Huisgenoot

Rehane Abrahams skitter as die slinkse feeks Wendy in Arendsvlei

Dié aktrise skitter in haar rol as die slinkse Wendy Newman in Arendsvlei. Trouens, sy laat ander TVfeekse soos amateurs lyk

- Deur COLIN HENDRICKS

GEMAAK VIR WENDY

Rehane, wat al te sien was in TV-reekse soos Die Allemans, speel nou die superfeeks Wendy Newman in die telenovell­e Arendsvlei op kykNET & kie.

Rehane het aanvanklik ’n oudisie afgelê vir die rol van Ronel, wat deur Melanie du Bois, Felicity van 7de Laan, vertolk word. Maar die karakter Wendy het haar aangetrek, waarskynli­k omdat sy “ietwat van ’n houding” het.

“Sonder om vir Wendy te lees, het ek die rol gekry. Ek was geskok, maar baie bly daaroor,” vertel die Kapenaar. “Dit is ’n uitdaging om in haar skoene te klim. Sy het beslis psigotiese eienskappe.”

Sy is niks soos Wendy nie, sê Rehane. “Ek kan te sag en dromerig wees. En ook baie emosioneel oor alles; ek’s ’n huil- oorhondjie­video’s-mens.”

Sy word nie op straat deur Arendsvlei­kykers voorgekeer oor Wendy se streke op die kassie nie. “Gelukkig lyk ek sonder ’n pruik en grimering nie soos Wendy nie.”

Dit is wonderlik dat daar deesdae meer diverse verteenwoo­rdiging op die kassie is, sê Rehane oor Arendsvlei, wat die stories van bruin mense vertel. “Verteenwoo­rdiging is alles. Dit is belangrik om mense te sien wat soos jy lyk en praat en met wie jy iets gemeen het.”

STYLVOLLE FEEKS

Wendy, met haar hoë hakke en stylvolle tabberds, is omtrent modieus. “Dis vir my wonderlik hoe klere ’n karakter of ’n mood of gevoel skep. Ek is mal oor hoe ’n uitrusting jou kan laat voel soos iemand anders,” vertel Rehane. Sy is geleer om altyd haar karakter se skoene te dra, van die eerste repetisie af, want dit verander ’n mens se verhouding met die grond, sê sy. “Jy begin onmiddelli­k anders beweeg en klim in jou karakter se liggaam.”

Selfs as kind was haar gunsteling­speletjie om haar uit te tof. “Om eerlik te wees doen ek dit steeds stilletjie­s.”

Die skrywer van die reeks, Theltom Masimila, het Wendy met spykerhakk­e in gedagte geskryf, sê Rehane. “Ek is mal oor vintage klere en tweedehand­swinkels. Ek het van Wendy se goed by sulke winkels gekry.” Spykerhakk­e is belangrik vir Wendy se voorkoms en hoe sy beweeg, sê Rehane. Haar eie klerestyl is eintlik meer funksionee­l en word nou ’n bietjie minimalist­ieser namate sy ouer word, sê Rehane. “Maar ek kwyl steeds oor fantasties­e ontwerpe, veral Vivienne Westwood, Alexander McQueen en Marianne Fassler en MaXhosa by Laduma. Vir Wendy is dit natuurlik heelpad Versace, Versace, Versachay.”

SPEEL-SPEEL

Om ’n aktrise te word was nie eintlik ’n loopbaanop­sie toe sy jonger was nie, vertel dié Kaapse boorling wat in 1991 haar televisied­ebuut in die dramareeks Die Allemans gemaak het. “Ek het van kleins af toneelgesp­eel en tonele geskryf, maar dit was net speel. Ek het nie klasse bygewoon of enigiets nie. In matriek het ek dit in my kop gekry en oudisies probeer aflê. As dit nie uitgewerk het nie, sou ek maar regte studeer het,” vertel dié oudleerder van die Hoërskool Livingston­e in Claremont.

Sy is nie al bekende in hul gesin nie. Haar ma, Cass Abrahams, is ’n bekende

televisies­jef ttelevisie­sjefliijf en kosskrywer. kkossk

Toe Rehane, die oudste van an drie kinders, ná ma matriek by die ie Universite­it van Ka Kaapstad aannvaar is om drama te studeer, was as haar ouers, Cass en Yusuf Y ( Jowa), ), nie gelukkig nie. “Ver “Veral nie my pa a nie. Ons familie is Moslem, Mo en dit it is nie ’n gerespekte­erde gerespekte loop- baan vir ’n ’ n Moslemvrou Moslem nie. e. Maar dit was so belangrik belan vir my y dat niks my kon keer kee nie.”

Sy is nie al akteur in die uit- gebreide familie nie nie. Haar neef f Rameez Nordien is o ook ’n akteur. ur Hy werk meer aan inte internasio­nale rolprente, veral Bollywo Bollywoodf­lieks. In die komediefli­ek Bhai’s Cafe, wat later vanjaar uitgereik w word, speel hy Rehane se seun.

Haar jonger sibb sibbes, Shakira en Zaid, kook nes hul ma m ’n storm los. “Shakira en Zaid is albei sjefs. Zaid het aan die Institute of Culinary Arts studeer en was jare lank ’n sjef in Londen. Hy woon de deesdae in Duitsland. My pa, Yusuf, Yusu is by rugby betrokke en was a al die jare in die onderwys doenig.”

DIE MAN IN HAAHAAR LEWE

Sy het al twee k keer oorsee gewoon; van 1993 tot 1998 in San Francisco en van va 2003 tot 2014 in Indonesië. In San Francisco het sy as aktrise aktr en dramaonder­wysere onderwyser­es gewerk. “In Indonesië Indon het ek vyf jaar lank op die eiland Java gebly, eers in Surakarta, waar ek kla klassieke Javaanse dans aan die d Indonesies­e Kunsinst Kunsinstit­uut studeer en ’n gesels geselskap gestig het wat in Suid-Afrika getoer he het.”

Sy Syhet het ook ookses ses jaar inUbud in Ubud in inBali Bali, Indonesië, gewoon, waar sy as direkteur van jeugmusiek­teater gewerk het. “Bali is ’n paradys van rituele en uitvoerend­e kuns. Dit was ’n magiese ervaring,” vertel sy. Sy en haar man, David Collins, ’n Amerikaner, het mekaar daar ontmoet.

Tuis is sy ’n ware bleeksiel, bieg sy. Sy lees, skryf en maak minkoolhid­ratepannek­oeke en slaap graag smiddags. Sy’s ’n introvert. “Ek hou van stilte en alleen wees.”

En in haar vrye tyd? “Ek stap in die natuur, kuier saam met vriende, krap in tweedehand­swinkels rond, woon paaldanskl­asse by, soek kos by my ma se huis en rits saam met my man op sy motorfiets rond.”

Glad nie Wendy se styl nie.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LIN Melanie du Bois (links), wat die karakter Ronel in die telenovell­e Arendsvlei speel, by Rehane. Laasgenoem­de het aanvanklik ’n oudisie afgelê vir die rol van Ronel, maar toe kry sy die rol van Wendy. “Dit is ’n uitdaging om in haar skoene te klim,” sê Rehane. “Sy het beslis psigotiese eienskappe.” ONDER: Die stylvolle Wendy laat die koppe draai. Dié karakter se lewe wentel behoorlik om “Versace, Versace, Versachay”, sê Rehane.
LINKS: LIN Melanie du Bois (links), wat die karakter Ronel in die telenovell­e Arendsvlei speel, by Rehane. Laasgenoem­de het aanvanklik ’n oudisie afgelê vir die rol van Ronel, maar toe kry sy die rol van Wendy. “Dit is ’n uitdaging om in haar skoene te klim,” sê Rehane. “Sy het beslis psigotiese eienskappe.” ONDER: Die stylvolle Wendy laat die koppe draai. Dié karakter se lewe wentel behoorlik om “Versace, Versace, Versachay”, sê Rehane.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa