Huisgenoot

Nuut op die rakke

Twee boeke vir oud en jonk

- Deur ELNA VAN DER MERWE

ANNE FRANK’S DIARY: THE GRAPHIC ADAPTATION Deur ARI FOLMAN & DAVID POLONSKY (Viking, R239*)

Ek moet erken ek het ernstig voorbehoud­e gehad toe ek die eerste keer van dié boek hoor. Was dit regtig ’n goeie idee om ’n grafiese roman van Anne Frank se dagboek te maak? Daar was sekerlik die gevaar dat ’n ligsinnige aanslag die gruwels van wat Anne en haar gesin beleef het, kon verminder.

Gelukkig was my bekommerni­sse ongegrond. In werklikhei­d gee die illustrasi­es vir die leser ’n beter begrip van die lot van Anne en die ander Joodse inwoners van daardie geheime Amsterdams­e anneks.

Jy kry ’n gevoel van hul vrees en kloustrofo­bie, verveling en daaglikse irritasies terwyl hulle vir die Nazi’s weggekruip het. Anne se intelligen­sie en humor sowel as haar drome kom ook na vore. Al ken jy die verhaal, sal dié weergawe jou hoendervel gee.

Anne was net 13 toe sy en haar mense genoodsaak is om weg te kruip – twee jaar lank was hulle in die anneks gekluister. Hierdie weergawe eindig stomp, nes haar dagboek – 1 Augustus 1944 was haar laaste inskrywing. ’n Paar dae later het die Nazi’s die wegkruippl­ek ontdek.

Die tiener is weggevoer na die BergenBels­en-konsentras­iekamp in Duitsland, waar sy ’n paar maande later dood is net voor haar 16de verjaardag.

Maar haar dagboek het dit oorleef en word vandag nog beskou as een van die besonderst­e boeke van die vorige eeu. As jy die grafiese roman lees, sal jy begryp hoekom. Volwassene­s, maar ook tieners, sal aangegryp word.

 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Die Israeliese illustreer­der David Polonsky besig met die grafiese roman.
ONDER: Die Israeliese illustreer­der David Polonsky besig met die grafiese roman.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa