Huisgenoot

Mahershala Ali speel hoofrol in nuwe seisoen van True Detective

Hollywood se goue seun speel die hoofrol in ’n nuwe seisoen van True Detective

- LARA ATSON

OP ONS KASSIE

Die 44-jarige ster se naam was in 2017 op almal se lippe toe hy ’n Oscar vir beste manlike byspeler vir sy spel in die drama Moonlight gewen het. Hy is onlangs met sy eerste Golden Globe vereer, ook vir beste manlike byspeler, vir sy spel as die jazzpianis dr. Don Shirley in die biografies­e fliek Green Book. Dit word op 15 Februarie hier uitgereik.

Nou gons dit behoorlik oor Mahershala se hoofrol as die speurder Wayne Hays in die derde seisoen van die dramareeks True Detective. Hays en sy speurmaat ( Stephen Dorff ) moet die verdwyning van twee kinders in 1980 in West Finger, Arkansas, ondersoek.

Mahershala sou aanvanklik nie die hoofrol vertolk nie. “Die hoofkarakt­er was wit en die ander polisieman swart,” sê hy. “Ek kon die tweede hoofrol, die ondersteun­ende karakter, gespeel het. Maar in my kop het ek gedink: ‘Ek doen dit al my hele loopbaan lank.’ ” Toe stuur hy foto’s van sy oupa, wat ’n polisieman was, aan die reeks se skepper, Nic Pizzolatto, as bewys dat swart polisieman­ne in daardie tyd in Arkansas in topposisie­s was. Die res is geskiedeni­s.

SY PAD NA BO

Sy ma, Willicia, was 16 en sy pa, Phillip Gilmore, 17 toe hy in Oakland, Kalifornië, as Mahershala­lhashbaz gebore is. Dié naam het sy ma, die dogter van ’n Baptistepr­edikant, uit True Detective is Woensdae om 22:10 op M-Net. die Bybel gekies. Sy ouers is uitmekaar toe hy drie was.

Sy pa, ’n danser, het in die laat 1970’s ’n TV-talentkomp­etisie gewen en New York toe verhuis om ballet te studeer en teaterwerk te doen. Sy ma, ’n haarkapper, het in die 1980’s weer getrou. Willicia, later self ’n predikant, se huishoudin­g was op roetine en gebed geskoei. Ma en seun het gereeld koppe gestamp, en Mahershala het op 16 by sy grootouers ingetrek. Sy pa is dood toe hy 20 was. Hy het ’n basketbalb­eurs gekry om aan Saint Mary’s, ’n kollege in Kalifornië, te gaan studeer en het in 1996 ’n graad in massakommu­nikasie verwerf. Toe byt die toneelgogg­a.

In sy byna twee dekades in die vermaakbed­ryf was die hartebreke­r van 1,87 m lank al te sien as die voormalige perssekret­aris Remy Danton in die Netflix-trefferree­ks House of Cards en Taraji P. Henson se lewensmaat in Hidden Figures.

GELOOF

Sy pa se e dood het hom geeruk, vertel hy – so- danig dat hy sy y Christenge­loof f bevraagtek­en het. . Hy het hom in 1999 99 tot Islam bekeer nadat Amatus us Sami-Karim, ’n medestuden­t aan die New York-universite­it, waar hy drama studeer het, hom aan dié geloof blootgeste­l het. Hulle is in 2013 getroud. Sy verhouding met sy ma het versuur toe hy van geloof en sy van verander. Hulle het intussen versoen.

Mahershala en Amatus se dogter, Bari Najma Ali, is in Februarie 2017 gebore, dae voor hy die eerste Moslemakte­ur geword het wat ’n Oscar wen. Terwyl hy aan True Detective geskiet het, het sy vrou en kind gereeld van hul huis in Los Angeles gereis om hom op die stel in Arkansas te besoek.

BRONNE: VARIETY.COM, HOLLYWOODR­EPORTER. COM, DAILYMAIL.CO.UK, IMDB.COM, LATIMES.COM, HUFFINGTON­POST.COM, THEGUARDIA­N.COM, GQ.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die Oscar-bekroonde akteur Mahershala­hershalaer­shala Ali vertolk die hoofrol in die misdaad-misdaadmis­daaddramar­eeksmareek­sm True Detective. ONDER: Sy vvrou,rou, Amatus Sami-Karim, is sy grootsteot­ste ondersteun­er. HEEL ONDER:DER: Mahershala en StStephent­ephen Dorff in Truee Detective.
HOOFFOTO: Die Oscar-bekroonde akteur Mahershala­hershalaer­shala Ali vertolk die hoofrol in die misdaad-misdaadmis­daaddramar­eeksmareek­sm True Detective. ONDER: Sy vvrou,rou, Amatus Sami-Karim, is sy grootsteot­ste ondersteun­er. HEEL ONDER:DER: Mahershala en StStephent­ephen Dorff in Truee Detective.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa