Huisgenoot

Steve Ashley vasgevang tussen vroue

’n Bitter stryd tussen sy vrou en sy bestuurder versuur die pylvak van die veteraansa­nger Steve Ashley se loopbaan

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

HY’S ’n veteraan van die d Suid- Afrikaanse musiekbedr­yf, ’n man wat homself as “’n dinosourus­rocker” beskryf.

Hy het daarna uitgesien om sy lang en suksesvoll­e loopbaan op ’n hoogtepunt af te sluit, as ’n gelukkige man wat op 70 steeds klubs en kuierplekk­e aan die brand speel.

Steve Ashley het veral bekend geword as ’n lid van The Staccatos in die laaste 15 jaar van hul 33-jarige bestaan. Die groep, wat groot treffers soos Cry to Me en Butchers & Bakers opgelewer het, het in 1995 ontbind. Sedertdien het hy ’n suksesvoll­e sololoopba­an.

Maar pleks van ’n laaste paar sorgelose jare geniet terwyl hy met sy musiek gehore in vervoering het, sit hy nou vasgevang in ’n bitter vete tussen twee vroue.

Aan die een kant is Annie Addinall (63), met wie hy die afgelope 16 jaar getroud is. Hulle is al 23 jaar lank saam.

En aan die ander kant is Ebeth Loots (50), wat die afgelope vier jaar sy bestuurder is, en ’n baie knap een daarby. Dis juis in dié tyd dat sy loopbaan as solokunste­naar nuwe hoogtes bereik het.

Maar om te sê dié twee vroue sit nie langs dieselfde vuur nie, is om dit sagkens te stel. Daarvan getuig prokureurs­briewe wat oor en weer gestuur is en beskuldigi­ngs wat rondvlieg.

Teenoor Huisgenoot beweer Annie die jonger Ebeth probeer “haar kloue inslaan” in haar en Steve se huwelik; sy sê sy sal haar naels afbaklei om dit te red. Op haar beurt beskryf Ebeth Annie as ’n jaloerse en besitlike vrou wat nie haar man se loopbaan ondersteun nie. “Sy het dit haar besigheid gemaak om my uit hul lewe te kry,” kap Ebeth terug.

Die gemoedere het al so hoog geloop dat die twee tweemekaar mekaar in April 2017 in ’n verwoede katgeveg toegetakel het by die Wildekusca­sino, waar Steve opgetree het.

Elkeen dring daarop aan dat die ander vrou uit sy lewe moet verdwyn. Intussen is hy raadop.

“As ek met die een praat, is die ander een kwaad. Hulle speel mekaar af teenoor my, en ek is in die middel,” bekla Steve sy nood by Huisgenoot.

Die onmin en spanning het al vir hom so ondraaglik geword dat hy in Januarie tydelik by ’n vriend gaan bly het pleks daarvan om in sy en sy vrou se huis in Kempton Park te oornag.

Hy wil nie baklei of by vetes betrokke raak nie, sê Steve oor en oor. Hy wil net sing, gehore vermaak en in rus en vrede leef . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: HO Steve Ashley, voormalige hoofsanger van die legenendar­iese da rockgroep The Staccatos, is vandag 70 jaar oud, maar sin sing steeds sy hart uit. Die onmindrieh­oek tussen hom en sy vr vrou, Annie Addinall (LINKS), en bestuurder, Ebeth Loots ( (RREGS), kry hom egter onder.
HOOFFOTO: HO Steve Ashley, voormalige hoofsanger van die legenendar­iese da rockgroep The Staccatos, is vandag 70 jaar oud, maar sin sing steeds sy hart uit. Die onmindrieh­oek tussen hom en sy vr vrou, Annie Addinall (LINKS), en bestuurder, Ebeth Loots ( (RREGS), kry hom egter onder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa