Huisgenoot

Vrou sterf vir ’n bikiniself­ie

-

VIR haar duisende volgelinge op sosiale media was sy ’n waaghals van die eerste water – ’n onverskrok­ke avonturier wat berge oor die wêreld heen gaan uitklim het. Om alles te kroon het sy dan op die kruin haar klere vir ’n bikini verruil – al was die temperatuu­r onder vriespunt – sodat sy ’n selfie kan neem om te wys sy het nog ’n piek oorwin.

Maar nou is daar niks oor van die vrolikheid op Gigi Wu se Facebookbl­ad en Instagram nie. Pleks van al die gelukwensi­ngs wat haar avonture altyd ingeoes het, stroom boodskappe van skok en hartseer in. “Wees nou vry, ry, engel,” skryf een volgeling. “Ek ken jou u nie, maar ek kan sien jy is ’n n dapper vrou. Rus in vrede.” “Ek k respekteer en salueer ’n dapper, r, individual­istiese mens,” skryf ’n n ander een. “My grootste simpa- tie aan die familie.”

Want Gigi se waaghalsig­heid d het tot haar dood gelei.

Die 36-jarige vrou van Taipei, ei, Taiwan, is onlangs na ’n nasioonale park in haar land waar sy die Bantonggua­n-roete aangeepak het. Sy het haar selfie geeneem, maar op pad terug 30 m in ’n ravyn afgestort en haar ernstig tig beseer.

Sy het dit dié Saterdag reggekry kry om ’n vriend te bel en die koördidina­te te gee van waar sy lê, maar aar weens die beserings aan haar onderlyf kon sy nie beweeg nie.

’n Soekgesels­kap kon haar deur ’n satellietf­oon opspoor, maar weens die swak weersomsta­ndighede kon die span nie ’n helikopter gebruik nie.

Hulle moes dus die byna onbegaanba­re terrein te voet takel. En teen die tyd dat hulle die Maandag, sowat 43 uur ná haar val, by haar uitgekom het, was dit te laat. Die ervare klimmer het vermoedeli­k verkluim.

Baie van haar geliefdes vind effens troos daarin dat sy dood is terwyl sy iets gedoen het waarvoor sy lief was.

GIGI se swembroeke­skapades het begin nadat sy ’n weddenskap teen ’n vriend verloor het. Die “straf ” was dat sy ’n foto van haarself moes neem nadat sy tot op ’n berg geklim het,

Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

het sy verlede jaar in ’n TV-onderhoud gesê. Die straf was egter vir haar so lekker dat sy nie opgehou het nie en die afgelope vier jaar meer as 100 kruine oorwin het.

Op een foto hou sy ’n foto van haar kat vas terwyl sy teen ’n rotswand hang. In ’n ander een strek sy oor ’n klomp skerp rotse om ’n kennisgewi­ngbord bo-op ’n berg te soen. En op elke foto is sy natuurlik in ’n bikini geklee.

“Ek het op elk van die 100 berge ’n bikini aangetrek,” het sy vertel. “Ek het net omtrent 97 bikini’s, so ek het per ongeluk party herhaal.”

Haar ongewone ritueel het aan haar die bynaam Bikini Climber besorg en meer as 14 000 bewonderaa­rs het haar op Facebook en Instagram gevolg.

Toe sy gevra is waarom sy dit doen en dikwels gevaarlike berge vir haar bikiniself­ies klim, was Gigi se antwoord eenvoudig: “Dit lyk net so pragtig. Hoe kan ’n mens nie daarvan hou nie?”

’n Taiwannese vrou het tot uiterstes gegaan om selfies in haar bikini te neem; toe sterf sy tydens ’n klimtog

 ??  ?? Gigi Wu het dikwels temperatur­e laer as vriespunt trotseer om selfies te neem.
Gigi Wu het dikwels temperatur­e laer as vriespunt trotseer om selfies te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa