Huisgenoot

Agrizzi, die man met die skokgetuie­nis

WieW is die man wie se skokgetuie­nis oor Zuma en kkie die land aan die praat het?

- Saamgestel deur LESEGO MAJA

TOT onlangs het die meeste Suid-Afrikaners nog nooit van Angelo Agrizzi gehoor nie – nou is hy nie net ’n bekende naam nie, maar ook ’ n werkwoord en ’ n woordspeli­ng. As jy iets ontbloot, “Agrizze” jy. Karakters kan “Agreasy” wees en mense se palms kan “Agrease”.

Vergeet van ’n miernes oopkrap – die fris geboude man in die pak en das het sommer ’n krat slange losgelaat toe hy Jacob Zuma en ’n rits dienende ministers tydens sy dramatiese getuienis vir die Zondo- kommissie se ondersoek na staatskapi­ng geïmplisee­r het.

Dié fluitjiebl­aser, die 51-jarige Angelo, is die voormalige bedryfshoo­f van Bosasa, die maatskappy wat na bewering jare lank geknoei het met tenders vir spysenieri­ng, veiligheid en ander dienste vir staatsdepa­rtemente en -maatskappy­e.

Angelo beweer die verwyderin­g van ’n gewas aan sy hart het by hom ’ n gemoedsomk­ering ontketen. Toe hy verlede jaar by die dood omdraai, het hy glo besluit om die beweerde ongerymdhe­de by sy voormalige werkgewer aan die groot klok te hang. “Ek was in ’n koma, en toe ek bykom, het ek en my gesin ’n besluit geneem dat ons sou skoonmaak waar ons voorheen foute gemaak het,” het hy aan die kommissie gesê.

“Skoonmaak” het beteken om te ontbloot wat na bewering onder die leierskap van Gavin Watson by Bosasa aangegaan het. Dié grootbaas het na bewering opdrag gegee dat miljoene rande omkoopgeld in ruil vir winsgewend­e ten- ders aan staatsampt­enare betaal word.

Maar Angelo het oënskynlik ook voorheen baat gevind by sy maatskappy se stewige inkomste. Hy het minstens een Ferrari bestuur, in ’n herehuis in Fourways, Johannesbu­rg, gewoon en besit glo ’n vakansiehu­is in Italië.

Hy was bereid om dit alles op te offer in die naam van die waarheid, het hy in sy getuienis vertel. Hy is nou in veilige bewaring, en gerugte het geloop dat hy Italië toe sou vlug nadat hy sy getuienis op 29 Januarie afgehandel het.

Intussen is sy “rooi karre”, soos wagte in sy veiligheid­skompleks in Fourways sy sportmotor­s noem, weg en lyk sy ruim vyfslaapka­merhuis verlate. Die lewe soos Angelo dit geken het, het verdwyn die dag toe hy die nes oopkrap . . .

Maar wie ís die omstrede uitprater – en wie was hy voor hy uit die skadu getree het?

ANGELO is in Germiston, Gauteng, in ’n werkerskla­sgesin van Italiaanse afkoms gebore en getoë. Hy het aan die Hoërskool Germiston skoolgegaa­n en moes van 14

jaar af deeltyds werk om sy skoolopvoe­ding en studie te betaal.

In 1986 het hy vir ’n spysenieri­ngsdiploma van drie jaar by die Witshotels­kool ingeskryf en nauurs as ’n sjef in ’n restaurant gewerk, skryf hy in sy verklaring aan die Zondo-kommissie.

“Ná my eerste jaar van studie het ek ’n prys as die beste student ontvang. Toe besef ek ek kan nie terselfder­tyd werk en studeer nie; daarom moes ek my studie verlaat.” Hy het by die restaurant vasgebyt en kort voor lank het die ambisieuse jong man begin opgang maak. In 1989 is Angelo as ’n projekbest­uurder van grootmaats­pysenierin­g by ’n gasvryheid­smaatskapp­y aangestel, en ’n rits bevorderin­gs in die bedryf het gevolg.

Sy verhouding met Bosasa het in 1999 begin toe dit nog as Dyambu Operations bekend was. Hy is in ’n taamlik “bisarre aanstellin­g” as bemarkings­koördineer­der aangestel, sê hy. Gavin Watson het volgens hom die pos “net daar” vir hom aangebied. “Tot my verbasing en voor ek op die aanbod gereageer het, is ’n maatskappy­das en -baadjie aan my oorhandig. Ek het my werk bedank en vir Gavin begin werk.”

Toe was hy en sy vrou, Debbie, al nege jaar getroud en het die egpaar al twee kinders, Giancarlo en Natasha – tans besig met haar meestersgr­aadstudie in internasio­nale verhouding­s by Wits – gehad.

Die Agrizzi’s is glo ’n hegte, godsdienst­ige gesin. In die sosiale media deel Debbie en Natasha aanhalings soos “Met God is alles moontlik” en “Jesus is my heel beste vriend”.

Debbie se blad bevat foto’s van wat skynbaar haar man in sy jare as ’n jong sjef is. Sy het ook ’n dubbelblad vol foto’s van hul troue gedeel. Op een kyk ’n bruidegom met rooskleuri­ge wange stralend na sy bebrilde bruid. ’n Onlangse kiekie toon die egpaar met hul arms om mekaar buite ’n Ferrari-museum, met Angelo wat sy vrou op die voorkop soen.

Debbie maak ook graag self plakboeke en het ’n blog hieroor wat sy “Scrapping and More” noem. Daarop deel sy gereeld foto’s van kunstig versierde bladsye wat met piepklein papierblom­me en ander tierlantyn­tjies versier is.

Die lot van die Agrizzi-huis lyk onseker. Luidens berigte is die eiendom op die Helderfont­ein landgoed vir R13,4 miljoen in die mark en het dit op ’n hand vol eiendomswe­btuistes as “te koop” opgeduik, maar is dit weer verwyder nadat Angelo gevra is hoekom hy trek.

’n Sekuriteit­swag het aan die Sunday Times gesê mense het die huis kom besigtig. “Die klere is weg en die rooi karre is klaar uit,” het hy bygevoeg.

Volgens die Private Property-advertensi­e het die huis ’n “karaktervo­lle argitekton­iese styl met ’n Franse tema, moderne geriewe en ’n omgewingsv­riendelike vooraansig”. Dit is op 1 500 m² geleë en het vyf en ’n half badkamers, vyf leefvertre­kke, drie motorhuise, ’n uitgelêde tuin en soutwaters­wembad.

Ná die berig het ’n duidelik geïrriteer­de Angelo volgehou hy verkoop nie om te emigreer nie en het net beplan om vir ’n vakansie na sy huis in Italië te gaan.

“Dit is net ek en my vrou wat in die huis woon. Ons het beplan om na ’n meenthuis te trek, maar omdat ek in ’n getuiebesk­ermingspro­gram is, gaan ek nou in ’n hotel tuis.”

GIANCARLO AGRIZZI het ook blykbaar sy ouers se huis op sy boeke gehad. Volgens die webtuiste van die Hamptons Realty Group in Johannesbu­rg is hy “die jongste lid van ons uitvoerend­e span”.

Hy het ingestem om vir mense die eiendom te wys voor dit skynbaar van die mark gehaal is.

Giancarlo het ’n meestersgr­aad in politieke wetenskap van Wits en het sy loopbaan as uitvoerend­e hoof van die ANC-koukus in Gauteng begin, “waar hy gesonde sakebegins­els en -praktyke gevestig het wat steeds tot verhoogde doeltreffe­ndheid en werksaamhe­de bydra”, lui die Hamptons se webtuiste. Sy amptelike titel by die eiendomsgr­oep is besturende direkteur en mede-eienaar.

Terwyl sy pa in die getuiebank gesit en die land se magtigstes van korrupsie beskuldig het, het Giancarlo se vrou, Nikita, die lewe geskenk aan hul twee kind.

Want dit maak skynbaar nie saak hoe opspraakwe­kkend Angelo Agrizzi se stellings voor die kommissie was nie, die lewe gaan aan.

 ??  ??
 ??  ?? Debbie maak graag plakboeke en het hierdie versamelin­g troufoto’s in die sosiale media gedeel.
Debbie maak graag plakboeke en het hierdie versamelin­g troufoto’s in die sosiale media gedeel.
 ??  ?? HOOFFOTO, BO en REGS BO: Angelo Agrizzi (INLAS) se herehuis in Fourways, Johannesbu­rg, is op meer as een webtuiste geadvertee­r, maar later verwyder. REGS: Angelo en sy vrou, Debbie, op een van haar plakboekbl­adsye.
HOOFFOTO, BO en REGS BO: Angelo Agrizzi (INLAS) se herehuis in Fourways, Johannesbu­rg, is op meer as een webtuiste geadvertee­r, maar later verwyder. REGS: Angelo en sy vrou, Debbie, op een van haar plakboekbl­adsye.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Die Agrizzi’s se dogter, Natasha, is besig met haar meestersgr­aad. REGS BO: Hul seun, Giancarlo, en sy vrou, Nikita, saam met hul eersteling.
LINKS BO: Die Agrizzi’s se dogter, Natasha, is besig met haar meestersgr­aad. REGS BO: Hul seun, Giancarlo, en sy vrou, Nikita, saam met hul eersteling.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa