulle nou aan ’n blink nuwe loopbaan daar doer, verlang hulle na Suid-Afrika.

“Benewens biltong, braaivleis en beskuit, mis ons Suid-Afrikaners se humorsin en daardie gevoel van ‘tuishoort’.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? James en Keanu by ’n spesiale voorskou voor Siberia in fliekteate­rs begin het.
James en Keanu by ’n spesiale voorskou voor Siberia in fliekteate­rs begin het.
 ??  ?? BO: LA, hier kom ons! REGS: Bofbal saam met die kinematogr­aaf Tom Marais.
BO: LA, hier kom ons! REGS: Bofbal saam met die kinematogr­aaf Tom Marais.
 ??  ?? BO: James en Anel verken Big Bear Lake in die suide van Kalifornië.
BO: James en Anel verken Big Bear Lake in die suide van Kalifornië.
 ??  ?? REGS: James Alexander as dr. Rico Maartens in Binnelande­rs. NAASREGS: James soos hy as ’n diamantsmo­kkelaar, Vincent, teenoor Keanu Reeves in die nuwe fliek Siberia verskyn. Daarin speel dié Hollywoods­ter die rol van ’n diamanthan­delaar, Lucas, , wat in Rusland na sy vermiste vennoot t gaan soek en dan op ’n Russiese vrou verlief raak.
REGS: James Alexander as dr. Rico Maartens in Binnelande­rs. NAASREGS: James soos hy as ’n diamantsmo­kkelaar, Vincent, teenoor Keanu Reeves in die nuwe fliek Siberia verskyn. Daarin speel dié Hollywoods­ter die rol van ’n diamanthan­delaar, Lucas, , wat in Rusland na sy vermiste vennoot t gaan soek en dan op ’n Russiese vrou verlief raak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa