Huisgenoot

Blommeverk­oper vertel haar storie

In ons reeks Hierdie Lewe, waarin gewone mense ’n stukkie van hul lewe deel, vertel ’n blommeverk­oper van haar plekkie onder die boom waar sy en generasies voor haar jare lank hul brood verdien

- Soos vertel aan JOANIE BERGH

EK EN my ma verkoop al 20 jaar lank blomme hier buite onder die boom. My ma en haar sussie verkoop blomme al van kleins af, en haar pa het ook blomme verkoop. Hy sou orals sy blomme verkoop. Hulle het met droë blomme soos proteas en rose na Upington gegaan en dit op die platteland ook verkoop.

Soos ek grootgewor­d het, het my ma altyd blomme verkoop. Sy het buite hierdie sentrum onder die groot boom gestaan met haar blomme. Ek en my broer het altyd saam met haar gegaan, maar toe raak sy ’n bietjie siek.

Ek moes skool los om te kom werk met die blomme. Ek was 15; my boetie was 12. My pa en ma is geskei, so dit was net ek, ma en kleinboeti­e.

My boetie het aangegaan met skool en ek moes skool los en elke dag hier buite kom sit met die blomme. Ek sit al 16 jaar hier.

Die blomme is my enigste inkomste. My man werk nie; die blomme moet my hele gesin dra. Ek het getrou toe ek 28 was en het drie kinders. Een dogtertjie en twee seuns.

Wanneer ek onder die boom staan, staan ek in die reën en die wind, elke dag. Solank ek net onder my boom is. Mense koop soms blomme op ’n reëndag.

Ek begin so negeuur in die oggende en sit hier tot so halfsewe. Daar is nooit ’n dag wat ons huis toe gaan sonder enigiets nie; elke dag sal iemand koop. Even al is dit net een customer. Dit is nie genoeg nie, maar gelukkig gaan jy nie huis toe met niks nie.

Die minste wat ek al op ’n dag verkoop het, was R100 se blomme. Die meeste was so R3 000. Maar dit gebeur net once

in a blue moon wat jy iets soos daai het. Twee jaar gelede vra ons die sentrum of ons daar binne kan gaan staan op groot dae soos Valentynsd­ag en Kersfees. Hulle sê toe actually ja. Ons moet betaal om in die centre te kan staan, maar hulle is goed vir ons.

Maar ek sal nooit my plek onder die boom daar buite opgee nie. Nooit, want dis waar ons begin het. Dit is die plek waar my ma begin het jare gelede.

though ons nie baie geld maak nie, voel ek gemaklik onder die boom; dis ’n baie special tree.

Maandae en Dinsdae vat ek af om die vars blomme te gaan haal en te pak vir die week. Ons kry die blomme van differ

ent plekke. Proteas van Grabouw; ander blomme drop hulle by die airport en ons tel dit op in bokse. Daar is ’n plaas in Phillipi waar ons die lilies moet gaan haal.

My ma koop die rose by die een antie op ’n ander plek en ons gaan haal dit ook daar. Ons almal in die familie verkoop blomme, maar ons werk op ons eie. My uncle gaan haal die blomme en my anties, my ma se sussies, verkoop blomme. My ander uncles verkoop weer vrugte.

Ons koop die blomme op die Dinsdag, en by die next Maandag moet ons dit alles betaal by elke plaas of supplier. Die blomme wat hier staan, is baie, baie geld.

As die blomme doodgaan, moet jy dit weggooi. Jy kan nie vir die plase sê die blomme is dood, jy kan dit nie betaal nie. So al verloor jy, jy moet hulle steeds betaal. Daar was al baie kere wat ons nie die mense kon betaal nie, maar dan is die volgende week dalk beter.

Ons doen darem al jare besigheid met die plase; my ma en ouma het al met die plase begin werk. My anties en ma sal vir my vertel hoe hulle destyds met die blomme ge- struggle het en oor die hard

ships waardeur hulle gegaan het. My ma sal vertel toe sy jonk was, moes hulle blomme in die bosse op die berg gaan pluk om te verkoop. Hulle moes ver loop om dit te verkoop. Wat ek vandag doen, is baie makliker as wat hulle dit gehad het.

Maar ons is goed grootgemaa­k met blommegeld. My een neef is ’n rekenmeest­er en die ander ’n onderwyser.

Ek vra myself elke dag hoe kyk ek na my drie kinders en my ma met die blommegeld. Maar God kyk na my en my Al- blomme. Ons het dalk nie baie geld nie, maar ons eet elke dag.

Daar is geen blomme in my huis nie. Nog nooit het iemand vir my blomme gekoop nie. Nee wag, hier het eenkeer. Een van my customers het vir my ’n bos gekoop. Ek het vir hom gevra om asseblief blomme te koop. Hy sê toe hy kort nie blomme nie, maar hy gaan dit koop en vir my gee. Hy koop toe ’n bos rose vir my, nogal.

Ons het ’n bakkie, maar die bakkie is ’n bietjie stukkend nou. Ek ry elke dag die bakkie; ek pak elke dag alleen in en uit. Ek sit emmers uit, bring die mat in, bring die stand in, sit die blomme in die emmers, gooi water in, pak die blomme en maak dit mooi. Ek los dit die hele week oornag in die sentrum. Maar as ek buite by die boom staan, dan pak ek elke oggend uit en pak die bakkie elke aand op.

Ek het baie vrinne hier. Daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie stories hoor nie. Daar’s die ou oom wat elke môre kom om my te sien. Hy bly hier bo. Hy kom sit by my en gesels net.

Wanneer ek hier by my blomme is, vergeet ek van als. Wanneer ek klaar is, onthou ek weer als wat by die huis aangaan. Dit is somtyds stresvol, ’cause you

need people to buy the flowers, en jy moet kos vir die kinders koop. So ek worry so ’n bietjie van sulke goete. Maar ek kan nou niks maak nie.

En as jy glo en vertrou, dan is daar nooit ’n week dat jy niks sal maak nie. Jy kan nie hier sit en jouself opwerk nie; jy gaan dan niks verkoop nie. Jy moet dit net laat gaan en alles sal gebeur soos dit moet. Die customers sal kom.

Ek sal baiekeer hier sit en dink oor als. Oor die lewe. En oor die moment toe my pa my ma gelos het. En toe my ma siek word, moes ek skool los en alles alleen begin doen.

Ek sou graag skool wou klaarmaak en studeer. Daardie tyd sou ek graag iets anders met my lewe wou doen, maar ek is so happy met wat ek nou doen. Daai tyd was daar nie geld vir iets anders nie.

Ek is moeg, maar ek kan nie moeg wees nie, want wie gaan na my kinders en na mammie kyk? Jy moet werk vir wat jy soek. En ek wil vir my kinders alles gee wat hulle nodig het.

Maar ek is gelukkig wanneer ek hier kan sit tussen al die blomme. En wanneer ek onder die boom is, is als oraait. Hier is baie blomme: Barberton daisies, ,

lilies, rose, proteas. My favourite is die e gladiolus.” S

‘Ek sal nooit my plek onder die boom buite prysgee nie. Nooit, want dis waar ons begin het’

 ??  ?? Daisies, lilies, rose en proteas. Dadija Israel in die winkelsent­rum by haar blomme. Wanneer sy nie buite onder die boom staan nie, wag sy hier vir haar klante.
Daisies, lilies, rose en proteas. Dadija Israel in die winkelsent­rum by haar blomme. Wanneer sy nie buite onder die boom staan nie, wag sy hier vir haar klante.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa