WAT VAN MY GEWIG?
Dieetkundiges is dit eens dat meer vesel jou sal help gewig verloor. Omdat veselryke kos meer vullend is, kan dit jou eetlus in toom help hou.
“Dit neem ook langer om veselryke kos te kou; daarom is minder kos nodig om jou versadig te laat voel,” sê die dieetkundige Gabrielle Lasker.
Maar dis belangrik om op die grootte van jou porsies te let, maan die dieetkundige Lauren Moore. “Selfs die gesondste kos kan ongesond word as jy te veel daarvan eet. Dieselfde geld vir veselryke kosse – jy moet steeds sorg dat jy jou porsie koolhidrate beheer deur jou maaltye te balanseer.”
Sy stel voor dat jy veselryke koolhidrate met maer proteïene, gesonde vetbronne en groenteporsies kombineer sodat jy soveel moontlik voedingstowwe kan inkry en die porsiegroottes kan beheer.
Volgens Lerato Radebe van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika moet jy elke dag die volgende inneem:
minstens twee porsies vrugte en drie porsies groente (waarvan een ½ koppie gekookte groente is en nog een 1 koppie rou groente);
sowat drie porsies volgraankosse (waar een porsie 1 sny brood is of ½ koppie gekookte graankosse); twee porsies neute en sade; en een porsie porsiepeulplante. peulplante. (waar 1 porsie 1/3 koppie gekookte peulplante is) c – cup/s