Huisgenoot

Ignoreer Mielie Senekal op eie risiko

Sedert sy in Republiek van Zoid Afrika naam gemaak het, durf ’n mens Mielie Senekal nie ignoreer nie

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: CORRIE HANSEN

AS JY nie weet wie sy is nie, sal jy waarskynli­k nie twee keer na die jong vrou in die restaurant kyk nie. Vreemd, sou jou reaksie dalk wees voor jy wegkyk. Dis ook nou nie juis asof daardie strak gesig jou nooi om kennis te maak nie.

Maar dis nie sommer net enigiemand nie. Die vrou in die roomyspien­k gehekelde truitjie, oranje broek wat styf om haar maag span en ligpienk Crocs is niemand anders nie as Mielie Senekal.

Mielie is die skreeusnaa­kse karakter wat deur die komiese aktrise en toneelregi­sseur Llandi Beeslaar gespeel word.

Dis nie Llandi wat vandag opgedaag het om met ons te gesels nie. Dis Mielie, onmiskenba­ar, eiesoortig en vreemd.

En sy neem haarself ernstig op, kom jy gou agter. Terwyl ek heimlik wonder of die styfpassen­de moue van die gehekelde pienk truitjie haar nie spatare gee nie, vertel sy sy het haar vir haar “Huisgenoot-blokraaion­derhoud” so opgetof.

Blokraaion­derhoud? Ja, antwoord sy doodernsti­g. Nadat ons haar aanbod om ons voorbladge­sig te wees van die hand gewys het, het sy vanselfspr­ekend aanvaar sy gaan in die blokraaise­l wees.

Ons klaar dié misverstan­d op en gesels oor haar loopbaan en drome. Met groot erns, natuurlik. Want as sy net vermoed ’n mens vind haar planne snaaks, kry jy ’n verontwaar­dige kyk van die sangeres van die trefferlie­djies Riekietiek­ie, Riekietiek­ietoe en Riekietiek­ietoe tot Nou.

Die land het Mielienda, oftewel Mielie, in 2016 leer ken in Keeping Up with Marinda, ’n reeks komiese sketse oor die Senekal-gesin in die kletsprogr­am Republiek van Zoid Afrika. Die program is deur die sangeres Karen Zoid aangebied en op kykNET uitgesaai.

Die Senekals is die susters Marinda (die “panfluitse­nsasie” wat die album Holriete uitgereik het, gespeel deur Karen); die effens af Mielie; en hul ma, Moemie Muis (Esther von Waltsleben). Moemie is ook Marinda se bestuurder.

Maar Mielie het groter ambisies. Sy wil graag een van twee drome waar maak, vertel sy. “Dit is nie ’n eersteprys- en dan tweedeprys­droom nie. Dit is droom 1A en 1B. Ek wil óf ’n internasio­nale musiekmens word óf ek wil ’n rugbyspele­r se

trophy wife wees.” Sy glimlag selfvoldaa­n. Sy het immers ’n stappie nader aan droom 1B beweeg toe sy onlangs haar hart verloor op Reitz Bekker (Sean van Noordwyk), die sterspeler van die Stryders in kykNET se Getroud met Rugby.

Maar dinge het nie uitgewerk nadat sy met ’n “Lekker Bekker”-plakkaat langs die rugbyveld gaan staan en by sy huis opgedaag het nie. Dit skeel haar min.

“’n Goeie aanhaling lui: ‘As jy obsessief is oor iets, laat dit gaan. As dit terugkom na jou, sluit dit toe sodat dit nie weer kan wegkom nie.’ Dis hoe ek oor Reitz voel, en ek dink dit is hoe hy oor my voel.”

HAAR lewe lank moes Mielie haar suster, Marinda, se panfluit ronddra, haar motor oppas en ander vuil werkies doen.

Maar toe tref sy die vermaakbed­ryf soos ’n

bom met Riekietiek­ie, waaraan sy in die geheim gewerk het. Nou lyk dit of nuwe sanghoogte­s wink.

Sy stel volgende maand ’n nuwe liedjie op die Stellenbos­ch-Woordfees bekend.

Ons gesels juis vandag hier op Philadelph­ia, ’n dorpie buite Kaapstad, want dis waar sy tot ná die Woordfees kuier.

Dan onthul Mielie: Op die Woordfees sal Karen en Kahn Morbee, hoofsanger van die Parlotones, haar agtergrond­sangers wees.

“Ek het vir hulle ’n WhatsApp-groep gestig; dus weet hulle daarvan,” vertel sy.

Is sy nie bang hulle twee sal die kollig steel nie?

“Nee. Het jy al gesien hoe Kahn aantrek? Hy dra grimering. Daai man kan niks steel nie.”

Vir Karen het sy ontmoet deur haar beste vriendin, die sangers Karlien en van Jaarsveld. “Ek is actually Karlien se dogtertjie se peetma,” sê sy trots. “Ek EkE het myself benoem.”

Is Karlien oukei daarmee? “Ek dink dinkd sy is. So Elah is my klein mieliepitj­ie.” e. .”

Mielie was een dag by toe Marinda in nda en Moemie saam met Karlien ’n op- o name doen. “Sy (Karlien) het haar aa ar handsak by my gelos. Die zip was a as oop, en ek kon voel sy sê vir my ek k moet haar selfoon vir haar oppas. Dit was toe dat ek Karen se nommer op haar foon kry.

“Ek weet Karen is nogal goed d daarmee om mense in musiek k supersukse­svol te maak. Ek het toe oe e ’n WhatsApp- groep vir my en n Karen gemaak sodat ons aan n planne kon dink vir my loopbaan.” n .”

Sy en Karlien het ’n spesiale ia ale vriendskap, vertel Mielie. Sy is d dol oor Karlien se pragtige hare. Hul H vriendskap is so heg dat dit tyd is om o hul klerekaste een te maak, het t sy onlangs vir Karlien op WhatsApp Ap pp vertel. Maar Karlien het sedertdien di ien nog niks laat hoor nie.

Sy peins ’ n rukkie daaroor. “As ’n mens na die WhatsApp kyk, sê dit sy was laas in 2014 aanlyn.”

Het Karlien nie dalk k haar nommer verander nie? “Hoekom sou sy dit wou doen? Dan moet sy twee nommers onthou. Dis sou simpel wees.”

Die meeste van haar uitrusting­s is haar ma se ou klere en die res kom van ouetehuise. Sy ruil soms Marinda se CD’s vir kledingstu­kke wanneer van die ou mense nie daarvoor kan betaal nie.

Oor haar verhouding met Marinda: “Ek gaan nie sê dinge is great nie, maar ek gaan ook nie sê dis nie great nie. Maar ek wil regtig nie oor Marinda praat nie.”

En Moemie? “Moemie steun my op haar eie manier. Ek dink sommige sal dink sy kraak my af. a Maar soms moet ’n mens iets afbreek om o dit weer op te bou. Dit is iswwa wat ek dink.”

Mielie Mieeli het saam met Moemie Moemmi en Marinda op ’n hoewe hoewwe buite Vereenigin­g grootgewor­d groottg en is tuis on

derrig. derrri Sy het “dieselfde vakke gehad as kinders op skool, soos tuinmaak en wasgoedteg­nologie”. Selfs ’n kortkursus in deursigtig­e muurtegnol­ogie gedoen, waarin sy geleer het om vensters te was.

Mielie is ook ambassadeu­r van die aktrise Hanna Grobler se liefdadigh­eidsorgani­sasie, Hanna Charity. Sy en Reitz het mekaar juis by een van Hanna se geldinsame­lingsbyeen­komste ontmoet.

“Ek het by ’n steakroll- stalletjie gewerk en hy was in die stalletjie langsaan. Hy was mal oor my,” vertel Mielie.

“Ek het regtig nie geweet hy het ’n meisie nie; hy het haar nie een keer genoem nie. Ek wil net hê mense moet weet ek is nie die soort wat iemand stalk of opsetlik in ander se slaai krap nie.”

Haar blou oë loer ernstig onder die dik, skewe kuif uit wat sy met ’ n skaapskêr tem.

En jy besef: Ja, Mielie is uiters vreemd, maar heel moontlik onskadelik.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Mielie Senekal by ’n trekker op die dorpie Philadelph­ia.
HOOFFOTO: Mielie Senekal by ’n trekker op die dorpie Philadelph­ia.
 ??  ??
 ?? INSTAGRAM/@GETROUDMET­RUGBYKYKNE­T ??
INSTAGRAM/@GETROUDMET­RUGBYKYKNE­T
 ??  ?? LINKS en HEEL LINKS: Die vele gesigte van Mielie. ONDER: Sy was al in Getroud met Rugby te sien. Sy was verlief op een van die Stryders-spelers, Reitz Bekker (Sean van Noordwyk).
LINKS en HEEL LINKS: Die vele gesigte van Mielie. ONDER: Sy was al in Getroud met Rugby te sien. Sy was verlief op een van die Stryders-spelers, Reitz Bekker (Sean van Noordwyk).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa