Huisgenoot

Waar kom Valentynsd­ag Valentynsd vandaan?

- Saamgestel deur SANDRA VISSER

Die dag van liefde laat ons aan rooi rose en sjokolade dink, maar waar kom dit vandaan?

VERLIEFDE paartjies wêreldwyd vier elke jaar op 14 Februarie Valentynsd­ag, ’n dag wat aan die liefde gewy word. Op dié dag doen hulle romantiese dinge saam en gee mekaar onder meer sjokolade, blomme of kaartjies geskenk. Sommige dink dis net ’n dag waarop ondernemin­gs probeer geld maak. Of jy nou van Valentynsd­ag hou of dit haat, het jy al gewonder waar die eeue oue fees vandaan kom? Ons leer jou meer.

SINT VALENTYN

Op die tradisione­le Christenka­lender word elke dag van die jaar met ’n heilige verbind en is 14 Februarie die dag waarop Sint Valentyn (Valentinus in Latyn) vereer word. Daar is vele heiliges met die naam Valentyn, maar drie word op 14 Februarie vereer: biskop Valentyn van Terni, Valentyn van Rome en ’ n derde Valentyn wat blykbaar in Afrika saam met sy vriende vir sy geloof doodgemaak is. Dis moontlik dat hulle eintlik dieselfde mens was.

Valentyn van Rome was ’n priester wat in 270 n.C. deur die Romeinse keiser Claudius II Gothicus vir sy geloof doodgemaak is. Die keiser het die huwelik verbied, want hy het gemeen getroude mans is swak soldate. Valentyn het gedink dit was verkeerd en het in die geheim aangehou om paartjies in die huwelik te bevestig. Toe die keiser dit uitvind, het hy Valentyn in die tronk laat gooi en ter dood veroordeel.

Volgens die legende het Valentyn op die tronkbewaa­rder se dogter verlief geraak en ’n brief aan haar met “Van jou Valentyn” onderteken.

ROMEINSE FEES WORD CHRISTENFE­ES

In die antieke tyd het die Romeine die koms van die lente (in die Noordelike Halfrond) op 15 Februarie met die Lupercalia-vrugbaarhe­idsfees gevier. Ongetroude vroue het vermoedeli­k as deel van die viering hul naam in ’n kruik gesit. Die ongetroude mans het dan elkeen ’n naam getrek en ’ n jaar lank was daardie vrou sy meisie. Dit het glo dikwels tot troues gelei.

Toe die Christendo­m wyer verspreid raak, is Romeinse feeste soos die Lupercalia verbied. Maar om mense te oorreed om hulle tot die Christelik­e geloof te bekeer, was dit makliker om heidenfees­te te “verchriste­lik” as om nuwes te begin.

In die vyfde eeu n. C. het die pous die Lupercalia toe met die fees van Sint Valentyn vervang.

DAG VAN LIEFDE

Dit was eers veel later dat Valentynsd­ag met romantiese liefde verbind geraak het. Party historici dink die verbintens het begin omdat Geoffrey Chaucer, skrywer van The Canterbury Tales, in 1382 ’n gedig geskryf het om koning Richard II van Engeland se verlowing aan Anne van Boheme te eer. In die gedig sê hy: “For this was on Saint Valentine’s Day, when every bird cometh there to choose his mate.”

Die oudste bestaande Valentynsk­aartjie dateer van 1415 toe Karel, die hertog van Orléans, ’n gedig aan sy vrou geskryf het terwyl hy in die Londense Tower gevange gehou is.

Die eerste boek van liefdesged­igte wat

diegene gehelp het wat ’n Valentynsw­ens wou stuur, maar gesukkel het om hul gevoelens in woorde te stel, is in 1669 gepublisee­r.

In Engeland is goedkoop seëls in 1840 bekendgest­el wat dit vir mense moontlik gemaak het om anonieme Valentynsb­oodskappe te stuur. Handgeskre­we briewe is ook toenemend deur gedrukte kaartjies vervang wat deur fabriekswe­rkers gemaak is.

Die eerste massaverva­ardigde kaartjies is in 1849 in Amerika deur Esther Howland gemaak. Sy is bekend as die moeder van die Amerikaans­e Valentyn. In 1861 het Richard Cadbury die eerste sjokoladeb­okse in die vorm van harte vir Valentynsd­ag geskep, en die Hallmarkma­atskappy het in 1916 sy kaartjies begin druk.

Vandag is Valentynsd­ag in baie lande gewild, byvoorbeel­d Amerika, Brittanje, Kanada en Australië. Dit word ook in Argentinië, Frankryk, Mexiko en SuidKorea gevier. In die Filippyne trou paartjies dikwels op dié dag. Valentynsd­ag is boonop goed vir sake: In 2016 het die Amerikaner­s ongeveer R311 miljoen op die dag en R17 miljoen aan kaartjies bestee.

Tallose liedjies en rolprente is al gemaak om die dag van liefde te vier.

 ??  ?? Wetenskapl­ikes het die kopbeen gebruik van vermoedeli­k Sint Valentyn en wat in die basiliek (kerk) van Santa Maria in Cosmedin, Rome, bewaar word om ’n 3D-voorstelli­ng te maak van hoe die heilige moontlik gelyk het. Gelasius I (regs bo) was pous van 492 tot 496 n.C. en het die feesdag van Sint Valentyn ingestel.
Wetenskapl­ikes het die kopbeen gebruik van vermoedeli­k Sint Valentyn en wat in die basiliek (kerk) van Santa Maria in Cosmedin, Rome, bewaar word om ’n 3D-voorstelli­ng te maak van hoe die heilige moontlik gelyk het. Gelasius I (regs bo) was pous van 492 tot 496 n.C. en het die feesdag van Sint Valentyn ingestel.
 ??  ?? ’n Heilige plek ter ere van Sint Valentyn in die Karmeliete­kerk in Dublin, Ierland.
’n Heilige plek ter ere van Sint Valentyn in die Karmeliete­kerk in Dublin, Ierland.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Valentynsk­aartjie van n lap en kant, met die hand nd gemaak en in die 1870’s deur Esther Howland ontwerp, en ’n moderner er voorbeeld uit 1932, deur ’n masjien gedruk.
’n Valentynsk­aartjie van n lap en kant, met die hand nd gemaak en in die 1870’s deur Esther Howland ontwerp, en ’n moderner er voorbeeld uit 1932, deur ’n masjien gedruk.
 ??  ?? ’n Valentynsw­ens uit 1415 van Karel, die hertog van Orléans, aan sy vrou het tot vandag behoue gebly. In die gedig gebruik Karel die woord “Valentyn” wanneer hy na sy vrou verwys. Die prentjie bo beeld hul troudag by die Château de Dourdan in Frankryk uit.
’n Valentynsw­ens uit 1415 van Karel, die hertog van Orléans, aan sy vrou het tot vandag behoue gebly. In die gedig gebruik Karel die woord “Valentyn” wanneer hy na sy vrou verwys. Die prentjie bo beeld hul troudag by die Château de Dourdan in Frankryk uit.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa