Huisgenoot

So het Michael Jackson ons misbruik

’n Nuwe dokumentêr oor twee mans wat beweer Michael Jackson het hulle as kinders gemolestee­r, laat kykers naar en ontsteld

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

VIR sy miljoene aanhangers was hy een van die beste sangers wat ooit geleef het. ’n Musikale genie met ’n talent so tydloos soos die moonwalk self, die danspassie wat sedert die 1980’s altyd met sy naam verbind sal word.

Maar hy was ook ’n gefolterde karakter wat glo sy roem en rykdom misbruik het om seuns die hof te maak. Hy het hulle glo met geskenke oorlaai en gemolestee­r.

Dié bewering is niks nuuts nie. Voor sy dood in 2009 het stories van kindermish­andeling jare lank soos ’n kleed oor Michael Jackson se skouers gehang.

Maar ’n skokkende nuwe dokumentêr werp nou lig op die ware omvang van bewerings teen die sanger, en dit kan sy nalatenska­p vir ewig verander.

Op die onlangse première van dié dokumentêr, Leaving Neverland, op die Sundance-rolprentfe­es in Utah, Amerika, was die gehoor teen die einde “doodsbleek” weens die grafiese en ontstellen­de inhoud van die fliek, berig The Guardian.

Ná die vertoning was beraders byderhand ingeval kykers steun benodig het. “Dit was brutaal ontstellen­d,” sê ’n feesganger. “Ek het naar gevoel.”

Die dokumentêr van vier uur lank beskryf in ysingwekke­nde besonderhe­de die misbruik wat twee mans na bewering as kinders verduur het toe Michael hulle bevriend en hulle tyd op sy Neverlandl­andgoed in Kalifornië deurgebrin­g het.

Resensente loof die getuienis wat Wade Robson (nou 36) en James Safechuck (nou 40) gelewer het as “oorweldige­nd sterk en oortuigend”.

“’n Mens sal nooit weer op dieselfde manier na Michael Jackson luister nie,” sê David Ehrlich van die rolprentwe­btuiste IndieWire. “Jy sal trouens dalk nooit weer na hom wil luister nie.”

JAMES was 10 toe hy en Michael mekaar ontmoet het nadat hy ’n rol in een van die popkoning se Pepsiadver­tensies gekry het. Hulle het vriende geword en Michael het so geheg geraak aan die seun dat hy na bewering ’n kamma-troue gehou het waartydens hy met die kind “getrou” het.

In ’n toneel in die dokumentêr bewe James se hande terwyl hy die diamantrin­g wat Michael vir hom gegee het uit ’ n juweelboks­ie haal. Hy en Michael het die huweliksbe­lofte afgelê, sê hy, en selfs ’n huwelikser­tifikaat onderteken.

James het die nagte saam met die sanger in sy bed begin deurbring en sê Michael het vir hom vertel hy het orale seks op hom uitgevoer terwyl hy geslaap het. “Hy het gesê ek was sy eerste seksuele ervaring,” sê hy. Hulle het glo “oral op Neverland” seks gehad, onder meer in die kasteel, swembad, solder en stasie.

Die landgoed was “met versteekte beddens en geheime plekke toegerus, soos ’n geslote, privaat losie met eenrigting­glas in sy rolprentte­ater” waar die beweerde mishandeli­ng plaasgevin­d het.

Hy beweer Michael het ’n “geheime teken” gehad vir wanneer hy seks wou hê: Hy sou James se hand vas-

hou en sy palm met ’n vinger krap.

James sê Michael het hom “driloefeni­nge” laat doen om te kyk hoe vinnig hy kon aantrek ingeval hulle betrap word. Daar was verskeie klokkies aan die deure wat na die instapkas in sy slaapkamer gelei het sodat hy kon hoor as iemand aankom.

Wade was net sewe toe hy en Michael mekaar ontmoet het. Hy en sy gesin het toe pas van Australië na Amerika getrek. Hy was toe reeds ’n talentvoll­e danser.

Nadat hy Michael ontmoet en hulle ’n hegte vriendskap gesmee het, was sy ma, Joy, wat as ’n oorgeesdri­ftige dansma beskryf word, verheug. Sy het die verhouding aangemoedi­g.

Wade het gou Michael se gunsteling geword. Die ster het “my met fakse bestook”, sê hy, en hom op sy troetelnam­e, Little One of Doo Doo, genoem.

“En toe,” sê Wade, “het hy my sewe jaar lank misbruik.”

Wade het die eerste keer ’ n nag op Neverland deurgebrin­g nadat Michael vir Joy gevra het om haar seun te laat oorslaap terwyl die res van die gesin die Grand Canyon besoek.

Volgens Wade was dit die nag dat Michael orale seks op hom uitgevoer en hom toe oopmond gesoen het. “Hy het vir my gesê: ‘Dit is hoe ons ons liefde toon.’ ”

Hy beskryf hoe Michael hom glo toe hy 14 was na sy hotelsuite genooi en probeer het om met hom seks te hê, maar dit was te pynlik. Die volgende dag het een van Michael se assistente hom glo aangesê om “sy onderklere vir bloed te bekyk” en indien nodig van die broek ontslae te raak.

James en Wade is op die ou end uit Michael se lewe geskuif toe jonger seuns sy binnekring betree. “Jy was nie meer spesiaal nie,” sê James.

Ná die première het die regisseur daar- van, Dan Reed, saam met James en Wade op die verhoog verskyn. Hy het die moed geprys van die twee mans wat hoop dat hulle deur die verbreking van hul stilswye ander slagoffers van seksuele mishandeli­ng sal help na vore kom. James het verklaar: “Geheime sal jou opvreet.”

VERAL Wade, ’n gevierde choreograa­f, loop nou deur onder van Michael se aanhangers en familie. Hulle beskuldig hom daarvan dat hy die ster jare ná sy dood verraai.

Wade het vierkant agter Michael gestaan toe Evan Chandler, pa van die toe 14-jarige Jordan, hom in 1993 daarvan beskuldig dat hy ’n kindermole­steerder is.

Wade en ’n vriend, Brett Barnes, het destyds ’n mediakonfe­rensie toegespree­k waarin albei gesê het hulle het met Michael ’n bed gedeel, maar niks seksueels het gebeur nie. Die Chandlersa­ak is later buite die hof geskik – glo vir $22 miljoen (toe sowat R72 miljoen).

In 2003 het Wade weer vir Michael opgekom toe Gavin Arvizo, wat kanker oorleef het, beweer Michael het hom verskeie kere gemolestee­r. Die saak is later verhoor, en Wade het in die getuiebank gestaan om te vertel van die meer as 20 keer dat hy by Michael oorgeslaap en hoe daar nie een keer iets onbehoorli­ks gebeur het nie. Michael is toe vrygespree­k. Maar nou sing Wade ’n ander deuntjie. “Ek verstaan hoekom dit moeilik is om te glo,” het hy ná die dokumentêr se première sy vroeëre ontkenning en stilswye verduideli­k. “’n Mens kan net iets aanvaar en verstaan wanneer jy gereed is om dit te doen.” Wade se ma was met afgryse vervul toe sy haar seun se vertelling­s van misbruik hoor. “Joy was geskok,” sê ’n familiebro­n. “Jare lank het sy Wade aanhou vra of dit waar was, en hy het altyd volgehou niks het gebeur nie.”

Taj Jackson (45), ’n neef van Michael, beskuldig Wade en James daarvan dat hulle geldhonger leuenaars is. “Ek en my familie ken Wade en sy gesin sedert hy Amerika toe gekom het. Moenie vir my sê ’n vier uur lange, eensy dige karaktermo­ord is geloofwaar­diger as mense wat hom werklik geken het nie,” het hy op Twitter getier.

“Dit gaan alles oor geld en die desperate behoefte om weer relevant te wees.”

Maar die regisseur, Dan, sê geld speel nie ’n rol nie. “Wade en James is op geen manier, direk of indirek, betaal nie,” het hy aan The Hollywood Reporter gesê. “Die familie is nie vergoed nie. Daar was niks. Geen vergoeding van enige aard nie. Ek dink dis belangrik om dit te noem.”

Michael se boedel noem die rolprent “’n verregaand­e en patetiese poging om Michael Jackson uit te buit en te melk”.

Maar James en Wade bly onwrikbaar. Albei worstel met depressie, angstighei­d en selfhaat.

“Ek dink nie tyd genees dié een nie,” sê James. “Dit raak net erger.” BRONNE: ROLLING STONE, US WEEKLY, THE MIRROR, LOS ANGELES TIMES, DAILY MAIL, VARIETY, THE GUARDIAN

‘Jy sal dalk nooit weer na Jackson wil luister nie’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Michael Jackson. REGS: (Van links) Wade Robson, Dan Reed, die regisseur, en James Safechuck het ’n dokumentêr gemaak waarin Wade en James vertel hoe hulle glo gemolestee­r is.
HOOFFOTO: Michael Jackson. REGS: (Van links) Wade Robson, Dan Reed, die regisseur, en James Safechuck het ’n dokumentêr gemaak waarin Wade en James vertel hoe hulle glo gemolestee­r is.
 ??  ?? As A kinders het James (BO) en Wade (LINKS) gereeld ’n nag op Michael se Neverlandl­andgoed (NAASLINKS) deurgebrin­g. Hulle sê dit is waar hy hulle seksueel misbruik m het.
As A kinders het James (BO) en Wade (LINKS) gereeld ’n nag op Michael se Neverlandl­andgoed (NAASLINKS) deurgebrin­g. Hulle sê dit is waar hy hulle seksueel misbruik m het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa