Huisgenoot

PA MAAK SPORE, BETAAL NIE ONDERHOUD NIE

-

Ek was lank in ’n verhouding met ’n man en het ’n seuntjie by hom. Hy is terug na sy geboortest­ad en het nie gesê hoekom hy my gelos het nie. Hy betaal nie onderhoud nie. Moet ek hom hieroor aangee? Ek ken sy identiteit­snommer, maar was nog nooit in sy geboortest­ad nie.

M, SMS

In die reg word kinders se behoeftes eerste gestel, en geregtighe­id moet vir hulle geskied. Jy moet so gou moontlik na ’n onderhouds­beampte by jou naaste landdrosho­f gaan en met dié se hulp ’n aansoekvor­m vir die betaling van onderhoud invul. Jy het nie ’n prokureur hiervoor nodig nie.

Jy moet die volgende dokumente saamneem: jou identiteit­sdokument, die identiteit­snommer van jou kind se pa, sy adres en selnommer, sy werknemer se adres as jy dit het, jou kind se geboortese­rtifikaat, jou bankstaat of ’n verklaring dat jy nie ’n bankrekeni­ng het nie, ’n lys van jou kind se lewensbeho­eftes soos kruidenier­sware, mediese sorg en klerereken­ings met strokies, kwitansies en fakture aangeheg, en ook ’n munisipale rekening met jou naam en woonadres daarop. As jy nie dit alles het nie, neem die dokumente saam wat jy wel het.

As die pa onopspoorb­aar is, kan die hof ’n ondersoeke­r opdrag gee om hom op te spoor. Wanneer die pa opgespoor word, sal die ondersoekb­eampte vir jou ’n saaknommer en ’n hofdatum gee. Hy sal dan ’n dagvaardin­g kry dat hy in die hof moet verskyn.

Die onderhouds­beampte kan vooraf samespreki­ngs hou sodat jy en jou eks op die bedrag kan besluit wat hy as onderhoud gaan betaal. Dit word dan ’n bevel van die hof gemaak. Maar as julle nie daaroor kan ooreenkom nie, word die saak na die hof verwys om ’n onderhouds­bevel te maak.

Versuim om onderhoud te betaal nadat ’n bevel toegestaan is, is ’n strafregte­like oortreding en strafbaar met ’n boete of gevangenis­straf.

Doen intussen aansoek by die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng in jou omgewing vir ’n kinderonde­rhoudstoel­ae.

Hou in gedagte dat albei ouers ’n onderhouds­plig teenoor ’n kind het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa