Huisgenoot

EEN PYNLIKE TREE OP ’N SLAG

Liggaamlik gaan dit al beter met sommige van die Driehoekbe­seerdes. Hulle is immers almal vegters

- Deur CYRIL BLACKBURN, JANA VAN DER MERWE sko S ha ru le w ge d n d en JANA WENTZEL

EEN het pas met haar krukke rondom haar hospitaalb­ed gestap. Sukkelsukk­el. Maar sy het gestap, vir die eerste keer sedert die beton byna die lewe uit haar gepers het. Nog een steek sy pyn agter ’n moedige glimlag weg.

Sommige van hul skoolmaats is al uit die hospitaal ontslaan; ander is nog in waakeenhed­e in hospitale. Talle van die 22 beseerde leerders het operasies ondergaan om gebreekte beendere te heg, en weke of maande se rehabilita­sie wag voor hulle weer met die lewe van ’n gewone leerder sal kan aangaan.

Maar die kinders van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijl­park hou u moed. Hulle is vegters. Hulle lééf.

Kort nadat ’ n betonbrug op 1 Februarie by dié skool ineengesto­rt en die lewe van die matriekseu­ns Roydon Olckers (17) en Marnus Nagel (16) en die gr. 8-leerders Marli Currie (13) en Jandré Steyn (13) geëis het, hoor hul me- - deleerders nog die angsgille van n daardie dag in hul nagmerries. . Maar hulle is reg om weer skool toe e te gaan; om die lewe aan te gryp.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa