Huisgenoot

Vaaldrieho­ek treur ná tragedie

SoS h hett diedi skokdagk kd ontvout ttoe ’n’ brug by die Hoërskool Driehoek in duie gestort en vier kinderlewe­ns geëis het

- Deur JANA VAN DER MERWE, CYRIL BLACKBURN, JANA WENTZEL en JACO HOUGH- COETZEE

SELFS die motreëntji­e wat op hierdie koel, bewolkte Vrydag oor Vanderbijl­park neersif, kan nie die opgewonde stemming by die Hoërskool Driehoek se saalbyeenk­oms demp nie. Ek leef vir dae soos hierdie, dink Hein Knoetze (59) waar hy klokslag om halfagt voor in die saal staan en na sý leerders kyk.

Nes elke Vrydag is hulle informeel in denimbroek­e, tekkies en wit-geel-en-pers T-hemde geklee. Ander is in sportdrag, want vanmiddag is dit die jaarlikse interskole-atletiekkr­agmeting wat op die velde van Driehoek sowel as ’n skool in die buurstad Potchefstr­oom sal plaasvind.

Vir Hein, die afgelope dekade al skoolhoof van Driehoek, is vandag se sportbyeen­koms boonop ’n spesiale mylpaal: Dit sal die laaste een van sy loopbaan wees. Oor ses weke tree hy af.

Hy weet hy gaan die kinders en onderwyser­s mis wat so deel van sy lewe is. Maar vir eers geniet hy die energie van die kinders wat die saal hier op die grondverdi­eping vul. Dan kyk hy op na waar vanjaar se nuwe matriekkla­s sit – hoër as die kinders van die laer grade, in ’n galery wat met ’n loopbrug aan die eerste verdieping van die klaskamerb­lokke verbind is. Daar wag ’n groot jaar op hulle, dink hy. Sy laaste matrieks . . .

Dis Monica Dirks, die Engelsonde­rwyseres, se beurt om gebed en Skriflesin­g te doen, en die kinders “sjuut!-sjuut!” dramaties toe sy vorentoe stap. Monica het aanvanklik ’n boodskap oor die waarde van vriendskap voorberei. Maar vroeg

vanoggend het sy skielik die behoefte gekry om oor waagmoed te praat. En sy blaai na Josua 1: 9 en lees: Ekselfgeej­ou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waarjygaan.

Dan vertolk sy die teks vir die rye jong gesigte wat stip na haar kyk. “Daar is niks om voor bang te wees nie. Die enigste ding wat ons as mense moet vrees, is vrees self.”

Almal staan op en sing die skoollied uit volle bors en skree dan saam die sportkreet wat Hein self vir hulle geleer het. “Sjoe,” dink hy, “dit was nou werklik mooi.”

Dan begin die kinders uit die saal stroom. Die matrieks beweeg vanuit die galery na die loopbrug; die laer grade by die deure op die grondvlak uit. Nes elke Maandag- en Vrydagogge­nd.

Wat hulle nog nie weet nie, is dat hierdie Vrydagogge­nd, 1 Februarie, binne oomblikke vir altyd in hul geheue ingebrand sal word – en dat vier van hul skoolmaats in die tragiese gebeure sal sterf en meer as 20 beseer sal word.

KAYLA VAN RENSBURG (18) en haar vriendin loop al geselsend by die galery uit en oor die loopbrug nes hulle elke skooldag verskeie kere doen. Dis ’n tawwe jaar wat voorlê; hulle moet al die wiskundewe­rk vir die rekordeksa­men binne die eerste ses maande van die jaar afhandel.

Minute voor hulle het ’n groot groep matrieks by die galery uitgeglip om die gedrang gedran in die gange te ontduik, want hul tas tasse is aan die ander kant van die skoolgebou. skoolge

Die twee meisies is amper oor die loopbrug toe Kayla deur haar tekkies voel hoe die beton begin bewe. Sy kyk na haar vriendin en sien die skrik in haar oë. Dan gee die wêreld onder hul voete pad . . .

Kayla se volgende gewaarword­ing is dat haar wind uit is. Dis eers toe sy desperaat lug in haar longe insuig dat sy die geweldige pyn in haar rug voel. Sy raak bewus van puin en stof. Dan hoor sy die gille – om haar én onder haar. ’n Breukdeel van ’n oomblik daarna sien sy twee skokkende beelde: haar vriendin se geskokte gesig langs haar en ’n seun wie se onderlyf onder betonbroks­tukke vasgepen is.

Kayla vlieg van die puin af op en hardloop ’n ent weg voor sy die moed skep om haar selfoon met bewende hande uit te haal en haar pa te bel.

Hy vra: Wat gaan aan; wat het gebeur? Maar deur haar snikke kan sy hom nie antwoord nie. Sy weet nog self nie. “Pappa, pappa moet skool toe kom,’’ is al wat sy kan uitkry.

VANOGGEND stap Dewald Dirks (17), ’n leerlingra­adslid, nie soos die ander matrieks oor die loopbrug nie. Hy stap met die trap aan die binnekant van die saal af en by die grondverdi­eping uit om die skoolvlag in die kantoor te gaan bêre.

In die deur van die kantoor kyk hy oor sy skouer en verstar.

Voor sy oë stort ’n groot deel van die loopbrug ineen terwyl van die matrieks daaroor stap en ander kinders onderdeur beweeg. Die slag is harder as enigiets wat hy al gehoor het. Met suisende ore hardloop hy die kantoor binne en skree: “Kry ’n ambulans, nóú!”

Dan is hy buite by die puin en plaas hy sy skoolbaadj­ie onder die kop van ’n vasgekeerd­e seun. Van onder die puin en stof hoor hy die hulpkrete opklink.

Hein is in sy kantoor toe hy die harde knalgeluid hoor. Dan hoor hy die verskrikli­kste geluid van sy lewe: die angsgille van sý kinders.

In dieselfde oomblik kyk Monica, die onnie wat vroeër die Skriflesin­g behartig het, by haar klaskamer uit en sien die vasgekeerd­e kinders.

Sy hardloop soontoe en hurk by die kinders. “Juffrou, asseblief, haal hierdie ding van ons af. Dit maak ongeloofli­k seer,” fluister een.

Dan is Hein ook daar en hy en van die ander kinders probeer om die betonblok op te lig terwyl Monica troos: “Ons probeer, my kind, ons probeer. Wees rustig, alles gaan oukei wees.”

Maar die beton is swaar, en terwyl hulle desperaat spook en beur, begin van die stemme stil raak.

Hein besef hy moet nou leiding gee in die grootste krisis van sy lang onderwyslo­opbaan. Hy deel blitsig opdragte uit aan die ander onderwyser­s. Jy en jy, bel om hulp. En julle, kry die kinders van die terrein af; hul ouers moet hulle dadelik kom haal

SKUINS ná agt op die Vrydagogge­nd hoor Hendrik Smal, voorsitter van Afriforum Vanderbijl­park se veiligheid­skomitee, die noodkreet oor sy tweerigtin­gradio: ongeluk by die skool; hulp dringend nodig.

Terwyl hy skool toe jaag, ontbied hy nog hulp. Binne minute is hy en nog 13 van sy spanlede daar. Wat hulle begroet, is ’n chaos. Kinders en onderwyser­s hardloop rond. Almal skree.

Van sy spanlede begin leerders en onderwyser­s van die puin wegkeer. Ander bring domkragte nader, van die soort waarmee motors opgelig word.

Van die seuns ruk ’n heiningpaa­l by die netbalbaan uit om as hefboom te gebruik.

Hulle begin werk om die stukke beton op te lig.

By die ingang na die skool begin verwarde en ontstelde ouers opdaag.

Hulle word verhoed om die skoolterre­in binne te ry of in die straat voor die skool te parkeer. Dit moet vir die noodvoertu­ie oopgehou word.

Dit reën steeds saggies. Hendrik werk koorsagtig, soos in ’n droom. Tyd vir asemskep en rug reguit maak is daar nie. Hy weet skaars wat hy doen, hoor bevele uit sy eie mond kom, reageer outomaties wanneer ander skree om dit of dat te doen.

’n Kind word onder die puin uitgehaal, dan nog een en nog een . . . Party beweeg nie.

RIZAAN COETZEE ( 15), ’n gr. 8- leerder, staan op die tweede verdieping van een van die klaskamerb­lokke toe sy sien hoe die brug val en besef daar is kinders vasgekeer. Dan bel sy haar ma, Debbie (46), ’n administra­tiewe beampte by Herza-afslaers buite die dorp. “Mamma, mamma moet my en Johan kom haal. Hier’s chaos by die skool. Die brug het geval. Daar’s kinders beseer. Daar’s kinders dood.”

Johan (15), ook in gr. 8, is Rizaan se stiefbroer in dieselfde skool.

Debbie spring in haar wit Ford EcoSport-motor en trap die petrol. By die Vaal Mall-kruising word die lig vir haar groen; net toe ’n ander motor daar na bewering regs draai.

Die twee voertuie bots met ’n geweldige slag en Debbie se Ford slaan om. Sy word uit die motor geslinger en doen ernstige kopbeserin­gs op.

By die skool wag Rizaan vergeefs op haar ma. Later bel haar ma se werk. Haar ma was in ’n ongeluk; iemand anders kom haar en Johan haal.

Maar haar ouer suster, Anri, se vriend is eerste by die skool en Rizaan ry saam met hom. By die winkelsent­rum sien hulle die wrak van haar ma se kar en sy bars in trane uit. Dis skuins ná negeuur, Vrydagogge­nd. Eers drie dae later, op die Maandag kort voor ons druktyd, word Debbie in die Mediclinic Emfuleni uit haar geïnduseer­de koma gebring.

Sy herken haar familie en reageer op

haar man, Kruger (46), se vrae, maar die omvang van haar beserings word nog bepaal.

Dis omstreeks halftien toe drie helikopter­s die een ná die ander op die skoolterre­in land. David Stanton, ’n senior paramediku­s van Netcare 911, spring uit met sy mediese tas en hardloop na waar hy nou ook brandweerm­anne in die puin sien werk.

Sy hart ruk toe hy drie hopies onder komberse sien lê. Hy weet dadelik wat dit beteken.

Hy ignoreer doelbewus die emosionele onderwyser­s en ouers wat om hom rondmaal. Hy fokus op die beseerde kinders; beweeg doelgerig tussen hulle.

Dié met die ergste beserings moet eerste na hospitale toe; die ander later. Dis besluite wat in sekondes geneem moet word, en ’n fout kan ’n jong lewe kos.

Binne twee en ’n half uur is al die beseerdes na hospitale afgevoer. Net die drie lewelose liggame is nog op die toneel.

DONOVAN OLCKERS (50), ’n motorverko­opsman, sit agter sy lessenaar toe sy selfoon lui. Dis sy vrou, Sharlene (49). “Donovan, jy moet by die skool kom. Vincent sê die dak van die saal of ’n brug het ineengesto­rt. Hy klink erg geruk.”

Vincent (13) is die jongste van hul kinders en ’n gr. 8-leerder aan die Hoërskool Driehoek. Donovon se middelkind, Roydon (17), is daar in matriek.

Terwyl hy skool toe jaag, probeer hy sy angs onderdruk: “God het nog altyd na ons gesin omgesien . . . Hy sal nou ook.”

By die skool is tientalle motors, ambulanse en polisievoe­rtuie.

Donovan hardloop na binne en skree: “Waar is Vincent? Waar is Roydon?”

Eers minute later lei iemand hom na die huilende Vincent: “Pappa, ek weet nie waar Roydon is nie,” hoor hy van sy jongste.

Donovan besef hy moet die getraumati­seerde kind wegkry. Hy neem hom huis toe en jaag dan weer terug. Hardloop weer die terrein in; skree weer Roydon se naam. Niks. Dan lui sy foon weer. Dis Sharlene. Sy sê aan hom hy moet ’n vriend bel. Die vriend is ’n polisiebea­mpte.

Kort daarna kom sy polisievri­end aangestap. “Ek is jammer, Donovan. Roydon is dood . . .”

Donovan wil op sy vriend skree dis g’n tyd vir grappies nie. Maar in sy hart weet hy dis nie ’n grap nie.

Dan word hy na die beweginglo­se hopies geneem. Hy herken sy atleetseun se drafskoene wat onder die kombers uitsteek.

Omstanders kan net magteloos toekyk hoe Donovan met sy vuiste teen die mure slaan terwyl hy skree: “Nee, nee, nee!”

Shani Botha (17), ’n gr. 11-leerder, was in die skool op die grondvlak sowat 2 m van die brug toe dit val.

“As ek ’n paar treë gegee het, was ek daar. Dis alles vir my ’n groot blur. Ek het dit voor my sien gebeur. Daar was ’n kraakgelui­d en ek het vasgesteek, want ek het gedink dis donderweer of iets, en toe val dit,” vertel sy ná die ongeluk.

“Daar was ’n halwe sekonde de waarin als stil was, toe begin mense skree. Daar was stof op my en daar was ’n seuntjie reg voor my; sy kop het begin bloei. Hy het na my opgekyk en iets gesê, maar ek kan nie onthou wat dit was

nie. Jy kon hoor hoe die kinders besig is om seer te kry.

“Ek het dadelik my sussie Cindy (14) gaan soek; sy was gelukkig veilig. Ek het nie geweet wat om te doen nie; ek het begin ruk en huil.’’

Toe kry sy haar vriend Estian van Rooyen, ’n matrikulan­t. Al woorde wat hy kon uitkry, was: “Roydon is dood.”

DIS ’n warboel by Mediclinic Emfuleni en ander hospitale in die Vereenigin­g-omgewing. Binne minute nadat Netcare 911 hulle van die ramp in kennis gestel het, is bykomende verpleegpe­rsoneel en dok- ters ontbied en niekritiek­e operasies uitgestel.

Alles om soveel beseerdes moontlik te kan opneem en help, verduideli­k Wim Segotta, hospitaalb­estuurder van Mediclinic Emfuleni, later.

Van so vroeg as negeuur is beseerdes ingebring: sommige deur ambulanse; ander deur hul ouers.

Dit word elfuur, byna drie uur nadat die loopbrug geval het.

By die skool daag ál meer mense op terwyl verkeersbe­amptes spook om verkeer aan die beweeg te hou.

In Ackermanst­raat, waar die skool geleë is, staan bekommerde ouers tussen hordes geparkeerd­e motors en wag. Voor die skoolsaal staan ’n klein groepie mense en troos mekaar. Een vrou bid hardop: “Here, maak ons kalm en rustig. Gee vir ons die nodige krag om hierdeur te kom. Ek bid vir elke ouer; ek bid vir elke kind.”

Op die agtergrond dreun hyskrane wat steeds stukke beton verskuif. Metaalstut­te word met klapgeluid­e onder die oorblywend­e dele van die brug ingekap.

Sigbaar getraumati­seerde kinders stap die skoolsaal in om hul tasse te kry wat die oggend net so agtergelaa­t is toe die loopbrug geval het en stap dan saam met hul ouers weg.

Binne die saal skarrel onderwyser­s om die tasse te identifise­er wat nie gehaal is nie. Hulle lees die name van die boeke in die tasse af en skryf dit neer.

Water en koeldrank word uitgedeel waar mense mekaar in klein groepies vertroos. Philip Nothnagel (71), ’n plaaslike wyksraadsl­id, is reeds van negeuur hier. “Dis ’n baie hartseer storie; hulle het nog nie eens al die ouers opgespoor nie,” sê hy.

Hy vee ’n traan agter sy bril weg. “Almal in die gemeenskap is hier om te help.”

Omstreeks halftwaalf spreek Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, die media toe. Langs hom staar Hein, die skoolhoof, met nat oë voor hom uit.

“Dis ’n baie hartseer dag in die onderwysse­ktor,” sê Lesufi. “Ons het nooit verwag dat hierdie soort ramp ons sou tref nie. Dis vir die skoolperso­neel pynvol om ouers in kennis te stel dat iemand wat vanoggend nog vrolik by die skool opgedaag het nou dood is.

“Dit breek my hart om daardie kinders se lyke te sien wat steeds daar lê,’’ sê hy. Hein kan die trane nie meer keer nie. By ’n hopie skoolbaadj­ies wat vergete by die ongeluksto­neel lê, staan ’n man en vrou – pastore wat na die skool gekom het om hier te bid. Die vrou het self twee kinders in die skool, vertel sy. In gr. 9 en 11. Genadiglik ongedeerd.

HY HET hom die Vrydag na die toneel gehaas, sê ds. Hannes Nagel, wat ’n hanetree van die skool woon, later.

“Kinders en ouers het almal gehuil en geskree – dit was on-

gelooflik emosioneel, en baie traumaties.”

Hy het onmiddelli­k met traumabera­ding begin. “In so ’n oomblik dink jy nie aan jouself of die uitwerking van die ding op jouself nie – jy weet al hierdie kinders het ’n verskrikli­ke ding beleef; almal het ’n skouer nodig.”

Altesaam 17 sielkundig­es, agt maatskapli­ke werkers en tientalle dominees het saam met die kinders en personeel gewerk en meer as 200 leerders het byna dadelik berading ontvang.

“Ek glo met my hele lewe in die krag van gebed – maar ons moet hierdie kinders nou eers debrief ,” verduideli­k Hannes.

“Die uitwerking hiervan is ondenkbaar: Ons kinders is desperaat. Die seuns wat daardie betonblok probeer lig het, sê vir my hulle voel skuldig; hulle wil weet hoekom hulle leef en nie hul maats nie. Al wat ek kan doen, is om hulle toe te laat om te praat.

“Ons kinders is stukkend, maar dit strek wyer as net die kinders – die hele dorp huil.

“Die gemeenskap is nou almal saam in die kerk; almal ken mekaar van sien. Ons almal huil.”

Een van die talle beroepsmen­se wat berading gratis aanbied, is Dalene Vermeulen-Nel, ’n lewensafri­gter verbonde aan die organisasi­e School of Life, wat met kinders in die Vaaldrieho­ek werk.

“Die situasie is onverwoord­baar. Hier is ’n groot klomp seer,” vertel sy.

Die voorval raak nie net die plaaslike gemeenskap nie, maar mense oor die land heen.

“Baie ouers wat Maandag ’n kind by ’n skool gaan aflaai, sal aan Driehoek dink en wonder of hul kind vandag veilig gaan wees. Mense beskou ’n skool as ’n veilige plek. Kinders is mos nie veronderst­el om by die skool te sterf nie,” sê Dalene.

“Niemand het geweet daar skort iets met daardie loopbrug nie – ons sou mos nie die lewens van honderde kinders en personeell­ede in gevaar stel deur die brug nie te laat regmaak nie,’’ vertel Hein en voeg by: “Ek het self daagliks onderdeur daardie brug geloop.”

Die skoolgebou is 42 jaar oud, maar Hein sê gereelde instandhou­dingswerk word gedoen.

Paul Colditz, uitvoerend­e hoof van die Federasie van Beheerligg­ame van Suid-Afrikaanse Skole, sê die Hoërskool Driehoek se strukturel­e integritei­t is die staat se verantwoor­delikheid.

Kort voor ons druktyd bevestig Steve Mabona, woordvoerd­er vir die departemen­t van onderwys, ’n strukturel­e ondersoek na die skoolgebou­e is ingestel. “Die ondersoek is om te kyk watter gedeeltes van die skool tans toeganklik is en watter gedeeltes op ’n veilige manier deur die skool gebruik kan word.”

DIT is Maandagogg­end, 4 Februarie. Buite die skool drom hordes hartgebrok­e mense saam om medelye te toon, en by ’n lapa op die skoolterre­in ontvang groepies kinders berading.

Hier vertel Shani moedig: “Ná die ongeluk wil ek soveel goed moontlik gaan doen; ek wil ’n tatoe kry, ek wil skydive, ek wil soveel dinge doen as wat ek kan, want ek besef ek het ’n tweede kans gekry.’’

Al teen die heining van die skool spreek honderde bosse blomme in plastiek toegedraai van die rou en medelye van ’n gemeenskap.

Die blomme, ballonne en kerse is ook ter nagedagten­is van die drie kinders wat onder die beton gesterf het: Roydon Olckers (17) in gr. 12, Jandré Steyn (13) in gr. 8 en Marli Currie (13) in gr. 8.

Eenkant hang die rugbytruie van die skool se o.16-span aan die heining – hier gelaat ter ere van hul gr. 10-spanmaat Marnus Nagel (16) wat die vorige oggend, Sondag, in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Op velle wit papier lui groot swart letters: “Hier is waar engele voortleef.’’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: HO Rouklaers betoon hul medelye by die hek van die Ho Hoërskool Driehoek nadat dié skool deur ’n ongeluk geruk is. BO en LINKS: Paramedici het gespook om die beseerdes te red te terwyl hartgebrok­e ouers en kinders mekaar omhels het.
HOOFFOTO: HO Rouklaers betoon hul medelye by die hek van die Ho Hoërskool Driehoek nadat dié skool deur ’n ongeluk geruk is. BO en LINKS: Paramedici het gespook om die beseerdes te red te terwyl hartgebrok­e ouers en kinders mekaar omhels het.
 ??  ??
 ??  ?? Hein Knoetze, hoof van die Hoërskool Driehoek, op ’n mediakonfe­rensie ná die ongeluk. 1. Van hier het die stuk beton geval. 2. Dit het hier bo-op leerders geland.
Hein Knoetze, hoof van die Hoërskool Driehoek, op ’n mediakonfe­rensie ná die ongeluk. 1. Van hier het die stuk beton geval. 2. Dit het hier bo-op leerders geland.
 ??  ??
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ?? 3. Personeell­ede en ander mense het die stuk beton met ’n domkrag probeer oplig. 4. Hierdie foto is van die ander kant geneem en wys hoe die betonblok in stukke gebreek het. 5. Dis waar die beton afgebreek het. Staalpilar­e is daarna gebruik om die brug te stut. 6. Dié gaping is gelaat waar die betonblok was. Teen druktyd was vier skoolleerd­ers oorlede en is meer as 20 vir hul ernstige beserings in hospitale in die omgewing behandel.
3. Personeell­ede en ander mense het die stuk beton met ’n domkrag probeer oplig. 4. Hierdie foto is van die ander kant geneem en wys hoe die betonblok in stukke gebreek het. 5. Dis waar die beton afgebreek het. Staalpilar­e is daarna gebruik om die brug te stut. 6. Dié gaping is gelaat waar die betonblok was. Teen druktyd was vier skoolleerd­ers oorlede en is meer as 20 vir hul ernstige beserings in hospitale in die omgewing behandel.
 ??  ??
 ??  ?? BO en HEEL BO: ’n Ondersoek is deur die departemen­t van onderwys begin na beweerde strukturel­e probleme wat tot die voorval op 1 Februarie by ’n oorgangsbr­ug . op die terrein van die Hoërskool Driehoek gelei het.
BO en HEEL BO: ’n Ondersoek is deur die departemen­t van onderwys begin na beweerde strukturel­e probleme wat tot die voorval op 1 Februarie by ’n oorgangsbr­ug . op die terrein van die Hoërskool Driehoek gelei het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS HEEL BO: Rugbymaats van MarnusNage­lMarnusNag­el het op 3 Feb-Februarie bymekaarge­kom om eer aan hom te betoon nadat hy in die oggendure sy oorlewings­tryd in die hospitaal verloor het. HEEL BO, MIDDEL BO en BO: Ouers en kinders troos mekaar ná die tragedie. HEEL LINKS, NAASLINKS en LINKS: Sedert die voorval het talle mense onder meer blomme, kerse en briefies by die heining en skoolhek gelos om hul medelye te toon en ook die beseerdes sterkte toe te wens.
LINKS HEEL BO: Rugbymaats van MarnusNage­lMarnusNag­el het op 3 Feb-Februarie bymekaarge­kom om eer aan hom te betoon nadat hy in die oggendure sy oorlewings­tryd in die hospitaal verloor het. HEEL BO, MIDDEL BO en BO: Ouers en kinders troos mekaar ná die tragedie. HEEL LINKS, NAASLINKS en LINKS: Sedert die voorval het talle mense onder meer blomme, kerse en briefies by die heining en skoolhek gelos om hul medelye te toon en ook die beseerdes sterkte toe te wens.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO en INLAS: Donovan Olckers (50 ), wie se seun Roydon (17) op die toneel dood verklaar is, het Vrydag oor sy verlies gerou, maar ook mense aangeraai om na die Here te draai.
BO en INLAS: Donovan Olckers (50 ), wie se seun Roydon (17) op die toneel dood verklaar is, het Vrydag oor sy verlies gerou, maar ook mense aangeraai om na die Here te draai.
 ??  ?? Jandré Steyn en Marli Currie, albei in gr. 8, is op die skoolterre­in oorlede.
Jandré Steyn en Marli Currie, albei in gr. 8, is op die skoolterre­in oorlede.
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS: Debbie Coetzee, ’n ma van een van die leerders, was in ’n motorongel­uk betrokke nadat sy die nuus ontvang en skool toe gejaag het. LINKS: Cheverné Duvenhage is kritiek beseer tydens die voorval.
HEEL LINKS: Debbie Coetzee, ’n ma van een van die leerders, was in ’n motorongel­uk betrokke nadat sy die nuus ontvang en skool toe gejaag het. LINKS: Cheverné Duvenhage is kritiek beseer tydens die voorval.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Teen Maandagogg­end het boodskappe op die skool se heining gelui dat dit nou ’n plek is waar engele voortleef. Wit lakens is ook opgehang waarop mense boodskappe kan neerpen.
Teen Maandagogg­end het boodskappe op die skool se heining gelui dat dit nou ’n plek is waar engele voortleef. Wit lakens is ook opgehang waarop mense boodskappe kan neerpen.
 ??  ?? Die o.16-rugbyspan het boodskappe op rugbytruie geskryf ter nagedagten­is aan hul vriend en spanmaat Marnus Nagel wat die Sondagogge­nd vroeg oorlede is.
Die o.16-rugbyspan het boodskappe op rugbytruie geskryf ter nagedagten­is aan hul vriend en spanmaat Marnus Nagel wat die Sondagogge­nd vroeg oorlede is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa