Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer). DOM FOON

Ek sal dit ’n “slimfoon” noem wanneer ek die dag gil: “Waar’s my foon?” en die foon skree terug: “Hier, onder die kussing!” Tot dan noem ek my landlynfoo­n my selfoonvin­der. LITA SCHOON

HOE NOU?

Koos sê vir sy vriend: “Hoe moet ’n mens dit verstaan? Die een Sondag sê die dominee drank is ’n mens se vyand, maar die volgende Sondag sê hy ’n mens moet jou vyand liefhê.” F.H. HORNE, HARTENBOS

SKIVAKANSI­E

Die blondine trek ’n paar ski’s aan en staan in die vlak water en wag. Niks gebeur nie. Later kla sy mismoedig: “Ek weet nie wat aangaan nie. In Switserlan­d het hulle vanself beweeg.” ANTON VAN RENSBURG

KLAKOUS

Hy was so vol ipekonders, hy het daarop aangedring om langs die dokter begrawe te word. LITA SCHOON

MISVERSTAN­D

Hans was in sy skik toe hy ’n meisie ontmoet wat sê hy kan ’n leemte in haar lewe vul. Eers ná die troue het hy ontdek die “leemte” waarvan sy gepraat het, is in haar hangkas. SAN MARCHAND

VREEMDE VERSKYNSEL

Boer: “Ek het ’n natuurfrat­s op my plaas – ’n skaap met twee bene.” Buurman: “Ja, ek weet. Hy het gisteraand by my dogter kom kuier.” HELENA, KEMPTON PARK

ASEMLOOS

’n Vrou kla by ’n vriendin. “My man sê ek doen niks meer wat sy asem wegslaan nie.” “Wat doen jy toe?” vra die vriendin. “Toe gooi ek sy asmapompie weg.” HENK VAN LINGEN, VEREENIGIN­G

BOSGEVEG

’n Onnutsige aap en ’n hiëna stry oor wie die dapperste van hulle twee is. Elkeen spog daarmee dat hulle hulle nie eens deur ’n leeu sal laat rondjaag nie.

Terwyl hulle gesels, kom ’n leeu daar aan. Toe hy hulle sien, storm hy op hulle af. Die aap skarrel in ’n boom op, maar die hiëna kan nie betyds wegkom nie en beland in ’n verwoede geveg met die leeu. Hy oorleef dit net-net.

Die hiëna lê bebloed onder die boom. Die aap klim af en stap nader. “En toe,” sê die hiëna, “ek dog jy’s so dapper, maar toe kom help jy my nie toe die leeu my pak nie.”

“Ek is jammer,” sê die aap. “Ek het gewonder of ek jou moet kom help, maar toe ek hoor hoe lekker jy lag, het ek gedink jy wen.” LEON KRUGER

LANG DAG

Ongeduldig­e voorman: “Hoe kry jy dit reg om so baie dom dinge op een dag te doen?” Vakleerlin­g: “Want ek staan baie vroeg op, meneer.” KASOEPIE

BLINK STEFAANS

Santie wag vir haar nuwe kêrel om haar te kom haal. Dis ook nie lank nie toe hou ’n blink Porsche voor haar ouerhuis stil.

Santie se pa stik amper in sy koffie en vra: “Sjoe, my kind, wat doen dié mannetjie vir ’n lewe?”

Waarop sy antwoord: “Hy erf!” F.H. HORNE, HARTENBOS

KORT VAN GEDAGTE

My geheue is nou so sleg, ek kan my eie verrassing­spartytjie beplan. DENISE, PRETORIA

HUISMOLES

Ma vra vir Sannie wat hulle vandag by die Sondagskoo­l geleer het. “Ons het ’n liedjie geleer oor die oom en tannie langsaan wat so baklei,” vertel sy. “Nou hoe so?” vra haar geskokte ma. “Ons het gesing: Looi hom met die trommel, looi hom met die hark, looi hom met die stinkende sandale.” HENK VAN LINGEN, VEREENIGIN­G

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa