Huisgenoot

LEI VALS LEWE TER WILLE VAN KIND

-

V

Ek en my man het nou al te veel sakke sout saam opgeëet. In ons jare lange huwelik het hy verskeie ander verhouding­s gehad. Verder is hy ’n alkoholis en aan pornografi­e verslaaf. Ek wil skei, maar ons het ’n pragtige kind wat gebroke hieroor sal wees. Finansieel sal dit ook swaar met ons twee alleen gaan. Boonop sal dit onmoontlik vir my wees om my kind, al ’n tiener, naweke in die sorg van ’n alkoholis te los. Ek leef ’n vals lewe, asof niks fout is nie. Wat maak ’n mens tog?

L in E A

Moet vir geen oomblik dink jou voorgeelew­e bluf jou kind nie. Kinders het emosionele Richterska­le wat die fynste nuanses in verhouding­s in die huis registreer.

Kinders moet gesonde verhouding­s, wat op vertroue gegrond is, tussen hul ouers kan waarneem. Al weet jou kind nie wat fout is nie, wéét hy of sy alles is nie pluis in jul huis nie.

Dikwels is die kinders van alkoholist­e vol wrokke, ook teenoor die ander ouer oor lewensbesl­uite wat dié nagelaat het om te neem. Hulle kan ook haatdraend wees teenoor die verslaafde ouer, omdat hulle voel dié was nie lief genoeg vir hulle om te verander nie.

Is dit waarlik die nalatenska­p wat jy jou kind gun?

As jy jouself begin afvra of jy ’n huweliksma­at moet los wat ’n drankslaaf is, is dit tyd dat jy vir berading gaan.

Dit sal jou help om jou eie optrede beter te verstaan, gesonde perke te stel en nuwe keuses te maak.

As jy wel met die huwelik wil voortgaan, moet jy dit ernstig oorweeg om profession­ele hulp met jou man se verslawing te kry.

Sonder ’n ingryping soos dié van ’n rehabilita­sie- of buitepasië­nteprogram sal sy gedrag nie verander nie.

Skakel die Christelik­e Afhanklikh­eidsdiens vir leiding hieroor by 082-5715472, of stuur e-pos na rene@ saampro.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa