Huisgenoot

Tonge klap oor brandmaer Céline Dion

Die sangeres is min gepla oor die geskinder oor haar nuwe modes, lyf en jong ‘vriend’

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIE skinderton­ge het behoorlik geklap toe Céline Dion onlangs by die Paryse Modeweek met ’n aantreklik­e, veel jonger donkerkopm­an aan haar sy opdaag. Boonop het dit gelyk of die twee nie hul hande van mekaar kan afhou nie.

Het die 50-jarige Kanadese sangeres weer liefde gevind, drie jaar ná die dood van haar man, René Angélil? En dít by ’n sexy katelknaap?

In die heel voorste ry was sy en Pepe Muñoz (34) alte danig met mekaar. Eers het haar hand ewe besitlik op sy knie gerus voor sy later sy gesig met haar hande omkelk en liefdevol in sy oë gekyk het. In die strate van die stad van liefde het Céline aan sy arm vasgehou en gelukkiger gelyk as in ’n baie lang tyd.

Tog hou die ma van drie vol sy en Pepe is net vriende. Hy is haar beste vriend, het sy aan die tydskrif Vogue gesê. Die Spanjaard was voorheen een van haar agtergrond­dansers en is deesdae haar persoonlik­e afrigter.

“Die berigte oor hom pla my nie, want hy’s aantreklik. Natuurlik gee ons mekaar drukkies en hou hande vas en gaan uit, en mense sien dit. Hy is ’n ware heer. Hy gee vir my sy hand om vas te hou wanneer ons uitgaan,” het sy teruggekap.

Hulle het dadelik ’n band gesmee toe hy in 2016 op haar Europese toer met haar dans, het sy vertel.

Maar dit beteken nie liefde is in die lug nie. “Ek is nog enkellopen­d,” het sy aan die koerant The Sun gesê. “Die media het gesê: ‘Goeie hemel, René is pas oorlede, en nou is daar ’n ander man.’ Ja, daar is ’n ander man, maar hy is nie dié man in my lewe nie.”

Maar Pepe is so belangrik in Céline se lewe dat hy haar ook help aantrek. En dis dié nuwe voorkoms wat die oë laat rek.

Céline het haar klassieke, ietwat stem- mige styl – uit die dae toe haar oorlede man die dryfkrag agter haar loopbaan was – vaarwel toegeroep en alle versigtigh­eid oorboord gegooi.

Haar bisarre modekeuses in Parys het die kritici laat gons. Een so ’n uitrusting was ’n heldergeel anorakstyl­rok met ’n formele wolbaadjie met gebreide moue en enkeltekki­es daarby. “Sy is óf in die modekol óf sy snuif iets,” het een kritikus laat hoor. Sommige het die Kanadese sangeres daarvan beskuldig dat sy “aandag soek”, terwyl ander gewonder het of sy ’n middeljare­krisis beleef. Haar gewig was ook onder bespreking: Céline was nog altyd slank, maar lyk deesdae omtrent uitgeteer. Haar arms en bene is rietskraal en amper elke been in haar gesig en borskas is sigbaar. Aanhangers het hul kommer hieroor uitgespree­k. “Jy lyk anorekties,” het een laat hoor. “Céline, jy lyk siek,” het nog een bygevoeg. Maar gee sy om wat mense sê? Geensins. Haar nuwe voorkoms gaan oor haarself, sê sy, en basta met die kritici. “Ek wil sterk, beeldskoon, vroulik,

vurig en sexy voel,” sê sy. “Mode was nog altyd deel van my. Ek is 50 jaar oud. Dit is wat ek wil dra; dit is hoe ek wil lyk.”

Sy kan nie almal tevrede stel nie, sê Céline, en as mense oor haar wil praat, dan is dit nou maar so. “As jy daarvan hou, is ek bly. Indien nie, los my uit.”

CÉLINE het uit die kokon van verdriet geklim wat haar omvou het sedert René (73) ná ’n lang stryd teen kanker aan ’n hartaanval gesterf het.

Sy is gereed om weer die lewe met alles in haar aan te pak, het sy aan The Sun gesê. “Ek het die wind onder my vlerke gevind.”

Céline se nuwe lus vir die lewe het ook uitgebrei na die drie belangriks­te mans in haar lewe – haar kinders, RenéCharle­s (18) en die agtjarige tweeling Eddy en Nelson.

Sy maak die seuns groot soos sy wil en laat René-Charles toe om sy kreatiewe kant te verken. Die tiener het onlangs die musiekbedr­yf betree as ’n platejoggi­e onder die naam Big Tip.

“Ek is baie trots op hom,” sê sy. “Hy is so atleties. Die meisies begin nou belangstel, maar het ek ’n keuse? Enige tiener moet dinge beproef. As jy vir te veel dinge nee sê, gaan hulle dit steeds doen wanneer jy nie daar is nie, en dis veel erger.”

Sy het haar seun “meer ruimte” gegee om die wêreld te verken. “Solank hy sy intelligen­sie en brein gebruik, vertrou ek hom.”

Sy sê ook vir hom sy pa waak oor hom. “Ek weet daar word goed na hom gekyk; sy pa stuur vir hom goeie energie. En ek het vir hom gesê ek sal altyd my hart in my hand dra en hy kan daaraan vashou.”

Wat die tweeling betref, het sy gekies om hulle genderneut­raal groot te maak. Die keuse was verlede jaar die inspirasie vir die bekendstel­ling van haar eie gendervrye kinderkler­ereeks, Celinununu.

Omstredenh­eid hieroor het Céline nie van stryk gebring nie. Sy glo ’n genderneut­rale benadering gee kinders die opsie om verskillen­de dinge op ’n jong ouderdom te beproef en kan selfs sielkundig­e probleme later in hul lewe verminder

PEPE, die mens naas haar seuns aan wie sy die gehegste is, help haar om die soms stormagtig­e waters te trotseer.

Gerugte dat hulle in ’n verhouding is, het die eerste keer in 2016 ’n paar maande ná René se dood opgeduik. Pepe het dit in ’n onderhoud met die Franse tydskrif Gala opgehaal.

“Ek en Céline het altyd oor die skindernuu­s gelag,” het hy gesê. “Céline is die mens op wie ek kan staatmaak wanneer ek oor iets moet praat, en omgekeerd.

“Sy is ’n oop boek. Sy is presies wat jy sien: gaaf, teer, vrygewig, altyd gereed om die beste weergawe van haarself te gee.”

Dit kan Céline dalk nog ’n ruk neem om met haar lewe aan te gaan wat romanse betref. Sy het in 2017, ’n jaar ná René se dood, erken dis “te gou” vir haar om oor iemand anders te dink.

Die musiekverv­aardiger het Céline ontmoet toe sy 12 jaar oud was, op 18 met haar begin uitgaan en op 26 met haar getrou.

“Hy was die wonderliks­te man ter wêreld,” sê sy. “Hy het my alles geleer.”

Céline het haar loopbaan die jaar voor sy dood vir eers opsygeskui­f en haar aan sy versorging toegewy. Toe hy sterf, het sy dit as “ietwat van ’n verligting” beskryf omdat hy eindelik vry was van die pyn wat hom byna 17 jaar geteister het.

Sy sien hom nou “elke dag deur die oë van my kinders” en is bly hy het vrede. Hy het lank sy vrou se loopbaan bestuur; nou is dit alles in haar hande, en sy is mal daaroor. “Ek voel nou ek het ’n stem, wat effens vreemd is aangesien ek al my lewe lank sing en optree. Maar nou gebruik ek ook my stem vir dinge wat ek wil doen en nie wil doen nie.”

En ná byna 40 jaar in die musiekbedr­yf en meer as 220 miljoen albumverko­pe kan sy met selfvertro­ue verklaar: “Ek speel nie ek is 50 nie. Ek speel nie ‘ek is nou die baas’ nie.

“Ek wil dit nie doen nie. Ek wil die beste weergawe van myself wees en deur die beste mense omring wees.” BRONNE: VOGUE, THE SUN, HELLO!, USA TODAY, DAILY MAIL, PEOPLE

‘Mode was nog altyd deel van my. Ek’s 50 jaar oud. Dis wat ek wil dra; dis hoe ek wil lyk’

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Dit gons oor Céline Dion se rietskraal lyf en bisarre modekeuses. BO: Sy was onlangs by die Paryse Modeweek alte liefies met Pepe Muñoz.
HOOFFOTO: Dit gons oor Céline Dion se rietskraal lyf en bisarre modekeuses. BO: Sy was onlangs by die Paryse Modeweek alte liefies met Pepe Muñoz.
 ??  ?? In ’n eienaardig­e ouma-geïnspiree­rde ensemble. Haar lyfie het in dié aandpakuit­rusting verdwyn. Sy het meer soos ’n robot as ’n mens gelyk in dié rok. ’n Reënjasrok, tekkies en halfbaadji­ehalftrui.
In ’n eienaardig­e ouma-geïnspiree­rde ensemble. Haar lyfie het in dié aandpakuit­rusting verdwyn. Sy het meer soos ’n robot as ’n mens gelyk in dié rok. ’n Reënjasrok, tekkies en halfbaadji­ehalftrui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa