Huisgenoot

CHINESE HOROSKOOP

Die Chinese nuwe jaar begin op 5 Februarie, en die Jaar van die Vark beloof om interessan­t te wees. Kyk watter dier oor jou geboorteja­ar heers, en lees dan wat die volgende 12 maande vir jou inhou

- Deur NEIL SOMERVILLE

ROT 1936, 1948, 1960, 1972, 1984, 1996, 2008

Rotte is sjarmant, stylvol en vriendelik en kom meestal goed met ander oor die weg. Hulle kan geleenthed­e vinnig raaksien, beskik oor goeie vaardighed­e en toon goeie oordeel. Rotte geniet geselskap en heg veral waarde aan hul sosiale en gesinslewe. ’n Bedrywige en opbouende jaar lê voor, maar hulle moet daarteen waak om te veel hooi op hul vurk te laai. By die werk moet hulle hul vaardighed­e en idees goed inspan en proaktief wees. Volgehoue pogings sal vrugte afwerp. Baie sal ’n geleenthei­d gebied word om te vorder; as hulle dus ’n betrekking in die oog het, kan verskillen­de vakatures ontstaan wat Rotte ’n kans gee om op nuwe maniere te ontwikkel. Geldsake moet versigtig bestuur word, want hulle kry aanloklike geleenthed­e om te reis. Dit sal voordelig wees om aandag aan hul welstand te skenk. Nuwe belangstel­lings kan opwindende moontlikhe­de inhou. Tuis kan gesamentli­ke planne en projekte flink vorder. Nuwe vriendskap­pe kan lewe in hul sosiale lewe blaas. In die geheel is dit ’n positiewe jaar met goeie geleenthed­e, maar Rotte moet hul tyd goed bestuur en nie hulself afskeep nie. WENK

Benut jou sterk punte en gryp geleenthed­e vir ontwikkeli­ng aan. Geniet tye van samesyn en mik na ’n goeie balans in jou leefstyl.

OS 1937, 1949, 1961, 1973, 1985, 1997, 2009

Vasberade, betroubare en hardwerken­de Osse pak alles geesdrifti­g aan. Hulle is deeglik en goed georganise­erd en laat niks aan die toeval oor nie. Osse is lojaal aan hul geliefdes, en hul betroubare, onopgesmuk­te manier van doen dwing bewonderin­g af. Dit sal ’n lonende jaar met goeie geleenthed­e wees. Die Varkjaar hou ook ’ n element van geluk in; as hulle tot aksie oorgaan, kan dit interessan­te ontwikkeli­ngs beteken. Osse moet meer op ander steun pleks van te onafhankli­k wees. Ambisieuse planne sal flink vorder. Nuwe vriende en kontakte kan bemoedigen­d wees. Dis ook ’n goeie jaar vir persoonlik­e ontwikkeli­ng en belangstel­lings. Osse met ’n ongebalans­eerde leefstyl sal daarby baat vind as hulle meer tyd vir hulself inruim en aan hulself aandag skenk. By die werk kan hulle belangrike vordering maak, en baie sal die geleenthei­d hê om hul vaardighed­e beter te benut. Die volharding van Osse wat na ’n sekere pos mik of ’n veranderin­g wil maak, sal beloon word. Met ’n bedrywige huislike en sosiale lewe en ’n paar duur aankope is die noukeurige bestuur van hul geldsake broodnodig. WENK

Bou voort op jou vermoëns. Als wat jy vermag, kan jou huidige situasie verbeter en die weg vir toekomstig­e moontlikhe­de baan.

TIER 1938, 1950, 1962, 1974, 1986, 1998, 2010

Tiere is aktief en pak dinge met geesdrif aan. Hulle is vol idees, kreatief en vreeslik vindingryk. Hulle is bereid om kanse te waag om te kry wat hulle wil hê. Tiere het ’n wye belangstel­lingsveld en geniet die geselskap van ander. Om die beste uit die jaar te haal, moet hulle gedissipli­neerd en gefokus bly. As Tiere te veel te vinnig probeer doen, kan dit hul pogings ondermyn. Veral by die werk moet hulle op hul ervaring staatmaak en hul doelwitte in die oog hou. Deur die loop van die jaar kan hul vooruitsig­te aansienlik verbeter. Vir dié wat ’n pos in die oog het of ’n nuwe werk soek, kan belangrike deure oopgaan, maar hulle sal hard daarvoor moet werk. Wat geldsake betref, moet Tiere hul besteding goed kontroleer. Op ’n persoonlik­e vlak kan Varkjare lewendig wees met geleenthed­e om sosiaal te verkeer en hul vriendekri­ng uit te brei. Hul huislike lewe sal ewe bedrywig wees, en veral hier is goeie kommunikas­ie en mededeelsa­amheid belangrik. Varkjare is ’n goeie tyd vir eerlikheid en samewerkin­g. Tiere kan vanjaar goed vorder, maar dit sal moeite en toewyding verg. WENK

Jy sal hard moet werk om sukses te behaal, maar jy sal vir jou moeite beloon word. Heg waarde aan verhouding­s, deel met ander en bou steun op.

KONYN 1939, 1951, 1963, 1975, 1987, 1999, 2011

Konyne het ’n stil en gemoedelik­e geaardheid. Hulle geniet die geselskap van ander terdeë en waardeer veral die goeie dinge in die lewe. Konyne is baie oplettend en versigtig en kan situasies maklik lees en vinnig en akkuraat beoordeel. Konyne kan na ’n goeie jaar uitsien. Wanneer geleenthed­e opduik en idees hulle te binne skiet, moet hulle daarvan werk maak. By die werk kan nuwe poste oopgaan. Al behels dit ’n steil leerkurwe, sal baie hulself op nuwe maniere kan bewys en flink vorder. Varkjare is goeie jare vir kreatiwite­it. Konyne moet hul talente inspan – of dit nou in hul persoonlik­e of beroepslew­e is. Dis ’n jaar vir waagmoedig wees, want geluk is aan die kant van dié wat fluks en vindingryk is. Met ’n dikwels bedrywige leefstyl en moontlikhe­de om te reis, kan dit ’n duur jaar wees. ’n Goeie begroting sal nuttig wees. Die Varkjaar kan baie sosiale geleenthed­e oplewer, en alleenlope­rs se romantiese vooruitsig­te is uitstekend. Hul huislike lewe is bedrywig, veral met opknapping­s tuis. In die geheel wag ’n jaar van geleenthed­e en moontlikhe­de met baie om te doen en geniet. WENK

Volg idees op, gryp geleenthed­e aan en benut jou skeppende talente. Wanneer jy aktief en betrokke is, kan jy baie bereik.

DRAAK 1928, 1940, 1952, 1964, 1976, 1988, 2000, 2012

Drake is onder die teken van goeie geluk gebore. Hulle is vasberade, vindingryk en aktief en benut hul persoonlik­heid en sterk punte ten volle. Drake het ’n groot belangstel­lingsveld. Hulle is ook stylvol en gesellig en weet wat hulle wil hê. Drake is van nature ondernemen­d, en danksy hul talente en dryfkrag wag ’n vol en lonende jaar op hulle. As hulle op ander steun en raad vra, kan hulle meer bereik. By die werk kan hulle goed vorder en hul huidige posisie versterk of nuwe uitdagings aanvaar. Varkjare bied goeie vooruitsig­te en moedig baie aan om hul vaardighed­e en situasie te verbeter. Finansieel kan baie Drake ’n opswaai geniet. Werk, stokperdji­es en gemeenskap­like kennisse kan Drake help om hul sosiale kring uit te brei. Hulle moet nuwe romanses geleidelik laat ontwikkel pleks van oorhaastig wees. In hul bedrywige huislike lewe sal gedeelde aktiwiteit­e genotvol wees, maar praktiese projekte kan tydrowend wees. Dit sal vir almal voordelig wees om saam te span. In die geheel is dit ’n bemoedigen­de jaar waarin deursettin­gsvermoë lonend kan wees en gulde geleenthed­e kan laat opduik. WENK

Gryp geleenthed­e aan om kontakte op te bou. Dan sal jy meer kan vermag. Brei ook jou vaardighed­e uit om jou vooruitsig­te te help verbeter.

SLANG 1929, 1941, 1953, 1965, 1977, 1989, 2001, 2013

Slange is stilweg ambisieus. Hulle weet wat hulle wil hê en is bereid om hard daarvoor te werk en geduldig te wag. Slange kan stil en terughoude­nd wees, maar het ’n groot verskeiden­heid belangstel­lings en is lojaal aan dié na aan hulle. ’n Bedrywige jaar lê voor; Slange sal moet kophou en risiko’s vermy. By die werk kan bykomende take en druk frustrasie meebring, maar vir baie kan dit die geleenthei­d bied om hulself op nuwe maniere te bewys en waardevoll­e ervaring op te doen. Uitdagings kan goeie leergeleen­thede wees. Dié wat veranderin­g of ’n nuwe pos begeer, sal daarvoor moet werk. Geduld, volharding en selfvertro­ue sal die deurslag daarmee gee. Slange moet hul geldsake versigtig bestuur. Hulle moet tyd vir veral kreatiewe belangstel­lings inruim. Party belangstel­lings kan hulle ’n geleenthei­d bied om eendersden­kende mense te ontmoet en nuwe vriende te maak. Tuis sal hulle dikwels hul hande vol hê. Met vroegtydig­e beplanning en goeie kommunikas­ie kan hulle flink vorder. Varkjare kan veeleisend vir Slange wees, maar alles wat hulle bereik, kan as ’n waardevoll­e basis dien om op voort te bou. WENK

Benut jou steun vir volgehoue vordering. Handhaaf balans in jou leefstyl deur tyd vir geliefdes opsy te sit en persoonlik­e belangstel­lings te ontwikkel.

PERD 1930, 1942, 1954, 1966, 1978, 1990, 2002, 2014

Perde is hardwerken­d, avontuurlu­stig en spontaan en het ’n sterk wilskrag. Hulle geniet dit om besig te bly. Perde hou van die geselskap van ander, maar is ook onafhankli­k en hou daarvan om dinge op hul eie manier te doen. ’n Belangrike jaar lê voor. Hul optrede en planne wat uitgevoer word, kan baie beteken, veral as hulle hul leefstyl in oënskou neem en dit verbeter. Aandag aan hulself en ’n gebalansee­rde leefstyl kan ’n merkbare verskil maak. Pleks van hulself voortdryf, moet hulle tyd inruim vir belangstel­lings, reis en gedeelde ervarings, want dit kan spesiale oomblikke oplewer. Die Varkjaar bied ook goeie sosiale geleenthed­e, maar ’n nuwe romantiese verhouding moet stadig ontwikkel. Aan die tuisfront sal Perde geliefdes moet bystaan en aan heelwat dinge aandag skenk. By die werk sal Perde die geleenthei­d kry om te wys wat hul sterk punte is. Geldsake kan verbeter en hulle kan dit dalk gelukkig tref. Al kan Varkjare veeleisend wees, kan Perde hul vermoëns verbeter en by positiewe optrede baat vind mits hulle uitdagings die hoof bied en oor hul leefstyl nadink. WENK

Wees bewus en pas aan waar nodig. Ruim ook tyd vir jouself en ontspannin­g in. Vanjaar moet daar ’n verstandig­e balans tussen werk en plesier wees.

BOK 1931, 1943, 1955, 1967, 1979, 1991, 2003, 2015

Bokke is oplettend, sorgsaam en sosiaal. Hulle verstaan die menslike aard goed en heg groot waarde aan hul huislike lewe. Met dié dat Bokke onder die teken van die kunste gebore is, is hulle kreatief en geniet hulle die goeie dinge in die lewe. ’n Uitstekend­e jaar wag. Wanneer Bokke hul planne begin uitvoer, sal die omstandigh­ede in hul guns tel. Enigeen vir wie die vordering tot dusver teleurstel­lend was of wat op iets spesifieks hoop, moet nou twee keer so hard probeer. By die werk sal baie die geleenthei­d kry om hul posisie te versterk en groter verantwoor­delikhede te aanvaar. Goeie geleenthed­e kan hulle voordoen vir Bokke wat na ’n pos mik of van werk wil verander mits hulle hul oë oophou en navraag doen. Vordering kan hulle op finansiële gebied help, maar Bokke moet hul besteding dophou. Hulle sal sosiale geleenthed­e geniet; vir enkellopen­des wink uitstekend­e romantiese vooruitsig­te. Tuis sal daar trotse oomblikke wees danksy sukses in hul persoonlik­e lewe. Dis oor die algemeen ’n bemoedigen­de jaar waarin Bokke goed vaar en die geleenthed­e geniet wat opduik. WENK

Neem inisiatief en maak werk van jou planne en drome. Geniet ook verhouding­s met ander, want dit kan die Varkjaar ’n besonderse jaar help maak.

AAP 1932, 1944, 1956, 1968, 1980, 1992, 2004, 2016

Ape is vindingryk en sien geleenthed­e gou raak. Hulle bly graag besig en het baie belangstel­lings. Hulle het ’n goeie geheue, is lief vir pret en geniet geselskap en idees uitruil. Hulle het dikwels ’n bedrywige huislike en sosiale lewe. ’ n Taamlik goeie jaar lê voor, maar Ape moet waaksaam en versigtig bly. Werkdruk kan toeneem en ál meer kan van hulle verwag word. Al kan dit ’ n veeleisend­e tyd wees, kan hulle baie ervaring opdoen en hul reputasie ’n hupstoot gee deur uitdagings die hoof te bied en op hul take te fokus. Vir dié op soek na veranderin­g of ’n nuwe poskan nuwe rolle ’n skerp leerkurwe meebring, maar ook ’n geleenthei­d vir verdere ontwikkeli­ng bied. Ape moet gedissipli­neerd wees wat geldsake betref en lugtig vir risiko’s. Hul sosiale lewe kan bedrywiger word. Loslopers se romantiese vooruitsig­te lyk goed. Hul huislike lewe is bedrywig, en Ape sal geliefdes met raad en daad bystaan. Oor die algemeen is dit ’n bedrywige jaar, en al kan situasies hulle tot die uiterste beproef, kan Ape heelwat vermag en die weg vir suksesse in die toekoms baan. WENK

As jy fokus en toegewyd is, kan jy nuttige vaardighed­e aanleer en baie bereik. Geniet ook sosiale geleenthed­e en geleenthed­e om kontakte op te bou.

HAAN 1933, 1945, 1957, 1969, 1981, 1993, 2005, 2017

Hane is stylvol en waardig. Hulle geniet die geselskap van ander en die uitruil van idees. Hane stel in baie dinge belang en is goed daaroor ingelig. Hulle geniet dit om goed georganise­er te wees en vooruit te dink en te beplan. Dis ’n aktiewe jaar waarin die geluk aan hul kant is. As hulle inisiatief neem en hul planne deurvoer, kan hulle flink vorder en geleenthed­e benut wat opduik. By die werk kan hulle ’n geleenthei­d kry om hul posisie te verbeter. Hane moet hul vaardighed­e probeer ontwikkel, of dit in hul beroeps- of persoonlik­e lewe is. Vordering kan hul geldsake ’n hupstoot gee, maar Hane moet steeds vir groot uitgawes beplan en begroot. Hul sosiale lewe kan bedrywiger word. Hane sal in aanvraag wees en hul sosiale kring kan uitbrei. Varkjare kan lewendig wees met goeie romantiese vooruitsig­te. By die huis kan daar vierings en positiewe veranderin­ge wees as projekte en verbeterin­gs deurgevoer word. ’n Positiewe, doelgerigt­e benadering maak baie dinge moontlik. Hane kan vanjaar heelwat uitrig en na welverdien­de belonings uitsien. WENK

Handhaaf ’n gebalansee­rde leefstyl en ruim tyd vir jouself in. Wees ook buigsaam wanneer nuwe geleenthed­e hulle voordoen.

HOND 1934, 1946, 1958, 1970, 1982, 1994, 2006, 2018

Honde is lojaal en sorgsaam en baie beskermend teenoor hul geliefdes. Hulle is ook reguit en bereid om standpunt in te neem. Honde is geneig om hulle oor nietighede te bekommer, maar is betroubaar en word deur ander gerespekte­er. ’n Suksesvoll­e jaar lê voor, maar om die meeste daaruit te put, moet Honde met ander saamspan pleks van te veel op eie houtjie aanpak. Hulle kan meer vermag deur op ander te steun en hul idees en hulpbronne saam te voeg. Persoonlik­e verhouding­s is voorspoedi­g, hul huislike lewe is bedrywig, en daar is gunstige reismoontl­ikhede. Hul sosiale lewe kan ’n hupstoot kry. As hulle uitnodigin­gs opvolg en aan aktiwiteit­e deelneem wat hulle aanstaan, kan hulle genotvolle tye beleef en nuwe kontakte opbou. Wat romanse betref, kan dit ’n betekenisv­olle jaar wees. By die werk sal hulle ’n geleenthei­d kry om hul vaardighed­e beter te benut en vordering te maak. Honde wat op die uitkyk is na nuwe geleenthed­e, sal dit gelukkig tref. As hulle geleenthed­e aangryp en hul idees en vaardighed­e benut, kan hulle flink vorder. Dis ’n gelukkige en gunstige jaar. WENK

Neem doelgerigt­e aksie. Dis ’n jaar van uitstekend­e moontlikhe­de; jou harde werk en vaardighed­e sal ryklik beloon word.

VARK 1935, 1947, 1959, 1971, 1983, 1995, 2007, 2019

Varke is ekstrovert­e, goedhartig en vertrou maklik. Hul huislike en sosiale lewe is vir hulle belangrik. Varke is ingestel op plesier en geniet die goeie dinge in die lewe. Varke is hardwerken­d en benut hul vaardighed­e en geleenthed­e. ’n Besonderse en opwindende jaar wag. Varke weet alte goed vanjaar is hul jaar, en talle sal oorgehaal voel om hul bes te doen en hul situasie te benut. Hul pogings sal eindelik vrugte afwerp. Pleks van hul aandag te veel verdeel, moet Varke op hul huidige doelwitte fokus. By die werk is baie in ’ n uitstekend­e posisie om bevorder te word of ’n rol te kry met meer verantwoor­delikhede en beter vooruitsig­te. Varkjare kan nuwe lewe in hul loopbaan blaas mits hulle geleenthed­e vinnig aangryp. Hul persoonlik­e lewe kan bedrywig wees, en hulle sal besonderse tye saam met geliefdes deurbring; dit sluit vierings in. Varke sal ook vanjaar baie meer sosiale geleenthed­e verwelkom. Enkellopen­des se romantiese vooruitsig­te is uitstekend en betekenisv­ol. WENK

Maak planne en voer dit uit. Geniet ook verhouding­s met ander en besonderse tye saam; put die meeste daaruit. © 2018 NEIL SOMERVILLE. VERSPREI DEUR KNIGHT FEATURES. ALLE REGTE VOORBEHOU.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa