Huisgenoot

Chad le Clos se nuwe Afrikaanse nooi

Die SA swemsensas­ie het ’n nuwe rede om te glimlag – die mooi Afrikaanse nooi aan sy sy

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MISHA JORDAAN

AS HY nie besig is om medaljes in die swembad in te ryg nie, is hy aan die oefen vir die volgende groot internasio­nale byeenkoms. Geen wonder SuidAfrika se jong swemsensas­ie Chad le Clos het geen tyd vir liefde in sy lewe gehad nie. Tot ’n aand in Mei verlede jaar in Londen toe sy pad met ’n pragtige donkerkopm­odel kruis.

“Ek wou nie voor die Olimpiese Spele (2020 in Tokio) ’n meisie gehad het nie. Maar hoe kon ek haar deur my vingers laat glip?” sê Chad (26) en speel met Jeanni Mulder (21) se lang, donker hare.

“Ek het nie eens geweet sy is ’n Suid-Afrikaner nie, en dan nog Afrikaans daarby,” vertel hy van hul eerste ontmoeting in ’n losie waar hulle saam met gemeenskap­like vriende na ’n sokkertoer­nooi tussen Manchester United en Chelsea gekyk het.

“Dis die eerste keer dat ek met ’n Afrikaanse meisie uitgaan,” voeg hy by.

“Dis ook die eerste keer dat ek met ’n Engelse ou deurmekaar is,” vertel Jeanni. Sy is ’n onopgesmuk­te skoonheid wat met die intrapslag vir almal drukkies uitdeel en verduideli­k: “Ek is ’n opregte Afrikaanse meisie.” Dis amper soos Réan en sy Engelse blondekop-Rox-Zee van Boer Soek ’n Vrou-faam, lag ons in die nuut opgeknapte, luukse woonstel in Seepunt, Kaapstad, waar Chad ’n jaar gelede ingetrek het.

Dié boorling van Durban is deesdae baie gretig om Afrikaanse woorde en frases te leer. Natuurlik “ek is lief vir jou” en “jy is mooi”. Sy gunsteling- Afrikaanse woord is “gemaklik”.

“Dis hoe ons verhouding is. Dit klink net beter in Afrikaans,” mymer hy.

Tydens die fotosessie kan hulle nie hul hande van mekaar af hou nie. “Dis die eerste keer dat ek so liefie-diefie saam met ’n vrou in my lewe poseer,” sê Chad en erken: “Ek is senuagtige­r as sy voor die kameras.”

Jeanni is immers ’n internasio­nale model wat, soos Chad, die wêreld vol reis. “Ons maak seker daar gaan nie meer as ’n maand verby sonder dat ons mekaar sien nie,” vertel sy hoe hulle die uitdagings van ’n langafstan­dverhoudin­g die hoof bied. En al is die swemkampio­en vyf jaar ouer as sy, laat hy haar “soos ’n ouma” voel, sê sy. “Hy is so gemotiveer­d en vol energie. Dis so ’n wow om saam met hom te wees . . .”

TERWYL die son in ’n palet van kleure oor die Atlantiese Oseaan sak, dwarrel die geur van kerrie- en- rys deur die spoggerige woonstel, saam met ’n sweempie van Jeanni se Franse parfuum. Chad, die internasio­nale Swemmer van die Jaar vir 2018 – soos hy verlede Desember deur die internasio­nale swembeheer­liggaam Fina aangewys is – het pas twee uur lank in die Seepunt se openbare swembad hier naby geoefen. Vier tot ses uur per dag is hy in die water.

Sedert foto’s van die twee aantreklik­e langbeen-Suid-Afrikaners saam in die sosiale media verskyn het, wonder almal waar hulle mekaar ontmoet het. En die verliefde paartjie vertel maar alte graag van hul eerste storieboek­ontmoeting.

“Ek het haar dadelik aan die oorkant van die vertrek opgemerk,” onthou Chad die aand van 12 Mei in die losie. “Sy is mooi, kyk!” beduie hy.

Jeanni het hom glad nie as die Olimpiese swemkampio­en herken nie. In haar kop was Chad ’n baie ouer man.

“Ek het die Olimpiese Spele laas gekyk toe Ryk Neethling medaljes gewen het,” verduideli­k sy. Vriendinne moes haar op Instagram gaan wys hoe beroemd Chad eintlik is.

“Ek wou daai aand eers nie my nommer vir hom gee nie,” vertel sy verder. Met sy sjarme en opregtheid het hy haar tog oorreed om die volgende aand al saam met hom te gaan uiteet.

“Dis nogal vir my belangrik hoe ’n ou ’n kelner hanteer. Ek was so verbaas om te hoor hoe ordentlik hy is. Eers het ek gedog dis maar net om my te beïndruk, maar sedertdien het hy bewys dis hoe hy almal hanteer – of jy nou ’n skoonmaker of miljardêr is,” sê Jeanni oor die nederige kampioen wat gou haar hart gesteel het.

In die restaurant het ’n ander man hulle bly aanstaar, en sy het later senuagtig begin word. Ná ’n ruk het hy na hul tafel gekom, en nadat hy nog ’n bietjie gekgeskeer het, homself as Chad se grapmakerp­a voorgestel, die ewe beroemde Bert.

Sy impulsiewe, matelose vreugde ná sy oudste seun se dramatiese oorwinning oor die Amerikaans­e swemvetera­an Michael Phelps het hom die gesig van die Olimpiese Spele van 2012 in Londen gemaak. Terwyl die trane oor sy wange rol, het Bert in ’n BBC-onderhoud oor Chad gesê: “Hy is unbelievab­le. Hy is die mees plat-op-die-aarde beautiful seun wat jy ooit sal ontmoet . . .”

Bert kuier juis nou hier uit Durban. En wat sê hy van die vrou in Chad se lewe? Sy’s net so ongeloofli­k, meen hy. “En pragtig.”

Ná hul eerste afspraak het Chad nie gras onder sy voete laat groei nie en Jeanni genooi om haar 21ste verjaardag op 24 Junie saam met hom in Italië deur te bring. Dié dag in Venesië het hy aangekondi­g: “Ek het nog nooit ’n skets van myself in ’n oorsese land laat maak nie.” Hulle het ’n kunstenaar langs ’n waterweg opgespoor en sy het hulle twee saam in potlood geskets. k A Agterop het Chad geskryf: “Happy 21st Beautiful. Hope you have as much fun as me on your special day.”

Daardie dag het sy hom ook tydens ’n oefensessi­e vir die eerste keer sien swem. “Dit was vir my so mooi; ek was in trane,” vertel Jeanni, wat op 17 ’n model geword het. Dit was nadat die bestuurder van die restaurant op haar tuisdorp, Jeffreysba­ai, waar sy in haar skooldae deeltyds as kelnerin gewerk het, ’n kontak by Boss Models van haar vertel het. Drie maande later was sy saam met vyf Suid-Afrikaanse meisies in Parys, Frankryk.

Toe Chad verlede Desember aan die kortbad-wêreldkamp­ioenskapst­oernooi in China deelgeneem het, was Jeanni juis by haar ouerhuis op dié Oos-Kaapse vakansiedo­rp. “Ons het nie DStv nie, en ek moes by my ouma se huis gaan kyk hoe hy swem,” vertel sy. “Want hy het elke keer gevra: ‘ Babe, het jy gesien?’ ”

Daar het hy vier medaljes ingeoes: goud in die 100 m-vlindersla­g, twee silwermeda­ljes in die 50 m- en 200 m-vlindersla­g en brons in die 100 m-vryslag.

“Jy het my gemaak,” sê Chad in ’n stadium aan sy pa, sy grootste ondersteun­er sedert hy op skool in Durban die eerste swemspan sw gehaal het. h “Jy het jouself gemaak,” ge sê Bert terug. te Pa en seun vertel ve mense oorsee se het al tou gestaan st om “Bertie” se handtekeni­ng te kry.

“Ek “is, soos die Kardashian­s, Ka beroemd ro omdat ek beroemd be is en ‘Unbelievab­le’ ‘Un gesê het,” he spot Bert. Hy was ook k al l die di ster van ’ ’n advertensi­e vir die SAUK waarin hy op maat van Frank Sinatra se treffer Unforgetta­ble lustig sing: Unbelievab­le . . .

Chad het sy veggees by sy pa en ma, Geraldine (53), gekry. Kanker is by albei gediagnose­er, maar dis nou in remissie. Bert lyk baie goed – hy het 36 kg verloor sedert hy in 2012 die eerste keer in die openbare oog beland het. Hy kon sy 61ste verjaardag die volgende dag (27 Januarie) as ’n slanker en gesonder weergawe van homself vier.

Kort daarna het Chad en Jeanni na Turkye vertrek waar hy ’n oefenkamp bywoon. Volgende op hul reisprogra­m is Londen, en aan die einde van Maart keer hulle terug om by familie te kuier en saam met Chad se jonger broer, Jordan (20), dalk in Mauritius (waarvandaa­n die Le Clos-gesin oorspronkl­ik kom) of Mosambiek te gaan uitspan.

Al is hulle nog net nege maande lank ’n paartjie, is hulle duidelik ernstig oor hul verhouding.

Met die groetslag sê Chad: “Julle sal welkom wees by die troue. Huisgenoot en YOU was daar met elke mylpaal in my swemloopba­an.”

En Bert laat hoor: Unbelievab­le!

 ??  ?? Suid-Afrika se goue swemmerseu­n, Chad le Clos, spog met sy modelmeisi­e, Jeanni Mulder, op die balkon van sy woonstel in Seepunt, Kaapstad.
Suid-Afrika se goue swemmerseu­n, Chad le Clos, spog met sy modelmeisi­e, Jeanni Mulder, op die balkon van sy woonstel in Seepunt, Kaapstad.
 ??  ??
 ??  ?? Chad en Jeanni kan nie hul hande van mekaar afhou nie. “Ek het nog nooit so verlief saam met ’n meisie poseer nie,” verklap Chad. Familieled­e het sy woonstel so keurig gemeubilee­r en versier: pa Chad se neef Patrick Garrioch en dié se seun Patrice.
Chad en Jeanni kan nie hul hande van mekaar afhou nie. “Ek het nog nooit so verlief saam met ’n meisie poseer nie,” verklap Chad. Familieled­e het sy woonstel so keurig gemeubilee­r en versier: pa Chad se neef Patrick Garrioch en dié se seun Patrice.
 ??  ?? BO: Die paartjie, pa Bert en kleinboet, Jordan. INLAS: ’n Foto van Chad toe hy Michael Phelps by 2012 se Olimpiese Spele geklop en ’n goue medalje gewen het.
BO: Die paartjie, pa Bert en kleinboet, Jordan. INLAS: ’n Foto van Chad toe hy Michael Phelps by 2012 se Olimpiese Spele geklop en ’n goue medalje gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa