Huisgenoot

AANDIE LIEFDESFRO­NT

’n Herdenking, troukoors en ’n ou liefde wat nie roes nie – Kupido het omtrent sy hande vol in Hollywood

-

Twee jaar saam

Jennifer Lopez koer gereeld oor Alex Rodriguez (43). En toe hulle onlangs twee jaar saam vier, kon sy nie sy lof genoeg besing nie. “Jy maak my wêreld ’n mooier, veiliger en bestendige­r plek,” het sy by ’n reeks oulike Instagramm­foto’s geskryf. “Te midde van ons ewig veranderen­de, ewig bewegende lewe laat jy my soos ’n tiener voel.”

J-Lo (49), wat al drie huwelike agter die rug het, het tevore gesê sy sal die moontlikhe­id oorweeg om weer te trou. Sy hou van “die idee om saam met iemand oud te word, aan hulle toegewyd te wees en om dit aan mekaar te verklaar – nie soseer aan die wêreld nie, maar aan mekaar”.

‘Ons werk daaraan’

Dit was ’n skok vir haar aanhangers toe Cardi B verlede jaar op Instagram aankondig sy en Offset (27) gaan skei te midde van gerugte dat hy haar verkul het. Maar die rapper (26) sing nou ’n ander deuntjie. Op ’n vraag oor hul verhouding het Cardi aan People gesê: “Ons werk daaraan. Ek hang saam met hom uit, ek praat elke dag met hom en ons doen ons ding. Dit neem tyd om dinge volmaak te kry. Om saam te slaap beteken nie julle sing ’n volmaakte noot nie; dit verg tyd. Dis ’n huwelik, en ’n kind en gesin is betrokke.” Sy het gesê hul dogter, Kulture (8 maande), is hul “ware fokus”.

Chris en Kate haak binnekort af

HHulle ll i is skaars k ’ ’n maandd verloof,l maar Chris Pratt (39) en Katherine Schwarzene­gger is druk besig om hul troue te beplan.

Chris het by die première van sy jongste fliek, The Lego Movie 2, verklap hy en Katherine (29) oorweeg “’n herfs-, wintersoor­t-ding” vir hul troue. “Nog baie moet gedoen g word,” het hy bygevoeg.

’n Bron het aan E! News gesê die paartjie beplan ’n groot tradisione­le bruilof.

“Chris wil hê dit moet die volmaakte dag vir v haar wees en al haar hartsbegee­rtes waar w maak,” sê die bron.

Saam of nie?

Die skinderton­ge he het die eerste keer geklap toe hulle by ’n konsert in Londen gesien is. Nou het ’n foto van Naomi Campbell (48) en Liam Payne (25) tydens ’n ete-afspraak in Ghana tot gerugte van ’n romanse gelei.

Hulle het tevore in die sosiale media vir mekaar flikkers gegooi toe Liam by ’n selfie van Naomi skryf: “Volmaakthe­id in ’n mens. Moenie met daardie oë vir my kyk nie.” Die supermodel het self kwistig met die heuningkwa­s gewerk toe sy by ’n foto van Liam sonder sy h hemp skryf: “Pragtige siel.”

Hulle het nie die gerugte b bevestig of ontken nie.

 ??  ?? Alex en Jennifer saam met sy dogdogters, ElElla (links) en Natasha, en J-Lo J se tweeling, tw Max M en Emme. Em
Alex en Jennifer saam met sy dogdogters, ElElla (links) en Natasha, en J-Lo J se tweeling, tw Max M en Emme. Em

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa