Huisgenoot

Guinness wink vir Harry Potter-vrou

’n Britse vrou, Victoria Maclean, wil vanjaar die Guinness-wêreldreko­rd verbeter met haar Harry Potter-versamelin­g

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS BRONNE: EXPRESS.CO.UK, METRO.CO.UK, BBC.COM, THESUN.CO.UK

HAAR seuns heet Harry en Daniel – maar nie sommer net nie.

’n Britse ma, Victoria Maclean, is so deur die wonderwêre­ld van Hogwarts betower dat sy haar spruite genoem het na die karakter Harry Potter en Daniel Radcliffe, die akteur wat die rol van dié jong towenaar op die silwerdoek vertolk het.

En nou mik die 38-jarige ma boonop na ’n Guinness-wêreldreko­rd met haar versamelin­g van sowat 4 000 Harry Potter-memorabili­astukke.

Die verhaal oor die outjie met die weerligstr­aal op die voorkop het die verbeeldin­g van jonk en oud aangegryp – eers met J.K. Rowling se sewe boeke en toe met die fliekreeks. Maar Victoria se obsessie met die storie oortref oënskynlik selfs dié van Menahem Asher Silva Vargas, die 41-jarige vrou van Mexiko wat tot nou toe die wêreldreko­rd met ’n allemintig­e 3 097 individuel­e memorabili­a-items gehou het.

“Dié rekord sal alles vir my beteken,” sê Victoria. “Maar dis vir my belangrike­r dat ek dit uit Mexiko huis toe bring. Ek wil dit terug in die Verenigde Koninkryk hê.”

Sy huisves haar versamelin­g in haar huis op die dorpie Neath in Wallis. Hier woon sy saam met manlief, Adam (38), hul dogter, Monica (16), en Daniel (13) en Harry (4).

Haar versamelin­g sluit onder meer in klere, boeke, juweliersw­are, speelgoed en sommer ’n magdom ander Harry Potterding­etjies.

Victoria was 21 toe sy die eerste keer kennismaak met Harry en sy maats, die slimkop Hermione Granger en die ondeunde Ron Weasley. “Ek was ’n bietjie te oud en kon nie meer na Hogwarts toe gaan nie. Toe besluit ek om Hogwarts na my toe te bring. Ek het destyds alles begin koop wat ek kon en my versamelin­g het daarna soos ’n sneeubal gegroei.”

Dit was in 2001, toe sy met Daniel swanger was, dat sy die eerste keer oor die fliek Harry Potter and the Philosophe­r’s Stone gelees en toe die boek gekoop het. Die boek het al in 1997 verskyn.

“Dit het my twee en ’n half weke geneem om die boek klaar te lees, ek kon dit nie neersit nie,” onthou sy.

En dis hier waar haar “obsessie” begin het. Nadat die eerste fliek in 2001 uitgereik is, het sy al die boeke gelees en begin om aandenking­s van die fliek- en boekereeks te versamel.

“Ná die eerste boek het ek geleef in die towenaarsw­êreld wat J.K. Rowling ge- skep het,” het sy al verklaar.

Teen 2005 het sy ’n “skamele” 700 Harry Potter-stukke in haar versamelin­g gehad. Haar gunsteling­items was ’n sogenaamde Platform Nine and Three-Quarterssn­eeuglasbol en haar Wizard Collection­katalogus van artefakte.

Maar nou is die kosbaarste besitting in haar versamelin­g ’n miniatuurr­eplika van Professor Dumbledore se kantoor. “Ek is dol oor die details daarin,” vertel sy in ’n YouTube-video. Sy het selfs van haar oorlede ma se as in ’n miniatuurv­aas gesit en in Dumbledore se kantoortji­e geplaas. “My ma was ’n groot aanhanger van Harry Potter. Sy sal bly wees om te sien sy is nou daar verewig,” sê Victoria.

In 2009 het sy haar eie YouTube-kanaal begin waar sy gereeld video’s oplaai van haar wat oor die magiese Hogwarts en die weeskind Harry Potter gesels. “Volg my op ’n reis van ontdekking waar ons jou die ongeloofli­kste Harry Potter-items wys wat jy nou kan koop,” skryf sy op YouTube.

Danksy die blootstell­ing wat sy op dié kanaal aan maatskappy­e gee, borg hulle gereeld memorabili­a wat sy in haar video’s ten toon stel en dan kan hou.

Hoeveel het haar versamelin­g haar al deur die jare uit die sak gejaag? Sy weet glo nie, maar sê haar gesin verstaan ge-

lukkig haar liefde vir J.K. Rowling se fantasiewê­reld. “As hulle my liefhet, is hulle óf lief vir Harry Potter óf hulle is gek daaroor dat ek lief is vir Harry Potter. My man het my nog nie geskei nie,” spot sy oor Adam, wat op sy beurt ’n groot Star Wars-aanhanger is.

Met hul troue in 2014 was die dekortema ’n mengsel tussen Harry Potter en Star Wars, en Victoria het self al die bykomstigh­ede vir die bruilof gemaak.

AS SY aangewys word as die nuwe wêreldreko­rdhouer met die meeste Harry Potter-memorabili­a sal dit beslis nie die einde van haar obsessie wees nie, sê sy. “Ek sal nooit my versamelin­g kan verkoop nie. Ek versamel die skaarsste items wat net by rolprentpr­emières uitgereik is; dis alles baie moeilik om in die hande te kry.

“Harry Potter is my hele lewe. Van begin tot einde. My lewe, my troue, selfs my kinders bewys dit, en ek is dol daaroor.”

‘Ná die eerste boek het ek geleef in die towenaarsw­êreld wat J.K. Rowling geskep het’

 ??  ?? Victoria Maclean is ’n groot aanhanger van alles uit J.K. Rowling se magiese wêreld van Harry Potter.
Victoria Maclean is ’n groot aanhanger van alles uit J.K. Rowling se magiese wêreld van Harry Potter.
 ??  ?? LINKS: Die YouTubeaan­bieder saam met Tom Felton, wat die rol van Draco Malfoy in die flieks vertolk het. REGS: Sy het deur die jare al duisende stukke versamel.
LINKS: Die YouTubeaan­bieder saam met Tom Felton, wat die rol van Draco Malfoy in die flieks vertolk het. REGS: Sy het deur die jare al duisende stukke versamel.
 ??  ?? LINKS: Victoria se versamelin­g sluit onder meer klere, speelgoed en boeke in. BO: Haar versamelin­g word deur Guinness getel om te kyk of dit haar die wêreldreko­rd sal besorg.
LINKS: Victoria se versamelin­g sluit onder meer klere, speelgoed en boeke in. BO: Haar versamelin­g word deur Guinness getel om te kyk of dit haar die wêreldreko­rd sal besorg.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa