Huisgenoot

Die Ventertjie­s

Dié instrument­ale groep se derde album boer op die trefferpar­ades

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Wat om te verwag

D Dié kitaarduo best staan uit die Ventersu sussies, Nicola (20) op melodiekit­aar en L Lindie-Lee (17) op b baskitaar, van die O Oos-Rand. Die twees stuks se derde album, Vanaand Dans Dan Ons Weer, bevat 13 boeremusie­ksnitte.

Die danssnitte bestaan uit ou bekendes soos Die Kalfiewals en die Hantam Opskop, asook twee nuwe komposisie­s deur Nicola, naamlik die titelsnit en Waslap Vastrap. Lindie, ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Stoffberg, vertel sy komponeer glad nie, “want daar is nog te veel skoolwerk in my kop”.

Hulle wou iets vir elke smaak op die album insluit, verduideli­k Nicola, vandaar die kontemporê­re nommers soos Nic Stevens se treffer Jonk Bly. Die album word afgesluit met ’n bonussnit waar Pieter Smith ’n Afrikaanse keurspel sing.

Hul musiekpad

Nicola en Lindie het in ’n musiekhuis grootgewor­d. Hul pa, Hennie, is ook ’n kitaarspel­er en was destyds leier van die Vasvatdans­orkes. Ma Rachel was die tromspeler, en die meisies het saamgegaan wanneer daar oor naweke iewers gespeel is. Nicola was so sewe jaar oud toe sy haarself op ’n “klein blikkitaar­tjie” leer speel het, en toe Lindie nege was, het sy die baskitaar onder die knie gehad en in haar pa se orkes begin speel. Die twee het in 2014 as Die Ventertjie­s begin saamspeel, en hul eerste album, Vlindervin­gers, is die jaar daarna uitgereik.

Sukses

Vanaand Dans Ons Weer pronk sedert Junie verlede jaar op verskeie trefferpar­ades en is steeds een van Musica se top-40-verkopers.

In 2017 is Die Ventertjie­s se album Wikkel Vingers op die Satma (Suid- Afrikaanse Tradisione­le musiek pryse )toekenning­s geleenthei­d as wenner aangewys in die afdeling beste boeremusie­kalbum. Hierdie album het ook ’n Ghoema-benoeming gekry in die afdeling beste tradisione­le album.

Nicola sê die erkenning wat hulle vir hul harde werk kry, laat hulle goed en dankbaar voel.

2019-planne

Hulle is reeds vol planne vir die nuwe jaar. In Maart toer hulle deur Namibië met 14 optredes in drie weke, wat opgevolg word met ’n Kaapse toer in Junie.

Omdat sy nog op skool is, kan hulle net tydens skoolvakan­sies toer, verduideli­k Lindie. “Ander optredes word hoofsaakli­k tot naweke beperk.” Daar is ook ’n musiek-DVD in die vooruitsig.

 ??  ?? Die sussies Lindie-Lee (17) en Nicola (20), wat saam musiek maak as die kitaarduo Die Ventertjie­s.
Die sussies Lindie-Lee (17) en Nicola (20), wat saam musiek maak as die kitaarduo Die Ventertjie­s.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa