Huisgenoot

OUPA ONTSNAP

-

Deur DAVID WALLIAMS (Protea Boekhuis, R215*)

Ja, hy is eintlik David Williams. Walliams is die van wat hy profession­eel gebruik.

David was reeds gevestig en wyer as sy landsgrens­e as komediant bekend toe hy in 2008 skielik begin kinderboek­e uitryg. En met soveel sukses dat hy deesdae die Britse Roald Dahl genoem word.

Meer as 25 miljoen eksemplare van sy boeke is al wêreldwyd verkoop en in 53 tale vertaal. In Afrikaans het ons Mnr. Stink, Die Seun in die Rok, Ouma Is ’n Kroek, Boudebiljo­enêr, Rotburger, Die Tandeterro­ris en Die Middernagb­ende. Karre en Kroeks en Die Aardigste Kinders op Aarde 1 & 2 verskyn later vanjaar.

Die talentvoll­e David lees sy oudioboeke self en maak die stemme van al die karakters na. Hy vertel in ’n onderhoud dat dit nie vir hom moeilik is nie, maar wat wel sukkel, is wanneer hy van die een stem na die ander moet oorskakel.

Hy is ook fisiek aktief: Om geld in te sa- mel vir die Sport Relief-liefdadigh­eidsorgani­sasie, het hy al die Engelse Kanaal (35 km) en die Straat van Gibraltar (19 km) deurgeswem, en in 2010 het hy deur Brittanje fietsgetra­p om saam met ander bekendes £ 1 miljoen vir dieselfde doel in te samel.

In Oupa Ontsnap moet Jack sy geliefde oupa bystaan nadat sy ouers die ou man na dieTwiligh­t Towers gestuur het omdat sy kop deurmekaar­geraak het. Toe oupa nog op sy eie gewoon het, het Jack gereeld by hom gaan eet. Oupa het hier na willekeur blikkies oopgesny vir hul ete: boeliebief en pynappelst­ukkies, sardiens en ryspoeding, sousbone en ingemaakte perskes.

Nou is die goeie ou dae verby en moet Jack sy oupa help ontsnap uit die kloue van die aaklige matrone Swine (regs).

As dié boek 10-jarige lesers gelukkig sal maak, is ek 10.

 ??  ?? David Walliams, die komediant en akteur wat nou as kinderboek­skrywer selfs meer roem verwerf.
David Walliams, die komediant en akteur wat nou as kinderboek­skrywer selfs meer roem verwerf.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa