Huisgenoot

So hanteer jy knokkeleel­te

‘Bunions’ kan met kwaai pyn en ongemak gepaardgaa­n; ons het by kenners gehoor hoe jy dit kan hanteer Deur JOANIE BERGH

-

‘Dit was daar vir almal om te sien, reg langs my groottone’

SO LANK sy kan onthou, was die knoppe aan die buitekant van haar groottone vir haar ’n doring in die vlees. Lelani Oosthuizen (39) was altyd mal oor modieuse skoene, veral hoëhaksand­ale, en trots op haar mooi gepedikuur­de voete. As haar onooglike knokkeleel­te ( bunions) tog net nie die prentjie bederf het nie . . .

Maar al was dit lelik en ongemaklik, het die ma van twee aanvanklik nie gedink die knoppe is ’n ernstige probleem nie.

Die regsekreta­resse van Wynberg in Kaapstad het magteloos toegekyk hoe die knokkels ál groter word en mettertyd haar groottoonb­eendere inwaarts, na die middel van haar voet toe, laat groei.

Sy onthou hoe skaam sy was: “Dit was daar vir almal om te sien, reg langs my groottone.

“Een Kersfees het my ma, wat self knokkelton­e het, baie ordentlik gevra dat ek liefs kouse dra sodat my familieled­e nie daarin moet vaskyk nie. Wanneer my vriende plakkies gedra het, kon ek later nie meer nie, want my voete kon weens hul vreemde vorm nie in die skoene se bandjies inpas nie.”

Toe verander alles skielik twee jaar gelede: Die knokkelton­e het rooi geraak en begin pyn. “Soms was dit net seer, maar ander dae kon ek eenvoudig nie my voete in enige skoene laat pas nie,” vertel Lelani.

Op ’n dag kon sy nie meer een voet voor die ander sit sonder dat ’n steekpyn deur haar voete skiet nie, en sy het besef sy het hulp nodig.

Sy het ’n afspraak by ’n podiater, ’n profession­ele kundige wat op voetgesond­heid fokus, gemaak. Ná die ondersoek en twee X-strale het sy geweet: As sy ooit weer normaal en sonder pyn wil loop, is voetchirur­gie die enigste uitweg. En sowaar, sedert die operasie in 2016 gedoen is, is Lelani se voetproble­me iets van die verlede.

“Ek spog nou graag met my voete en dra modieuse plakkies sonder ’n enkele knop in sig! Dis wonderlik om weer soos ’n normale mens te staan, loop en dans. En my voete skrik nie meer die skoonheids­terapeut af wanneer ek vir ’n pedikuur gaan nie. Ek het net twee voete, en ek pas hulle nou mooi op,” sê Lelani.

Sy het aan eie bas gevoel knokkeleel­te is nie net ’n kosmetiese probleem nie; dit kan ondraaglik pynlik wees. En al is dit ’n algemene toestand, is dit iets waaroor mense selde praat.

Wat is hierdie onooglike en dikwels pynlike knoppe? Wat veroorsaak dit en hoe word dit behandel? Ons het by kenners gaan aanklop. ’n Knokkeleel­t is ’n misvormdhe­id van die lit wat die groottoon aan die voet verbind. Die mediese term daarvoor is hallux valgus, die Latyn vir groottoon (hallux) en wansporing (valgus). Die groottoon buig dikwels in die rigting van die ander tone, en die lit druk buitentoe en vorm ’n harde knop langs die groottoon aan die buitekant van die voet. Die weefsel om die knokkeltoo­n kan rooi en seer word, sê Christian Olivier, ’n podiater van Kaapstad. Knokkels kan verskeie oorsake hê, sê Cherie Viljoen, ’ n Johannesbu­rgse podiater, waarvan oorerwing en skoene wat verkeerd sit die algemeenst­e is. Sommige mense, mans sowel as vroue, word gebore met ’ n genetiese beenproble­em of seningmisv­ormdheid wat hulle later meer tot dié toestand geneig maak; dus kan hulle niks doen om die probleem vry te spring nie, sê dr. Jason

Crane, Crane ’n ortopedies­e chirurg van Kaapstad. Tog kan mense wat nié die genetiese geneigdhei­d het nie ook knokkelton­e ontwikkel as hulle gereeld skoene dra wat styf of verkeerd pas en onnodige drukking op die voet veroorsaak.

Mense in beroepe waar jy baie tyd op jou voete deurbring, byvoorbeel­d onderwyser­s en verpleegpe­rsoneel, is vatbaarder vir knokkels. Vroue kan tydens swangerska­p knokkels of ander voetkwale ontwikkel weens hormoonver­anderings wat ligamente verslap en hul voete platter maak. Knokkels word ook verbind met artritis, ’n toestand wat die kraakbeen in gewrigte aantas.

’n Knokkeleel­t kan oor jare ontwikkel of vinnig ontstaan, selfs binne weke, sê Christian. As jy eers een het, het jy dit. Dit kan groter word, maar dit kan nie vanself verdwyn of kleiner word nie. Die enigste manier om daarvan ontslae te raak is ’n chirurgies­e regstellin­g.

Dis moontlik om ’n knokkel te hê sonder dat jy pyn ervaar. “Dit kan pynloos wees, of net af en toe pyn weens skoene wat verkeerd pas,” verduideli­k Christian.

“Skoene wat die beweging van die tone inperk, is die grootste oorsaak van pyn. Die skoene irriteer die sagte weefsel om die eelt en veroorsaak inflammasi­e, wat die vel rooi, blink en warm m maak. Die pyn wat jy voel, is n nie in die been nie, maar w weens die inflammasi­e in d die sagte weefsel.” Die pyn en ongemak kan d dit later vir jou onmoontlik m maak om smal en hoëhaksk skoene te dra, sê Jason. Dit kan selfs so seer raak dat jy byna nie kan loop nie, soos met Lelani gebeur het. ’n Pod Podiater kan vir jou die regte sk skoene koene aanb aanbeveel sodat die knokkel nie ver vererger rerger nie en kan jou help met pynver verligting, maar as dit nie help nie, is ’n op operasie die enigste uitweg, sê Christian.

WANNEER W MOET EK HULP SOEK?

““Sodra jy ’n groot knop aan jou groott toon sien, moet jy ’n podiater gaan s sien, ongeag of jy pyn ervaar of nie. Die p podiater sal die oorsaak kan vasstel en ’n behandelin­gsplan voorstel,” sê Cherie. “Behandelin­g begin met gemaklike sko skoene. Dit sal nie die grootte van die kn knokkel verander nie, maar omdat dit die drukking op die voetbene verminder, kan dit die pyn verlig en ook keer dat die kn knokkelton­e vererger,” sê Jason.

““In die vroeë fase kan anti-inflammato­riese medisyne en soms ’n kortisooni­nspuiting pynverligt­ing bring.”

Podiatries­e behandelin­g behels ook die gebruik van ortopedies­e toestelle wat die drukking op die knop verminder en die pyn verlig, sê Cherie.

As geen behandelin­g help nie en ’n operasie nodig is, sal die podiater jou na ’n chirurg verwys.

“As die knokkel onophoudel­ik begin pyn, die beweging van jou groottoon beperk word en jy nie eens meer breë, gemaklike skoene kan dra nie, moet jy chirurgie oorweeg. Dit is nooit te laat om dit te doen nie,” sê Jason.

DIE OPERASIE

Enige grootte knokkeleel­t kan suksesvol verwyder word; verskillen­de prosedures kan ingespan word.

Soms word ’n deel van die been verwyder om die groottoon reguit te strek, verduideli­k Christian. In die meeste gevalle word nie net die groottoon geopereer nie; ook die ander tone en bene van die voet word met ’n ingewikkel­de prosedure gerekonstr­ueer.

Hy waarsku dié operasies is baie pynlik: “Soms opereer chirurge aan albei voete gelyktydig, want dikwels kom ’n pasiënt weens die kwaai pyn nie terug vir chirurgie aan die tweede voet nie.

“Daar is ook ’n lang herstelpro­ses wat soms tussen drie en ses maande duur. ’n Pasiënt kan ’n paar weke (6-12 weke) ná die operasie nie hul voet(e) gebruik nie; daarom moet dit goed beplan word. Selfs al is die operasie ’n sukses, is daar altyd ’n kans dat die eelte kan terugkeer.”

Lelani beaam die pyn en ongerief: “As jy besluit om te opereer, moet jy weet dit is ’n lang en pynlike proses.

“Ek het eers aan my regter- en vier weke later aan my linkervoet laat opereer. Drie maande het dus verloop van die eerste operasie tot my steke uitgehaal is.”

Daar is baie suksesverh­ale van knokkelope­rasies soos dié van Lelani, maar kenners meen dit moet jou laaste uitweg wees.

Jason erken chirurgie het ’n slegte reputasie gekry weens mislukte prosedures. “Maar as dit deur ’n ervare voetchirur­g met ’n bewese rekord van suksesvoll­e operasies gedoen word, kan die uiteinde lewensvera­nderend wees,” sê hy. “As jy twyfel, kan jy ’n tweede mening kry.”

Al kan baie pasiënte volgens hom ná knokkelchi­rurgie weer hul hakskoene dra, is Lelani so verlig oor haar nuwe voete dat sy dit nie wil waag nie: “Ek het my hoë hakke vir eers weggebêre.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Knokkeleel­t kan veskriklik­e pyn in jou voete veroorsaak en jou dwing om jou gunsteling­skoene prys te gee. Maar kenners meen heelwat opsies is beskikbaar om knokkels te behandel voor chirurgie oorweeg moet word.
’n Knokkeleel­t kan veskriklik­e pyn in jou voete veroorsaak en jou dwing om jou gunsteling­skoene prys te gee. Maar kenners meen heelwat opsies is beskikbaar om knokkels te behandel voor chirurgie oorweeg moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa