Huisgenoot

OP ’N NUWE NOOT

Johan Stemmet (67) het verlede maandand ná 29 jjaar die laaste keer SABC2 se gewilde musiekspel­etjiesusie­kspeletjie­s - program Noot vir Noot aangebied. Ditit het geskiedeni­s gemaak as Suid-Afrika se langste aaneenlope­nde TVreeks. Ons het met hom gesels.

- N

Is dit nou die swanesang vir jou en die program?

Nee, glad nie! Ek gaan net nie meer Noot vir Noot aanbied nie en meer aandag aan my rol as uitvoerend­e vervaardig­er skenk. Ons is juis nou kliphard aan die werk aan die volgende seisoen, wat teen Augustus op die lug sal wees.

Wie is die nuwe aanbieder?

Kykers sal nog so vier maande moet wag om uit te vind.

Jy is veral bekend vir die flambojant­e onderbaadj­ies wat jy gedra het . . .

Ek het dit net in drie of vier van die 43 seisoene gedra. Dus so 50 onderbaadj­ies.

Moes jy al deelnemers troos?

Die spanning loop hoog tydens die program, en wanneer iemand uitval, loop die trane ook sommer ná die tyd. Dan troos ek maar.

Het jy self ook partykeer gesing?

Ek het in die eerste 10 seisoene elke keer in die laaste episode opgetree, maar dit toe gelos om vir ander sangers plek te maak.

Hoeveel mense het in Noot vir Noot se 700 episodes verskyn?

Daar was 1 892 hoopvolle deelnemers, en sowat 123 000 gaste het die opnames bygewoon.

Wat was vir jou die mooiste Afrikaanse liedjie wat in die program gespeel is?

Sjoe, daar is baie! Maar as ek een moet uitsonder, sal dit seker Theuns Jordaan se weergawe van Beautiful in Beaufort-Wes wees.

Is jou gesinslede ook by Noot vir Noot betrokke?

Ja, my vrou, Colleen, is nog altyd die amptelike puntetelle­r. Ons seun Carl is die kreatiewe regisseur en een van die konsepbepl­anners, en hy is al 13 jaar lank deel van die maatskappy.

Waarmee is jy nog alles besig?

Die beplanning vir die volgende Musiek Roulette (ook vir SABC2) word nou gedoen. Ek en Riaan Cruywagen beplan ook ’n opwindende nuwe konsep waaroor ons binnekort die sluier sal lig.

 ??  ??
 ??  ?? KLEURRYKE ONDERBAADJ­IES
KLEURRYKE ONDERBAADJ­IES
 ??  ?? KYK HOE KYK SY VIR MY!
KYK HOE KYK SY VIR MY!
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa