Ruim op die rommel in jou huis
Marie Kondo ontrommel graag. In haar nuwe TV-program help sy ander om orde te skep
AS DIT nie die vreugdevonke laat spat nie, moet dit waai!”
Dié mantra maal deur my gedagtes terwyl my huismaat neul oor al die klere wat ek nooit dra nie. Sy wil hê ek moet ’n slag my klerekas sorteer en van die ongebruikte items ontslae raak. En ’n plan maak met die skewe hoop ou tydskrifte waaraan ek vasklou.
Sy is een van die derduisende aanhangers van die ontrommelgier wat deur die Japannese opruimkenner en skrywer Marie Kondo geïnspireer is.
Die KonMari-metode, soos dié gier genoem word, geniet nou ’n groot herlewing vyf jaar ná die publikasie van Marie se baanbrekersboek, The LifeChanging Magic of Tidying Up.
“Rommelvry” en “opruim” is gonswoorde, aangespoor deur Marie se reeks wat Nuwejaarsdag op Netflix begin het.
“Ek’s opgewonde, want ek hou van ’n deurmekaarspul,” sê Marie in die lokprent vir haar program. “Nou wil ek vreugdevonke in die wêreld laat spat deur dinge aan die kant te maak.”
Tidying Up with Marie Kondo is ’ n reeks van agt episodes. In elke aflewering word Marie by die huis van mense ingenooi wat oorweldig is deur die rommel wat om hulle ophoop.
Mense in alle fases van die lewe kry die KonMari-behandeling: van jong ouers, ouers wie se kinders die nes verlaat het en diegene wat afskaal tot studente en ’ n weduwee wee wat nie van haar aar oor lede man se besittings kan afskeid neem nie. .
Sy is dalk klein ein en fyn van statuur, ur, maar Marie se metode het wêreld- ldwyd ’n uitwerking. ing. Die idee van “minder inder is meer” sal tot ’n gelukkiger en gesonder bestaan en rommelvrye lewe lei, glo sy.
DIE KonMari-metode is meer as net huis aan die kant maak aak – dis ’n geestelike en emosionele osionele ervaring, sê sy.
Dit gaan daaroor dat jy met t jou huis ’n verbintenis vorm, jou ideale le ruimte visualiseer en dan jou huis “vertel” wat jy beplan en hoop. Die fokus s is op die besluit wat jy wil hou en koester, ster, nié op die verbete uitsmyt van rommel mmel nie.
Aan die begin n van elke episode stel die netjiese en deftige Marie en haar Japannese tolk, Marie Iida, hulself aan die gesin voor. Marie sit op die vloer en nooi haar kliënte nte om hul oë toe te maak en hul huis is te groet, dit hardop te bedank dat dit hulle beskerm, en te visualiseer hoe hul ideale leefruimte sal lyk en n voel.
“Dis nie net ’n kwessie van netjies maak nie. Dit gaan aan daaroor dat jy ’n verwelkomende nde en positiewe omgewing in jou u huis skep.”
Dit klink dalk na wollerige woorde, oorde, maar dit ontlok ’n sterk emosionele reakk sie by gesinne w wat beplan om moue op te rol en al hul d dinge te sorteer.
Marie gebruik ’n vyffase-stelsel van opruim deur besitt besittings in vyf kategorieë te verdeel: klere; boeke; bo dokumente; allerlei gebiede soos di die kombuis, garage, badkamer en speelkamer; speelk en sentimentele items, soos foto’s, foto’ trouvideo’s en erfgoed.
Sy gaan deur elke e kategorie en sorteer dit voor sy die v volgende een takel. Haar toets vir wat moet mo bly en wat moet waai, is of die item jou vreugde verskaf. Uiteraard hou jy die dinge wat jy nodig het, maar as jy meer mee as een item met dieselfde nut het, hou jy net dié wat jou gelukkig maak. Die D res kan waai.
Wat bedoel sy met die uitdrukking “die vreugdevonke laat la spat”? “Jy sal ’n ‘aha’oomblik hê wan wanneer jy besef wat dit beteken,” sê sy. “Jy voel dit wanneer jy ’n hondjie vashou of jou gunstelinguitrusting dra. Dis ’n w warm, positiewe gevoel.”
Dis hoekom items i met sentimentele waarde laaste aan a die beurt kom, want teen daardie tyd het jy al ’n gevoel vir wat jou vreugde gee. gee En dan is jy al sterk genoeg om besluite besluit te neem oor items wat gevoelens wak wakker maak. Haar meto metode neem kliënte op ’ n emosionele wipwarit. In die eerste episode be begin Rachel en Kevin, ’n jong paartjie paar met klein kinders, deur hul hu klere sorteer. Marie dring a aan hulle haal elke kledingst dingstuk wat hulle besit uit en
pak dit d in ’n hoop. Die daad wek ’n diep reaksie by Rachel op, wat geskok k ki is oor die di berg b klere. kl “Ek “Ekh het t ongeloof, afkeer en skaamte ervaar omdat ek soveel dinge het,” sê sy.
Dan sê Marie: “Voor jy ’n item uitgooi, moet jy dit vir sy diens bedank en dit óf weggooi óf vir iemand anders gee.”
ROMMEL is dikwels die gevolg van ’n wanordelike en stresvolle huis, volgens Joseph Ferrari, ’n sielkundeprofessor aan die DePaul-universiteit in Chicago wat die oorsake van rommel en die uitwerking daarvan op emosionele welstand bestudeer.
“Rommel is ’n oorvloed van besittings wat chaotiese en wanordelike leefruimtes skep,” het hy aan The New York Times gesê. In navorsing op drie groepe volwassenes – studente, volwassenes tussen 20 en 30, en ouer volwassenes meestal in hul 50’s – het Joseph ’n verband tussen alle ouderdomme en hul rommelgewoontes gevind.
In haar reeks besoek Marie kliënte van alle ouderdomme in die hoop om hul huis ’n hawe van vrede en orde te maak.
“Terwyl jy opruim, kan dit voel asof goed deurmekaarder as voorheen is. Maar moenie bekommerd raak nie,” sê Marie. “Volg die proses stap vir stap; die opruim sal wel ophou.”
En wanneer dit gebeur, het jy haar einddoel bereik: In jou hart sal ’n vreugdevuur brand.