Huisgenoot

SELFIESTER­FTES

-

DIE BEERSELFIE

Prabhu Bhatara was op pad terug van ’n troue in die Indiese staat Odisha toe hy langs die pad stop om ’n selfie saam met ’n beseerde beer te neem. Die beer het op sy voete gekom en hom doodgemaak.

DIE KLIMSELFIE

Tu Thanh Nyugen (32) van Kalifornië het Michigan se North Country Trail op haar eie geklim toe sy haar doodgeval het. Sy het selfies geneem op die rand van ’n krans wat 60 m hoog is toe sy haar balans verloor, in die Superior-meer val en sterf.

DIE SKIETSELFI­E

Deleon Alonso Smith (19) wou ’n se selfie neem terwyl hy ’n vuurwapen in di die hand het. ’n S Skoot het afgegaan, ’n koeël het sy keel de deurboor en hy het ge gesterf.

DIE DRONKSELFI­E

’n Kalifornie­se paartjie, Meenakshi Moorthy en Vishnu Viswanath, het 243 m ver van ’n krans afgeval in die beroemde Yosemite-park terwyl hulle ’n selfie geneem het. ’n Lykskouing het aan die lig gebring die twee was dronk toe hulle geval het.

DIE TAJ MAHAL-SELFIE

Hideto Uedo van Indië wou ’n selfie neem op die wit marmertrap van die liefdestem­pel toe hy daar afval en ’n hartaanval kry. Die 66-jarige man is hospitaal toe gehaas, maar hulle kon nie sy lewe red nie.

DIE HANGSELFIE

’n Tienerseun wou ’n selfie neem waar hy van ’n hoë gebou in Rusland hang. Die 17-jarige het egter nege vloere ver geval, en hoewel sy val deur bosse gestuit is, het hy dit nie oorleef nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa