Huisgenoot

HOE GOED KEN JYTAYLOR SWIFT?

TOETS JOU KENNIS OOR DIÉ TREFFERMAS­JIENTREFFE­RMASJIE

-

1Waarmee is geboer op die plaas in Pennsilvan­ië waar Taylor grootgewor­d het? (a) Skape (b) Druiwe (c) Kersbome (d) Olyfbome 2Wat is Taylor se jonger broer se naam? (a) Austin (b) Maxwell (c) Michael (d) John 3Na watter gewilde fiktiewe karakters is haar twee katte genoem? (a) Iron Man en Black Widow (b) Olivia Benson en Meredith Grey (c) Shrek en Fiona (d) Bumblebee en Megatron 4Die liedjie All Too Well, op haar 2012-album, Red, gaan glo oor haar kortstondi­ge romanse met watter Hollywoods­ter? (a) Harry Styles (b) John Mayer (c) Jake Gyllenhaal (d) Taylor Lautner 5In watter fliek het Taylor teenoor haar eks Taylor Lautner gespeel? (a) The Giver (b) The Lorax (c) Mean Girls (d) Valentine’s Day 6Taylor het ’n duet saam met drie uit die vier sangers gesing. Watter een pas nie? (a) Lady Gaga (b) B.o.B. (c) Ed Sheeran (d) The Civil Wars 7Hoeveel Grammyprys­e het Taylor al gewen? (a) 10 (b) 5 (c) Geen (d) 15 8 Watter liedjie op haar Reputation-album gaan oor haar ontmoeting met haar kêrel, Joe Alwyn? (a) End Game (b) Delicate (c) Ready for It (d) Gorgeous 9Wat is die naam van die akteur wat in haar musiekvide­o Wildest Dreams speel? (a) Shia LaBeouf (b) Brad Pitt (c ) Scott Eastwood (d) Timothée Chalamet 10Watter een van Taylor se besties se dogtertjie sing die woord “gorgeous” aan die begin van haar liedjie Gorgeous? (a) Blake Lively (b) Jaime King (c) Lily Aldridge (d) Karlie Kloss HOE LYK JOU TELLING?

8-10 Jy is meer as ’n aanhanger; jy aanbid Tay-Tay. Spaar solank jou geld vir as sy eendag op een van haar toere ’n draai in Suid- Afrika kom maak!

4-7 Jy hou van Taylor se musiek, maar het ander gunsteling­sterre op wie jy ewe versot is.

0-3 Jy is min gepla met Taylor se doen en late en kan beslis nie woord vir woord saamsing wanneer Shake It Off oor die radio gespeel word nie. 10A 9C, 8D, 7A, 6A, 5D, 4C, 3B, 2A, 1C, ANTWOORDE:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa