DEKADENTE PEPPERMINT CRISP-ROOMYS
Tradisioneel word roomys met ’n eiervla gemaak. Ons geur dié weergawe met Peppermint Crisp-sjokolade en vars ment. LEWER 1 L ROOMYS BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 1520 MIN. VRIES: 56 UUR OF OORNAG
EIERVLA 500 ml (2 k) room 250 ml (1 k) melk 5 eiergele 125 ml (½ k) suiker ROOMYS 150 g Peppermint Crispsjokolade, fyngerasper 4 takkies vars ment, van die stingels gestroop en fyngekap VIR VOORSIT
roomyshorinkies
Hou ’n leë roomysbak of ’n diep oondbak byderhand.
1 Eiervla Giet die room en melk in ’n kastrol en verhit tot net onder kookpunt. Verwyder die roommengsel van die hitte. 2 Klits die eiergele en suiker saam. Giet ’n soplepel vol van die warm roommengsel by die eiermengsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet nog ’n lepel by en klits goed. 3 Giet die eiermengsel terug in die kastrol saam met die res van die roommengsel en klits goed. 4 Verhit die vla stadig oor lae hitte en roer aanhou- dend met ’n houtlepel. Roer tot die mengsel begin verdik – dit moenie kook nie. 5 Verwyder die vla van die hitte en giet dit in ’n mengbak. Laat heeltemal afkoel.
6 Roomys Meng die sjokolade en ment by die vla in en giet dit in die leë roomysbak. Vries 2 uur. Krap die roomys met ’n vurk deurmekaar en vries nog ’n uur. Krap weer met ’n vurk en vries tot hard.
7 Vir voorsit Haal die roomys 30 min. voor jy dit wil voorsit uit die vrieskas. Skep bolle roomys bo-op die roomyshorinkies en sit dadelik voor.