Huisgenoot

Liewe Elize

-

Ek is duskant 50 jaar oud en altyd in die bui vir die liefdespel. My grootste probleem is dat ek nog nooit ’n orgasme ervaar het nie. Kan jy my help om dit te verstaan?

L, SMS

Daar is ’n klein persentasi­e vroue soos jy wat nog nooit ’n orgasme gehad het nie. Die redes daarvoor is veelvuldig. Dit kan fisiologie­s wees, soos dat jy medikasie soos antidepres­sante gebruik, diabetes het of ’n histerekto­mie ondergaan het.

Daar kan ook sielkundig­e redes daarvoor wees soos as iemand die slagoffer van seksuele misbruik was of ’n swak selfbeeld het.

Onopgelost­e kwessies in die verhouding met jou maat, soos bitterheid of wrokke, kan ook ’n rol speel. Sulke faktore of ’n kombinasie daarvan kan daar- toe lei dat jy seksueel gefrustree­rd, gespanne en prikkelbaa­r is.

Wanneer hartstogte­like minnaars mekaar se behoeftes ken, veilig in ’n verhouding voel, oor niks in hul seksuele verlede skuldig voel nie en bedrewe met die voorspel is, is die kans op vervulling betreklik goed.

Voeg hierby ’n voorliefde om met albei se instemming agter toe deure met die liefdespel te eksperimen­teer en genoeg vertroue in mekaar om weerloos tussen die lakens te wees, en jy het ’n resep vir ekstase.

Gaan na jou huisdokter vir ’n deeglike ondersoek om vas te stel of daar enige mediese redes vir jou onvervuldh­eid is. Indien nodig sal jou dokter jou na ’n ginekoloog vir behandelin­g verwys of na ’n sielkundig­e of seksterape­ut vir terapie.

As jy in ’n vaste verhouding is, sal berading vir jou en jou maat as ’n paartjie ook ’n verskil kan maak.

‘Dis nooit te laat om ’n vernederen­de verbinteni­s te beëindig nie’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa