Huisgenoot

Joernalis se kurkdroë Januarie

Huisgenoot se Nicola Whitfield het ’n maand lank haar glasie wyn vir tee en gemmerlimo­nade verruil om ‘Droë Januarie’ op die proef te stel. Maar is dit die moeite werd?

- Foto: JACQUES STANDER

EKK K KLIM die eerste Januarie op die waterkar. Oukei, ou oukei, die tweede, want dis darem net te droewig om dit op Nuwejaarsd­ag te d doen. D Dit is die laaste dag van die vakansie en ons kuier oor middagete op ’n wynplaas saam met vriende. En, wel, as ek vir die res van die maand my lippe nie aan drank gaan sit nie, kan ek netsowel netsow ’n laaste sluk vat.

Veral aangesien Januarie so lank is. En ’n bietjie mistroos mistroosti­g, want dis gewoonlik ’n maand vol skul skuld.

Ek is, om die waarheid w te sê, ’n bietjie bekommerd oor o of ek dit sal kan volhou. Drank is vir my ’n onlosmaakl­ike deel van so baie dinge in die lewe: ’n glas wyn ná ’n stresvolle dag da op kantoor; drankies saam met vriende oor die naweek; aandpartyt­jies; laat middagetes m met vonkelwyn; wynproeë; w of om in die aand ná ’n stappie met die hon hond vinnig in die buurt se kroe kroeg in te glip. Maar ek kan dit mos regkry, of hoe? Dis Di nie asof ek ’n swaar drinker is nie. Ek drink meestal een glas per aand. Soms Som twee. Af en toe drie. Hoe moeilik kan ka dit nou wees? Dit help dat d daar aanhoudend artikels verskyn wat die deugde van Droë Januarie besing besing. ’ n Britse ondersoek toon mense wat ná die feestyd drank laat staan, verloor verlo gemiddeld 1,5 kg, slaap beter, verbeter verb hul konsentras­ie en verminder d die hoeveelhei­d vet in hul lewer met to tot 15%.

Nog een toon mense wat Januarie droog bly, drink in i die daaropvolg­ende maande minder dae per week as voorheen – 3,3 dae pe per week in plaas van 4,4. Hulle meld ook hulle word “minder dronk”: van 3,4 keer per maand tot 2,1 keer. Dis mos in alle opsigte ’n wenwen-situasie.

Ek besluit om d die artikel met die titel “Droë Januarie laat laa mense sonder drankprobl­eem skuldig voel” te ignoreer wat ’n vriendin vir my stuur, st want ek is bang dit plant ’n saadjie v van twyfel. En ek is vasbeslote: Ek kan di dit doen. Ek sal dit doen.

DIE ee eerste paar dae is maklik. Ek loop lo oor van die soort geesd geesdrif waarmee jy ’n nuwe dieet of oefenprogr­am aanpak. Vuur en vlam en gretig om a aan die gang te kom en die resultate te si sien . . .

Teen 31 Januarie sal ek skraler, skoner, gesonder en skerper wees, kom wat wil.

Tog tref ek ’n paar voorsorgma­atreëls, net ingeval. Omdat ek bang is ek sal my glasie wyn aan die einde van die dag te veel mis, koop ek ’n voorraad suikervrye gemmerlimo­nade en gooi daarvan in ’n wynglas wanneer ek saans tuiskom. Dit lyk soos wyn en sorg vir daardie vertrooste­nde hand-tot-mond-beweging.

Saam met aandete is dit ’n glas vonkelwate­r en voor slaaptyd probeer ek hard om aan ’n koppie kamilletee te teug, maar ek moet erken dis nie juis my idee van lekker nie.

Teen die einde van die eerste week voel ek wonderlik. My vel lyk varser en glansend en my klere sit ’n klein bietjie losser, los genoeg sodat ek my weeg. Die resultaat is teleurstel­lend – net ’n paar gram minder – en ek skop die skaal terug onder die bed in.

Die naweek is ook nie ’n te groot uitdaging nie. Januarie is gewoonlik ’n stil maand met min kuiers; daar is dus nie ’n groot gevaar dat ek “uit” gaan voel terwyl my vriende hoenderkop en luidrugtig raak nie.

Om alles te kroon kom ek agter wyn maak my vaak! Jare lank het ek gedink ek sluimer teen negeuur saans voor die televisie in omdat ek moeg en die lewe woes is, maar nee – dit was die wyn se skuld. Ek haal TV-reekse in wat ek maande lank al wou kyk en lees verskeie hoofstukke van my boek in die bed pleks daarvan dat my ooglede ná die eerste bladsy toeval en ek dit die volgende dag wéér moet lees.

Trouens, ek moet myself dikwels dwing om die lig af te skakel.

En my verstand is soggens veel helderder. Wanneer ek in ’n vertrek instap, onthou ek wat ek gaan haal het pleks van skielik daar staan en my kop breek oor hoekom ek nou eintlik daar is. Dis so ’n verligting: Ek is nie besig om seniel te raak nie; dit was alles die wyn se skuld.

Alles verloop klopdissel­boom sonder drank tot die middel van die maand. Ek is steeds gemotiveer, maar die storie begin nou vervelig raak. Ek stuur vir ’n vriendin ’n boodskap en vra morele ondersteun­ing. “Ek doen Droë Januarie, maar het aanmoedigi­ng nodig.” “Hoekom doen jy Droë Januarie?” vra sy. “Want ek wou vir ’n maand ’n blaaskans van alkohol neem,” antwoord ek.

“Wel,” sê sy, “as jy goed slaap, jonger voel en gewig verloor, is ons vriendskap verby.”

Duidelik is ek op myself aangewese.

EK OORKOM my insinking in die middel van die maand met ses bottels bier met 0,0% alkohol. Dit smaak oukei, maar teen die einde van die week (ek beperk my tot ’n bottel per aand) het ek daaraan ook nie meer erg nie. Byt net vas tot die einde van die maand, sê ek vir myself. Tel die voordele en druk deur.

In een van die nagte wat ek wawyd wakker lê, google ek Droë Januarie en kom af op ’n artikel deur die Britse komediant Lee Mack, wat dit in 2017 aangepak en daarna sommer op die waterkar gebly het.

Soos ek het hy nie op 1 Januarie begin nie. Hy het op die derde begin, want hy moes op 2 Januarie ’n veerpylkam­pioenskaps­byeenkoms bywoon, en “om nie by die veerpyltji­es te drink nie is soos om in die koekiefabr­iek met jou dieet te begin. Toe het ek ’ n laaste drinksessi­e en besluit om vir ’n kort ruk op te hou.”

Omdat hy “gekul” het deur nie op die eerste op te hou nie, het hy besluit om in Februarie ’ n paar ekstra dae daarmee vol te hou.

“En toe dink ek: ‘Ag wat, ek het Februarie begin en kan dit net- sowel enduit voer.’ En voor ek my kom kry, het Februarie Maart geword, en Maart het April geword, en April het Mei geword . . .” Lee dink die hele drinkkultu­ur is ’n truuk deur drankverva­ardigers wat ons wil wysmaak die lewe is meer ontspanne en lekkerder as jy alkohol gebruik. Maar die lewe kan inderwaarh­eid daarsonder baie beter wees.

Sal ek soos Lee wees en aanhou? Ek twyfel. Toe ek op 1 Februarie ná werk by die huis kom, het ek dadelik vir my ’n glas yskoue chardonnay geskink.

Maar Droë Januarie het my anders na die lewe laat kyk en na die rol wat drank daarin speel. Ek is vasbeslote om soos die mense in die ondersoek te wees en oor die algemeen minder te drink.

Hou in alles matigheid g voor oë, , het my ma my geleer. Dit lyk of sy dalk reg was.

Jare lank het ek gedink ek sluimer teen negeuur saans voor die televisie in omdat ek moeg en die lewe woes is, maar nee – dit was die wyn se skuld

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa