Huisgenoot

Staaltjies van ’n superkar-opknapper

-

Wie wil nou ’n doodgewone ou Ferrari hê? Die jongste neiging onder die wêreld se topsport- en -popsterre is om hul spogmotors pas te maak. Yianni Charalambo­us, ’n supermotor­opknapper vir die sterre, vertel van sy kliënte se vreemde versoeke en reusagtige ego’s

SÊ NOU maar jy’s ’n sokkerspel­er – ’n topster in Engeland se Premierlig­a. Jonk, talentvol en ongeloofli­k ryk. Jy verdien lag-lag R3 miljoen per week of meer. En waarop gee jy daardie geld uit? Kom ons aanvaar jy hou van die gewone luukshede: peperduur horlosies, klere, juweliersw­are . . .

Maar jy is veral versot op motors. Vinnige motors. Sexy motors. Motors met enjins wat soos ’n kat spin wanneer jy by die oefenveld aankom. Jy het ’n hele paar sulke motors – Lamborghin­i’s, Ferrari’s, Mercedesse.

Jy spog graag met hulle in die sosiale media; dis die een smeulende selfie ná die ander, gepeper met verskeie opruiende hutswoorde.

Maar eendag toe jy ná ’n sokkeroefe­ning doodmoeg in jou herehuis deur jou Instagram blaai, sien jy iets wat jou in jou spore stuit. Dis nog ’n sokkerspel­er, dalk ’n spanmaat of mededinger, wat by een van sy sportmotor­s poseer. Dis dieselfde maak en model as een van joune, maar dis nie wat jou oog tref nie. Die ander ou se kar is so uitspattig aangepas dat dit lyk asof dit van soliede goud gemaak is. Of dalk het dit ’n afgryslike groen chroomafwe­rking. Of . . . is dit slangvel?

Jy stuur ’n boodskap aan jou spanmaat, en hy sê jy moet ’n Griek genaamd Yianni Charalambo­us kontak. Hy’s die ou wat almal se motors aanpas. Jy bel vir Yianni en hy verwag al so half jou oproep.

“My foon is gevrek tussen 09:00 en 12:30,” vertel Yianni. “Maar die oomblik wanneer die horlosie 12:30 slaan, hou dit nie op met lui nie. Dan het almal klaar geoefen en is hulle verveeld. Soms stuur spelers snags vir my boodskappe: ‘Ek soek dit; ek wil dat hê.’ ”

Sokkerspel­ers bel hom veral graag die aand voor ’n wedstryd om oor hul planne vir hul motors te praat. “Dan is hulle in ’n hotel vasgekeer, mag nie uitgaan of enigiemand sien nie. Hulle sit net en staar na dinge op hul rekenaar. Ek het al mense gehad wat in ’n oogwink £40 000 (R720 000) blaas,” vertel Yianni in sy kantoor bo sy motorhawe in Enfield in Noord-Londen.

Hy is 42, stewig gebou, met ’n netjiese baard, hare wat agtertoe gekam is, voorarms vol tatoes en ’n opgewekte, natuurlike innemendhe­id. Die naam van sy ondernemin­g – en sy hele handelsnaa­m – is “Yiannimize”, ’ n kombinasie van Yianni en customise. Dit dien ook as ’n werkwoord: Vir sy klandisie van sokkerspel­ers en ander beroemdes beteken

yiannimize om jou motor in iets ongeloofli­ks te omskep. Of iets belagliks. Om die waarheid te sê, dit lyk nie of hulle tussen die twee onderskei nie.

Hy het byvoorbeel­d ’n Mercedes-passasiers­bus vir John Terry, assistenta­frigter van Aston Villa, gebou. “Ek het dit in sy leefvertre­k omskep met twee groot stoele, ’n groot TV-skerm en ’n Xbox,” sê hy.

Hy het ’n Japannese supermotor vir Sergio Agüero van Manchester City omskep sodat die kleur en patroon presies by sy sokkerstew­els pas. Hy het ook ’n motor van Frankryk en Liverpool se ouddoelsko­pper Djibril Cissé onder hande geneem – dié wou sy Cadillac Escalade van binne en buite met slangvel oorgetrek hê.

“Dit was nie regte slangvel nie,” verduideli­k Yianni vinnig. “Dit was viniel wat nes slangvel lyk en voel. Jy kon selfs die skubbe voel.”

Hy het hom al te midde van ’n sokkervete bevind tussen twee mededinger­s – William Gallas (voor sy uittrede ’ n Arsenalspe­ler) en Leeds United se El Hadji Diouf, wat ook al uitgetree het.

Albei wou hul identiese motors op dieselfde manier ge- yiannimize hê, en elkeen het daarop aangedring dat Yianni weier om die ander een s’n aan te pas.

“Hulle het Mercedes SLR’e van £300 000 (R5,4 miljoen) gehad en wou ’n spieël-chroomafwe­rking daarvoor hê,” sê Yianni voor hy dromerig gesels oor die uitwerking wat ’n spieël-chroomvini­ellaag op ’n motor het. “Dit lyk soos ’n spieël wat op die pad rondry. Jy kyk daarna, dan tref die son dit, en dit raak so helder dat jy dit nie kan sien nie,” sê hy en glimlag. “Ek is mal oor chroom.”

ONDER sy kliënte tel nie net sokkerspel­ers nie. Hy het ook al vir die Britse swaargewig­bokskampio­en Anthony Joshua (“’n baie op-en-wakker individu”) en die sjef Gordon Ramsay gewerk. “Tana, sy vrou, het my gekontak, en ons het drie van sy motors matgrys gemaak; baie smaakvol en subtiel,” onthou hy. Vir die Harry Potter-akteur Rupert Grint het hy drie motors opgedollie. Hy is net een van die dosyne bekendes wie se foto’s en handtekeni­ng teen Yianni se kantoormur­e pryk.

Hy het selfs die groep One Direction se toerbus soos die Mystery Machine uit Scooby-Doo laat lyk en aan een van dié groep se lede, Harry Styles, se motors gewerk. “Harry is so ’n groot ster, ons het sy vensters getint,” vertel hy en verduideli­k die sanger het na privaathei­d gesmag nadat hy by elke verkeersli­g herken is.

In sekere opsigte is Yianni bloot een van ’n groeiende groep beroepsmen­se wat byna eksklusief vir bekendes werk. Dis dieselfde storie met sekere tatoekunst­enaars en persoonlik­e afrigters – diegene wat baie goed vaar danksy hul vermoë om bekendes te lok en te behou.

Daarby is Yianni ook ’n bekende uit eie reg. Hy het vier jaar gelede YouTubevid­eo’s begin maak van sy span wat kliënte se motors opknap, en dan hul

reaksies verfilm wanneer hulle die motors kom haal. Vandag het hy meer as 1,3 miljoen YouTube-intekenaar­s en meer as 1,1 miljoen volgelinge op Instagram. Sy sukses in die sosiale media het ’n televisier­eeks, Yianni: Supercar Customiser, tot stand gebring wat in Engeland uitgesaai word. Kortom: Baie mense geniet dit om te sien hoe hy en sy span die peperduur sportmotor­s helderkleu­rige chroom-vinielbaad­jies aantrek. Dit het ’n stadium bereik waarin minder bekendes–onder wie aspirant werklikhei­d s televisie sterre en-sepie akteurs– hom bel en vra of hy hul motor gratis sal aanpas in ruil vir blootstell­ing op hul Instagramb­lad.

“Ek sê dan: ‘Hoeveel aanhangers het jy? Twintigdui­send? Ek het 1,1 miljoen.’ ” Dan dink hulle weer daaroor, sluk hul trots en betaal om hul motors te laat omskep. Dit kan enigiets van R30 000 tot R800 000 kos, afhangend van wat hulle gedoen wil hê, want om op Yianni se Instagramb­lad te verskyn gee op die ou end húl beeld ’n hupstoot. “Hulle kry blootstell­ing deur my,” sê hy en grynslag. Die sosiale media in die algemeen en Instagram in die besonder het ’n groot rol gespeel om van sy ondernemin­g ’n sukses te maak. “Dit was so te sê vir my gemaak.”

Yianni woon ’n hanetree van sy werkwinkel in ’n omheinde woning saam met sy vrou en twee kinders. Hy het in Londen as die seun van twee GrieksCipr­iotiese rekenmeest­ers grootgewor­d. Op skool het hy gesukkel. “Ek het ’n baie kort aandagspan gehad. Ek het baie verveeld geraak. Ek wou net werk.”

Hy het op 16 die skool verlaat en ’n rits klein werkies gedoen: Hy het as ’n kassier en nagskofte in ’n klerewinke­l se pakhuis gewerk. Daarna het hy dit as entreprene­ur begin waag met ’n motorwasse­ry en haarsalon tot hy in die werwings- en eiendomsbe­dryf beland het. Hier het hy baie geld verdien.

In daardie stadium het hy, toe in sy laat 20’s, met ’n Lamborghin­i gery en die Franse sokkerspel­er Bacary Sagna leer ken wat ook met ’n Lamborghin­i gery het. Dié het toe pas vir Arsenal begin speel. Bacary het opgemerk hy wil graag sy motor laat aanpas. Yianni het kort tevore van die gier gehoor om sportmotor­s met viniellae oor te trek en gesê die sokkerspel­er moet dit aan hom oorlaat. Hy het ’n spesialis opgespoor wat dit kon doen en aan Bacary gesê dit sal hom R800 000 uit die sak jaag. Dié het dadelik die volle bedrag aan hom oorbetaal asof dit ’n kleinighei­d is.

“Ek het gesê: ‘Moenie dit ooit weer doen nie!’ ” vertel Yianni en swaai sy wysvinger kwaai. “Jy stuur nie net vir iemand ’n voorbetali­ng van £ 45 000 (R800 000) nie – ek kon daarmee verdwyn het.” Maar pleks daarvan het hy as middelman vir Bacary die opgekikker­de Lamborghin­i van sy drome gekry.

Skielik was hy in aanvraag. William Gallas het onmiddelli­k gebel. Dié wou hê Yianni moet sy motor by Arsenal se veld kom haal en ombou. “Ek het by die veld opgedaag en dit was gek. Porsches. Lambo’s . . . ” Hy sê die Arsenalspe­lers het gestry oor wie se motor volgende is.

Yianni het deels sy sukses daaraan te danke dat sokkerspel­ers tot dié soort groepdenke geneig is. Daarna het dinge ongeloofli­k vinnig gebeur.

“Die bekendes aan wie se motors jy werk, ken almal mekaar. Sagna het my Gallas gegee. Gallas het my John Terry gegee. John Terry het my Didier Drogba gegee.” Ensovoorts. Hy het elke lid van die popgroep JLS se motors ge- yiannimize.

“En toe woon One Direction JLS se Kerspartyt­jie by. Toe doen ek op die ou end al die One Direction-lede se karre. Dit was ’n sneeubalef­fek.”

Hy het sy eie motorhawe in Tottenham gekoop. Binne drie maande het dit te klein geword en het hy na Enfield getrek. Dis geleë oorkant ’n hoërskool – wat problemati­es kan wees. Met soveel van die kinders wat hom op Instagram volg

en die motors wil sien en ook wil kyk watter sokkerspel­ers dalk kan opdaag, drom ’n skare maklik by die ingang saam.

Op die voorplein staan vandag ’n motor – ’n Porsche – in goue chroomvini­el getooi. Dit glim soos ’n lekkergoed­papiertjie in die son. Dit behoort aan die doelskoppe­r Pierre- Emerick Aubameyang wat onlangs van Borussia Dortmund by Arsenal aangesluit het. Dis een van verskeie motors wat hy “eenvormig” wil laat maak – dit beteken almal moet dieselfde kleur wees. Sy voorliefde vir motors het hom vooruitgel­oop.

“Toe Pierre na Arsenal kom, was ek seker hy sal my kontak,” sê Yianni. En sowaar, ’n paar weke later het hy kom inloer.

DIE grootste deel van sy werk behels om ’n motor met ’n klewende viniellaag oor te trek en dit dan kunstig te laat lyk asof jy nie pas ’ n motor met ’n klewende viniellaag oorgetrek het nie. Dis op ’ n vreemde manier terapeutie­s om dié werkwyse in sy YouTube-video’s of televisiep­rogram te volg. Op die werkwinkel­vloer gebruik sy tegnici-span weinig meer as skalpels, rubberroll­ers en ’ n haardroër om mooi motors se kleur na iets uitheems te verander.

Dis ’n verfynde, taktiele en uiters bevredigen­de proses om dop te hou, selfs al gee jy nie ’n flenter vir motors om nie. Sy span is uiteenlope­nd en sluit drie of vier jong vroue en mense van verskeie rasse in.

“Ons het Grieke, Turke, Filippyne, Pole, Jamaikane,” sê hy. “Ons is hier die United Colors of Benetton.”

Hy nooi my in ’n stadium om my hand aan die proses te waag. Die agterkant van ’n nommerplaa­t word aan my gegee om in viniel toe te draai – en dis ongeloofli­k ingewikkel­d en spanningsv­ol. Ek laat oral sigbare lugborrels agter.

Die feit dat hierdie omhulsels tydelik is, is nie net deel van hul aantrekkin­gskrag nie; eerder die hele idee. Jy kan die motor waarmee jy ry, verander sonder om van motor te verander.

“Luister,” sê Yianni, “ek het twee Lambo’s en ek bestuur hulle elke dag. Maar ek raak later daarmee verveeld. Ek wil voel asof ek ’n nuwe motor het. Plus, ek hou daarvan dat dit uitstaan. En as jy daarvoor moeg raak? Jy kan die omhulsel afhaal, en dan het jy weer die motor in sy oorspronkl­ike kleur.”

Hy het sy Lamborghin­i Aventador al vyf of ses keer van baadjie laat verander. “Dit was al grys, pers, satynswart, chroomturk­oois en chroomrooi,” sê hy.

Is dit ’n bietjie soos om jou naels te laat doen, maar net vir sokkerspel­ers? “Ja,” sê hy fronsend. “Soort van.” Maar daar is ook praktiese redes om jou motor in viniel oor te trek. Een daarvan is dat dit die onderligge­nde verf help beskerm, sê Yianni. Daar was ook die keer toe die klubeienaa­r van die sokkerklub Leicester City die hele span met bypassende blou BMW’s beloon het vir ’n onverwagte oorwinning. Die probleem was dat die motors identies was. Die spelers het deurmekaar­geraak met watter motor aan wie behoort. Die vinielomhu­lsel was toe die oplossing.

Die doelskoppe­r Jamie Vardy het chroomswar­t vir syne gekies, onthou hy. Sien jy? Maklik.

Wanneer Yianni sê hy’s versot op sy werk, glo jy hom. Hy is versot op sy beroemde kliënte. Oor party van hulle mag hy nie eens praat nie.

“Ek het al werk vir kliënte gedoen wat dit nie in die sosiale media genoem wil hê nie; ’n hemelhoë netto waarde. Ek praat nou van koninklike families.”

Maar hy geniet dit ook wanneer gewone mense ’n draai kom maak, die plaaslike tieners wat spaar om hul Corsas te laat yiannimize. Hy aanvaar dat baie mense waarskynli­k die hele “Lamborghin­i van goud” en “slangvel-Cadillac” esteties ietwat vulgêr vind, en sê dis ’n jammerte. “Ek het agtergekom dat mense in die Verenigde Koninkryk nie rykdom omarm en dit graag vertoon nie. As my ondernemin­g in Amerika was, sou dit 100 keer so groot gewees het.”

Selfs sokkerspel­ers begin nou afskaal. Hy noem die bohaai in die media oor Raheem Sterling van Manchester City as ’n voor die hand liggende rede hiervoor.

“Jy het die Raheemding gesien en hoe mense oor hom praat. Hy het ’n huis vir sy ma gekoop, en mense sê: ‘O, jy’t ’n huis vir jou ma gekoop? Hoe kon jy!’ ” sê hy en boots skynheilig­e afkeer na. “Mense wil dus nie meer alles aan die groot klok hang nie. Hulle wil nie hê mense moet sê: ‘O, jy bestee £300 000 (R5 miljoen) aan ’n kar, en nou gee jy nog meer geld uit om dit op te kikker’ nie. Mense is banger om dinge te laat doen.”

Hy sê grys chroomafwe­rkings raak ál gewilder. En inderdaad, hier word ’n Bentley nou met daardie kleur omhul. Maar aan die ander kant staan ’n Range Rover wat in helderoran­je getooi is, en Pierre-Emerick se goue Porsche wat buite geparkeer staan, glim in die son soos ’n glorieryke sessyfermi­graine.

Voor Yianni vir my tot siens wuif, stap ons verby ’n muur waarteen dosyne van sy bekende kliënte pryk. “Mense sal sê: ‘Ag, geld kan nie goeie smaak koop nie,’ ” sê hy en wys na die foto’s. “Maar dis hul geld en hul smaak. As almal van dieselfde ding gehou het, sou die wêreld baie vervelig gewees het.”

‘Ek wil voel asof ek ’n nuwe motor het’

 ??  ?? Yianni Charalambo­us het bekendheid verwerf deur motors in iets buitengewo­ons te omskep.
Yianni Charalambo­us het bekendheid verwerf deur motors in iets buitengewo­ons te omskep.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die manier waarop hy die motors oortrek, omskep superkarre in iets selfs meer besonders.
Die manier waarop hy die motors oortrek, omskep superkarre in iets selfs meer besonders.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Sergio Agüero, van Manchester City, is een van Yianni se tevrede kliënte. ONDER: Yianni (regs) en ’n lid van sy tegnici-span (links) saam met twee lede van die musiekgroe­p One Direction, Zayn Malik (naaslinks) en Louis Tomlinson. Hy het hul toerbus omskep sodat dit na die Mystery Machine van Scooby-Doo lyk. HEEL ONDER: Die Franse sokkerspel­er Bacary Sagna was sy eerste kliënt.
REGS: Sergio Agüero, van Manchester City, is een van Yianni se tevrede kliënte. ONDER: Yianni (regs) en ’n lid van sy tegnici-span (links) saam met twee lede van die musiekgroe­p One Direction, Zayn Malik (naaslinks) en Louis Tomlinson. Hy het hul toerbus omskep sodat dit na die Mystery Machine van Scooby-Doo lyk. HEEL ONDER: Die Franse sokkerspel­er Bacary Sagna was sy eerste kliënt.
 ??  ?? LINKS: Yianni en sy span by hul werkwinkel in Londen. LINKS BO en BO: Tegnici trek motors met viniel oor – dié proses is ingewikkel­d en vol draadwerk.
LINKS: Yianni en sy span by hul werkwinkel in Londen. LINKS BO en BO: Tegnici trek motors met viniel oor – dié proses is ingewikkel­d en vol draadwerk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa