Huisgenoot

HOENDERSLA­AI MET ’N NEUTKRUMME­L

-

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 15 MIN. 2-3 hoenderbor­sfilette, in repe gesny sout en vars gemaalde swartpeper 250 ml (1 k) koekmeel 5 ml (1 t) rooipeper ’n paar takkies tiemie, fyngekap, of 5 ml (1 t) droë tiemie 2-3 eiers 5 ml (1 t) Dijonmoste­rd 200-300 g amandels olie vir vlakbraai SLAAISOUS 250 ml (1 k) natuurlike dubbelroom­jogurt ’n hand vol gemengde kruie (pietersiel­ie, koljander, basilie, ment), gekap sap van ½ suurlemoen sout en vars gemaalde swartpeper SLAAI 130 g slaaiblare 50 g stingeluie, gekap 250 ml (1 k) bevrore mielies, in kookwater geweek 1-2 avokado’s, met ’n lepel uitgeskep 50 g amandels, gerooster 1 Geur die hoenderrep­e met die sout en peper en hou in die yskas. 2 Meng die meel, rooipeper en tiemie in ’n vlak bak en hou eenkant. 3 Klits die eiers en mosterd saam in ’n ander vlak bak en hou eenkant. 4 Plaas die amandels in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyngekap – dit moet soos broodkrumm­els lyk. Plaas in ’n vlak bak en hou eenkant tot benodig. 5 Doop die hoenderrep­e in die meelmengse­l, dan in die eier en dan in die fyn amandels. Herhaal met al die hoenderrep­e, bedek en hou in die yskas.

6 Slaaisous Klits die bestanddel­e saam en hou in die yskas tot benodig. 7 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die hoenderrep­e in sarsies sowat 1-2 min. aan weerskante tot gaar en bros. Dreineer op kombuispap­ier en laat afkoel.

8 Slaai Pak die blaarslaai op ’n opdienbord, gevolg deur die uie, mielies, avokado en hoenderrep­e. Meng liggies deur. Strooi die geroosterd­e amandels oor en sit voor saam met die slaaisous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa