Huisgenoot

Wat wys nog?

- – FRANCO HAVENGA

3 DAYS TO GO Dramakomed­ie. Met Leeanda Reddy, Lillete Dubey and Kajal Bagwandeen. Regisseur: Bianca Isaac. 13 DTG.

Die Isaac-kroos kom weer bymekaar by hul ouerhuis toe die patriarg, Gabriel Isaac (Rueben Naidoo), skielik sterf. Hul ma, Lakshmi (die Bollywoods­ter Lillete Dubey), en haar naasoudste kind, Janet (Reddy van Isidingo-faam), verwelkom die ander drie volwasse kinders en hul gesinne toe hulle hul pa kom groet. Daar is duidelik heelwat onopgelost­e kwessies tussen hulle.

Die fliek beeld ’n gesin uit wat die verlies van ’n familielid moet hanteer terwyl elkeen probleme in hul eie lewe ervaar. Dié tragedie kan hulle dalk verder uitmekaar laat wegdryf – of eindelik ná jare weer ’n hegte band tussen hulle smee.

Ondanks goeie spel deur die meeste van die akteurs slaag hulle by tye nie daarin om die hartroeren­de oomblikke by kykers tuis te bring nie. Die regisseur sukkel ook soms om kykers ewe geïnteress­eerd in elk van die familieled­e se probleme te hou.

Tog is dit ’ n goedvoelfl­iek waarby mense steeds maklik aanklank sal vind danksy die storielyn. Dis ook goeie kykgenot vir die familie.

Drama is die middelpunt waarom alles draai, en af en toe sal jy giggel vir ’n toneel. Dit kan kykers selfs help om hul eie familiepro­bleme te pak.

 ??  ?? Die Bollywoods­ter Lillete Dubey in ’n toneel uit 3 Days to Go.
Die Bollywoods­ter Lillete Dubey in ’n toneel uit 3 Days to Go.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa